Page 1 of 1

7x57 probleem

Posted: Tue May 03, 2011 10:34 am
by Hugo
More,
Ek skiet n Mauser 7x57 wat oom Ginger so 8jaar gelede vir my oorgedoen het, nou my probleem is, hy skiet so bont soos 'n spray gun. Wat kan die fout wees? Scope? Skroewe los? Is dit ekke?

Help asb!

Re: 7x57 probleem

Posted: Tue May 03, 2011 11:12 am
by Corumana
Ek het 'n 8x60s wat dieselfde gedoen het en daar was n probleem met die "scope mounting" Gaan kyk na jou ringe, soms skyf die scope in die ringe. Die oplossing is eenvoudig as dit die geval is. Haal jou scope uit die ringe, draai 'masking tape' waar die ringe en die scope bymekaar kom om die scope en hermonteer. Jou scope sal in plek bly en nie skyf nie. Die 'recoil' van die 7x57 en 8x60s laat jou scope skyf.

Re: 7x57 probleem

Posted: Tue May 03, 2011 12:26 pm
by Hugo
Dankie ek gan dit probeer, ding is op n papierbord op 100m skiet ek 2 hoog regs, een links middel, 2 mis, een in die centre en dan direk daarna weer heeltemal mis, ek gaan die mountings kyk en hoop dat dit die probleem is.

Re: 7x57 probleem

Posted: Tue May 03, 2011 1:03 pm
by James Wilson
Hugo, ek het ookal hierdie probleem gehad. wat jy nou al moet weet is dat dit n proses van uitskakeling is. die eerste ding wat ek 100% sal seker maak, is die scope mounts en presies hoe vas hulle is. as hulle reg en vas is dan kan jy sommer gou n vriend  se scope(wat defnitief nie n probleem met sy scope het nie) leen en dan die scope op jou geweer sit. skiet gou met sy scope en kyk na die groep. ek het so n tyd terug baie moeite en geld aan my 308 spandeer om net later uit te vind dat die agterste scope mount se agterste skroef se gat geruim was. jy kon dit eenvoudig nie met die blote oog sien nie, en as dit nie vir die gunsmit was nie, sou ek nou nog gesoek het.  ek wou vra of die geweer gepak is en of vry, maar so n groot sprong in skote klink soos die scope en/of alles wat saam met die scope gaan, en die scope self. 

het die geweer nog oopvisiere. indien wel skiet deur die oopvisiere en kyk of jy meer konstantheid kry.

Re: 7x57 probleem

Posted: Tue May 03, 2011 1:09 pm
by Corumana
Dit klink soos n scope wat skyf in die ringe. Die beweging is so min dat jy dit nie met die blote oog maklik raaksien nie. Soos ook genoem, maak seker jou skroewe draai styf genoeg vas. Maak seker jy gebruik kwaliteit toebehore op die geweer.

Re: 7x57 probleem

Posted: Tue May 03, 2011 2:04 pm
by DUTOITF
Laas jaar het jagter by my kom jag en presies dieselfde probleem gehad. Na baie patrone, swets en nog meer vind ons toe uit dat sy geweer belt se skroef wat aan die voor punt van die kolf in gedraai is te diep in gedraai het en sodoende teen die loop van die geweer gedruk het. Dit het veroorsaak dat die geweer elke skoot anders geskiet het.

Skroef uitgedraai en die probleem was opgelos.

Sterkte

Re: 7x57 probleem

Posted: Tue May 03, 2011 3:20 pm
by Hugo
Ek gaan mar vir Private Ryan saam sleep baan toe dat ek sy duur scope op my geweer kan sit ek kyk of als beter loop van daar af. Dankie vir die terugvoer manne! Dit word opreg waardeer!!

Re: 7x57 probleem

Posted: Tue May 03, 2011 4:18 pm
by PRIVATE RYAN
hugo wrote: Ek gaan mar vir Private Ryan saam sleep baan toe dat ek sy duur scope op my geweer kan sit ek kyk of als beter loop van daar af. Dankie vir die terugvoer manne! Dit word opreg waardeer!!
baie bier kan drink en jy daarna 'n ordentlike scope koop.

FIXED

Re: 7x57 probleem

Posted: Tue May 03, 2011 4:47 pm
by Gerhard
PRIVATE RYAN wrote:
hugo wrote: Ek gaan mar vir Private Ryan saam sleep baan toe dat ek sy duur scope op my geweer kan sit ek kyk of als beter loop van daar af. Dankie vir die terugvoer manne! Dit word opreg waardeer!!
baie bier kan drink en jy daarna 'n ordentlike scope koop.

