Page 1 of 1
Sellier & Bellot Sp koels
Posted: Wed May 13, 2015 2:33 pm
by Swede
Ek sien Camdix verkoop hierdie koels teen baie billike pryse, het iemand ondervinding met hulle vir jag. Ek weet hulle is nie premium koels nie.
Re: Sellier & Bellot Sp koels
Posted: Wed May 13, 2015 8:39 pm
by tripodmvr
Daar is premiums met Barnes TSX gelaai - 308,30-06 en 300 WM.
Re: Sellier & Bellot Sp koels
Posted: Wed May 13, 2015 11:28 pm
by birklec
Ek dink swede bedoel die koeel en nie klaar ammo nie.
Re: Sellier & Bellot Sp koels
Posted: Thu May 14, 2015 8:18 am
by Swede
birklec wrote:Ek dink swede bedoel die koeel en nie klaar ammo nie.

korrek so, wou weet of iemand al met die SP koels gejag het, hulle is seker in dieselfde kategorie soos PMP, interlocks, gameking ens
Re: Sellier & Bellot Sp koels
Posted: Thu May 14, 2015 8:39 am
by andre007
My een pel skiet met S&B gelaaide ammo in sy 300wm en iemand anders in sy .303 (SP in albei kalibers). Die 300wm het die naweek n groot Kudu bul sonder moeite laatval, die koeel is regdeur so daars ongelukkig geen foto daarvan nie, ek sal sê hulle is in die Pmp Pro Amm klas. Hulle laai ook ander fabrikate, sien onderaan
http://www.sellier-bellot.cz/en/product ... /products/
Re: Sellier & Bellot Sp koels
Posted: Thu May 14, 2015 8:54 am
by Swede
andre007 wrote:My een pel skiet met S&B gelaaide ammo in sy 300wm en iemand anders in sy .303 (SP in albei kalibers). Die 300wm het die naweek n groot Kudu bul sonder moeite laatval, die koeel is regdeur so daars ongelukkig geen foto daarvan nie, ek sal sê hulle is in die Pmp Pro Amm klas. Hulle laai ook ander fabrikate, sien onderaan
http://www.sellier-bellot.cz/en/product ... /products/
Teen R415-00/100 vir 140gr 6.5mm is dit dan 'n goeie koop vir bosveld jag dan.
Re: Sellier & Bellot Sp koels
Posted: Thu May 14, 2015 8:56 am
by andre007
Jip
Re: Sellier & Bellot Sp koels
Posted: Fri May 15, 2015 8:38 pm
by Basie2
Is dit soortgelyk aan Prvi Partizan 140gr x6.5? Die is mos dieselfde as Highland. Ek gaan môre ladings toets, het al 27mm groepe op 100m gekry. Ek skiet hulle stadig, so 2600ft/sec. My 2c
Re: Sellier & Bellot Sp koels
Posted: Fri May 15, 2015 9:37 pm
by Ashley
Ek het self vandag 2 pakke S&B SPCE gekoop vir die 7x57.
Op die stadium is dit net vir scope instel en papier skiet, mar sal ook wil weet wat hierdie patrone sal doen op Rooibok & Koedoe groote bokke op 100m.
Re: Sellier & Bellot Sp koels
Posted: Sat May 16, 2015 8:18 am
by BenG
Swede,
Ek skiet hulle in my 6.5 en is baie tevrede. Vier blesbokke het al bakkie gery hierdie seisoen. Die eerste twee was bladskote op plus minus 200m, die vleis skade was min en hulle het in hulle spore geval.
Die ander twee was kop skote en weereens het hulle soos 'n sak patats geval.
Re: Sellier & Bellot Sp koels
Posted: Sun May 17, 2015 1:34 pm
by Swede
BenG wrote:Swede,
Ek skiet hulle in my 6.5 en is baie tevrede. Vier blesbokke het al bakkie gery hierdie seisoen. Die eerste twee was bladskote op plus minus 200m, die vleis skade was min en hulle het in hulle spore geval.
Die ander twee was kop skote en weereens het hulle soos 'n sak patats geval.
Gaan hulle beslis probeer

Re: Sellier & Bellot Sp koels
Posted: Tue May 19, 2015 12:50 pm
by QuQ
I have used the S&B 150gr SP factory ammo from a .270.
Impala, Blesbok and Warthog at close ranges (bushveld). No drama - all one shot, dropped in their tracks.
Kudu at further distances - no problems either.
This is spanning a period of 3-4 years hunting several times a year.
I would agree with PMP Pro Amm similarities.
I have now moved to 140gr Accubonds .... but have not hunted with them yet (next weekend will be first time).