Page 1 of 1

Ruger M77 slegte groepe

Posted: Thu May 14, 2015 11:47 am
by Jaco123
Goeie more

Vriend A van my het 'n Ruger M77 30-06 synthetic stock. Geweer is 3 jaar oud en het om en by 60 skote deur die loop. Hy sukkel van dag een af met aanvaarbare groepe in die geweer. 3 tot 4 tot baie duim groepe op 100m. 'n Ander vriend B was toevallig by (2 jaar terug en hy kan goed skiet en doen dit konstant) vat toe die geweer en selfde ding 2 1/2 duim groepe. Ek en vriend B se toe vir vriend A hy moet die ding uitsort. Nou ja nog 2 jaar later en geweer is nog steeds nie reg nie. Hy het ander rak patrone ook in tussen probeer.

So kom Maandag en vriend A bring sy roer laat ons bietjie kyk. Skoon maak vir hom en sy pa wat jare in die army was is net olie lappies deur druk. So ons begin daar en gebruik boreteck carbon remover. Baie carbon kom uit. Toe boreteck eliminator om die koper uit te kry en lappies kom baie blou uit. Laaste Forester Foam. Die kom toe skoon uit so ek is gelukkig die loop is nou weer skoon.

Ek het ook bietjie gegoogle en sien die manne oorsee praat van aksie skoewe. Al wat ek kry is die voorste aksie skroef moet 95 inch-pound getorque word. Niks regtig oor die agterste skroef nie en die middel een moet net bietjie vas wees. Die voorste een was definitief nie so styf toe ek hom los draai nie.

Nou hoe vas is bietjie vas? Ek het die voorste een om en by 95 inch-torque gemaak en die agterste een 45 inch-pound en die middel een 15 inch-pound gemaak. Ons sal maar sien hoe hy Saterdag skiet.

Wat dink julle manne?

Groete.
Jaco.

Re: Ruger M77 slegte groepe

Posted: Thu May 14, 2015 12:28 pm
by swc-tr
Gaan sommer die teleskoop monterings ook na, maar seker hulle byt mooi en als is vas.
Check ook dat die scope se oogstuk lockring vas is.
Raak die kolf (voorlaai) nie dalk iewers teen die loop nie?

Re: Ruger M77 slegte groepe

Posted: Thu May 14, 2015 2:05 pm
by Jaco123
Die scope is ook nagegaan. Hy het glo 'n ander scope voor die een ook opgesit wat ook nie gewerk het nie. Die loop is nie free floating nie. Ek dink dit en miskien 'n goeie bedding werk sal maar volgende kom as hy nie beter is nie.

Re: Ruger M77 slegte groepe

Posted: Thu May 14, 2015 7:20 pm
by Jaco v Zyl
Hallo jaco123
Sal graag ander se mening ook wil hoor, maar ek dink 95-inch pound vir n aksie skroef is baie.As di geweer gepiller bed is dink ek kan jy tot 65 gaan, as hy ni gepiller bed is ni net tot 40.
As di geweer ni gebed is ni kan te styf gedraaide aksie skroewe ook n probleem wees.

Jakoos

Re: Ruger M77 slegte groepe

Posted: Wed May 20, 2015 8:03 am
by iceman1982
Jaco,
Ek besit n M77 Ruger in 300 Mag, en jy moet maar mooi speel om die groepe reg te kry. Nou, is daai geweer n masjien en 300m skote kan gemaklik gevat word.
My opinie, dit gaan oor die ammunisie. Vra miskien een van die manne om julle te help met QL.

Re: Ruger M77 slegte groepe

Posted: Wed May 20, 2015 8:15 am
by Jake1
Ek sou eerste die scope 100% uitsorteer, moontlik het hy nog steeds selfde ringe op vanaf 1e scope. Ruil ringe om indien moontlik. Probeer nog n ander scope waarvan julle seker is hy hou zero, dan kyk vir drukpunt op kolf.

Re: Ruger M77 slegte groepe

Posted: Wed May 20, 2015 9:14 am
by Unleashed186
Dag sê,

Ekt ook 'n Ruger m77 maar in .308 en my groepe was nooit die beste, tot ek 'n goeie bedding job gedoen het en seker gemaak het alles is mooi vas! daai 95 inch pound torque is bietjie hoog dink ek!

Re: Ruger M77 slegte groepe

Posted: Wed May 20, 2015 9:23 am
by iceman1982
Goeie punt oor die bedding. Float sommer ook die loop. Onthou nou ek het dit ook gedoen.

Re: Ruger M77 slegte groepe

Posted: Wed May 20, 2015 11:30 am
by Gawie(13mm)
Dagsê manne.

In al die jare wat ek aan roere krap, is 'n goeie "bedding job" die beste ding wat jy ooit vir jou roer en jou eie selfvertroue kan doen.

Dit is hoekom pasmaak gewere so duur is. Indien dit reg gedoen is, is "bedding" nie nodig nie, maar by massa produksie komponente is die toleransie wat die kolwe aanbetref maar erg verdag.

Ek sal dit eerste doen en sorg dat die loop sweef met geen drukpunte. Die res, soos teleskoop monterings en korrekte vastrek van die aksie is vanselfsprekend.

Groetnis.

Re: Ruger M77 slegte groepe

Posted: Wed May 20, 2015 1:09 pm
by Jaco123
Bietjie terug voering - daar is geen. Die pel het nie die naweek gaan kyk of hy nou beter skiet nie. Hy sal seker oor 'n maand of 3 weer kom huil net voor hy gaan jag.

As hy dan nog sukkel moet hy die geweer maar stuur vir bedding en free float. Die scope wat hy nou op het is die een wat op sy 243 was. Die 243 skiet nou met die scope wat op die 30-06 was. Albei Leupolds. As hy dan nog sukkel moet hy maar die scope ringe vervang. Self laai gaan nie vir hom werk nie.

Mens kan die perd tot by die water vat maar jy kan hom nie maak drink nie.

Dankie vir al die raad.

Groete.
Jaco.