FIXED
Hy moet dalk net die Niko Sterling af haal en weg gooi en n 4 x 32 Lynx op sit... he he he

Sorry Hugo byt sommer net.

Die manne het goeie raad gegee

Re: 7x57 probleem

Posted: Tue May 03, 2011 6:12 pm
by LN (Louis)
Hugo,

Met watter gewig punt skiet jy? Ek het so 6jaar gelede dieselfde probleem gehad met 130 & 150gr punte (my haelgeweer het beter patterns geskiet  :o ). Het alles nagegaan... van die skroewe wat die aksie vashou tot die ringe en hoe die scope daarin sit. Na baie moeite kon ek net nie beter groepe as 90mm op 100m kry nie.

Het oorgeslaan 175gr punte toe wat die groepering na 50mm op 100m laat krimp het. Goed genoeg om vir die volgende 3jaar biltong huistoe te bring maar net tot op so 130m. Iemand s? toe ek moet probeer om 190gr of swaarder punte te probeer.

Het so 100 190gr Claw punte gekry. 38gr S355, CCI 200 slagdoppe, Highlanderdoppe met 'n COL van 78mm gee nou vir my 25mm op 100m. Goed vir my selfvertroue en goed genoeg om van vooraf regdeur 'n blouwildebeesbul te skiet.

Hoop jy kom reg met die 7mm.

Re: 7x57 probleem

Posted: Wed May 04, 2011 2:51 pm
by Hugo
Ekt 150gr geskiet en toe oorgegaan 174gr toe maar die groepe was so swak soos altyd!

Re: 7x57 probleem

Posted: Wed May 04, 2011 2:54 pm
by PRIVATE RYAN
Hoekom jaag jy nie 'n paar 215 gr
Rhino's deur hom nie?

Re: 7x57 probleem

Posted: Wed May 04, 2011 3:47 pm
by Hugo
Dis nie 'n .303 nie.

Re: 7x57 probleem

Posted: Wed May 04, 2011 3:50 pm
by LN (Louis)
;D ;D ;D ;D

Klink of jy regtig 'n probleem het. Maak soos die ouens s? en kyk of jou scope behoorlik vas is.

Watter tipe loop het jy op die geweer?

Re: 7x57 probleem

Posted: Wed May 04, 2011 3:51 pm
by Gerhard
Hugo,

Wat se scope en scope mount en rigs het jy op die geweer?

Kyk ook dat jou loop free floatings maw dat jou loop nie erns vas druk teen die hout kolf nie..

Re: 7x57 probleem

Posted: Wed May 04, 2011 3:53 pm
by 300Winmag
Hugo - dalk moet jy iemand anders eers ook 'n paar skote laat skiet en kyk wat gebeur
voor jy te veel moeite doen.  ;D

Re: 7x57 probleem

Posted: Wed May 04, 2011 7:07 pm
by fanie17
Hugo
Daar kan een van omtrend 10 goed verkeerd wees ply jy, in Pretoria ,bring laat ons hom saam deur gaan en kyk.

Re: 7x57 probleem

Posted: Thu May 05, 2011 9:11 am
by Hugo
Fanie waar is jou plek?

Re: 7x57 probleem

Posted: Thu May 05, 2011 9:45 am
by Johanswarts
Een van my vriende het n Ruger M77 gehad met n Leica scope op wat dieselfde gedoen het. Het hom maande gevat om die probleem op te spoor. Dit was n haar krakie op die kolf om die slot wat mens slegs met fyn ondersoek kon raaksien. Dit was die oorsaak van die onakkuraatheid. Nuwe kolf laat bou en siedaar.

Hy was nie seker oor die rede dat die kolf gekraak het nie maar ons spot hom nogsteeds en se dit was die skop van die geweer - dit is n 338 Winmag.

Hoop dit help.

Groete

Johan

Re: 7x57 probleem

Posted: Thu May 05, 2011 3:54 pm
by fanie17
hugo
Ek bly in Moreletapark in Pretoria.Op die oom blik is ek in die middel van Cambodia sal op die 11de terug wees my nommer is 0824688657.

Re: 7x57 probleem

Posted: Thu May 05, 2011 3:57 pm
by Geno
fanie17 wrote: Ek bly in Moreletapark in Pretoria
Stefaans,
Oom Fanie is mos jou buurman!!!!

Re: 7x57 probleem

Posted: Fri May 06, 2011 9:36 am
by Hugo
Ok Fanie, ek kontak jou dan na die 11de.