Page 1 of 1

Gawie, Help!

Posted: Sat May 02, 2015 6:55 pm
by wlm
Die stormers se een losskakel kan pale toe skop en die tweede een kan die voordeellyn aanval maar hulle kan nie gelyk op die veld wees nie. Gee daar 'n oplossing asseblieeeef.

Re: Gawie, Help!

Posted: Sat May 02, 2015 7:08 pm
by Pvdw
Maak soos die Bulle laasjaar en laat die Springbok losskakel senter speel >:( :o ;D

Re: Gawie, Help!

Posted: Sat May 02, 2015 7:15 pm
by wlm
Pvdw wrote:Maak soos die Bulle laasjaar en laat die Springbok losskakel senter speel >:( :o ;D
Hulle is maar albei lig as dit tackle kom.

Re: Gawie, Help!

Posted: Sat May 02, 2015 7:22 pm
by ruaanb
Vrystaat! !!!!!!

Re: Gawie, Help!

Posted: Sat May 02, 2015 7:25 pm
by Supacow
As ons brittanje kon besig hou kan ons seker maar so nou en dan die kolonie bloedneus gee? ;D

Re: Gawie, Help!

Posted: Sat May 02, 2015 10:14 pm
by Freddie101
Kies vir Robert du Preez wat moet vodacom speel.

CHEETAHS!!!!!!!

Re: Gawie, Help!

Posted: Sun May 03, 2015 10:30 am
by Finfan
Supacow wrote:As ons brittanje kon besig hou kan ons seker maar so nou en dan die kolonie bloedneus gee? ;D
Mooi gestel Henry!!! Vrystaat!

Re: Gawie, Help!

Posted: Mon May 04, 2015 4:10 pm
by tau
Geluk Vrystaat ek verloor maklik teen julle. My wereld 4 skoppe mis op Super rugby vlak?????

Re: Gawie, Help!

Posted: Mon May 04, 2015 4:12 pm
by matewis
Stem saam Freddie

Re: Gawie, Help!

Posted: Mon May 04, 2015 4:26 pm
by Gawie(13mm)
Nee heng mater. Ek gaan hou partytjie op Carnarvon en Oom PW gaan jag en julle laat val die bal.

Plaas Allister na die Boishaai vs. Grey wedstryd gekyk het. As jy nie 'n betroubare stelskopper het nie, kan jy maar los.

Die Cheetahs het ons behoorlik ore aangesit. Wel gedaan.

Daai klein Griek het Saterdag alles getekkel wat sy kant toe kom. Tot halftyd was ons in die wedstryd, maar toe hy afgaan het sy kollega met breinskade op die veld gekom. Ek kan aan geen ander verduideliking dink vir sy swak skop werk nie.

Ek hoor ons het 'n Special op haakers! Die twee manne doen alles behalwe om hul springers te vind. Vinnige bal op nommer twee is tog die antwoord as jy sukkel. Hoekom nou bly aankarring met agter gooi. Die bal trek al skeef oor die kantlyn, wat nog te sê tot by die 5m.

Mooi Cheetahs en Bulle. Speel 80 minute en vat die punte.

Re: Gawie, Help!

Posted: Mon May 04, 2015 5:11 pm
by Louis Kriel
Ja ou Alistair se vlakte span het amper Saterdag n rassis van my gemaak!

Re: Gawie, Help!

Posted: Mon May 04, 2015 6:43 pm
by Hein M.
tau wrote:Geluk Vrystaat ek verloor maklik teen julle. My wereld 4 skoppe mis op Super rugby vlak?????
:o Beslis!

Re: Gawie, Help!

Posted: Mon May 04, 2015 7:30 pm
by PWV
Manne en maninne
Het julle al sulke stommiteite beleef? Werlik 'n idiotiese verklaring en verskoning!!!
Die afrigter van die Stormers regverdig sy ruiling van losskakels, nadat die plaasvervanger so 'n gemors van die skoppe gemaak het, deur oor TV-nuus te sê: "Die wedstryd is buitendien alreeds in die eerste helfte verloor."

Afleiding: As die afrigter besluit die wedstryd is reeds in die eerste helfte verloor, waarom dan nog 'n helfte speel? Ons breinkrag in rugby??

Re: Gawie, Help!

Posted: Mon May 04, 2015 8:30 pm
by Capt. Yoda
Dink ek het die seisoen 2 of 3 games rugby gekyk.Bitter lekker naweke wat ek die laaste tyd het.Sal dalk weer kyk as die bokke speel.....of nie

Re: Gawie, Help!

Posted: Mon May 04, 2015 8:40 pm
by Bakkies303
Jare terug het Naas 'n stelling gemaak dat jy 1ste jou skopper kies en dan die res van jou span. Elke naweek word hy nog steeds reg bewys.

Re: Gawie, Help!

Posted: Tue May 05, 2015 8:12 am
by vriell
Capt. Oblivious wrote:Dink ek het die seisoen 2 of 3 games rugby gekyk.Bitter lekker naweke wat ek die laaste tyd het.Sal dalk weer kyk as die bokke speel.....of nie
+ 1.....

Re: Gawie, Help!

Posted: Tue May 05, 2015 8:25 am
by Eugene
Bakkies303 wrote:Jare terug het Naas 'n stelling gemaak dat jy 1ste jou skopper kies en dan die res van jou span. Elke naweek word hy nog steeds reg bewys.
Baie waar daai!

Re: Gawie, Help!

Posted: Tue May 05, 2015 1:44 pm
by Riaan Kriel
Eugene wrote:
Bakkies303 wrote:Jare terug het Naas 'n stelling gemaak dat jy 1ste jou skopper kies en dan die res van jou span. Elke naweek word hy nog steeds reg bewys.
Baie waar daai!
Nooit, Naas kon mos nooit iets reg doen nie, hy het dan tot vir die Noord-Tranvaal (Ou Blou Bulle) gespeel en hy het dan al die besit altyd weggeskop >:D ++>: ;)