Page 1 of 1

Takbok - slaapgewoontes

Posted: Sun Apr 19, 2015 4:35 pm
by tripodmvr
Was by Kommandonek in die Vredefort koepel waar ons 'n familitroue bygewoon het. Vanoggend toe ek begin inpak sou ek toe op die' 2 ramme afkom wat buite die chalet lĂȘ en slaap. Met die fotonemery het die een ram sy kop opgetel. Geen wonder dit is moeilik om hulle bedags in lang gras te sien nie. Die uitstrek van sy nek maak dat slegs die horingpunte miskien uitsteek bo die gras. 'n Baie klein voorwerp om raak te sien.

Die bokke is baie mak en ek was sowat 15-20 meter van hulle af. Foto is met sy selfoon afgeneem.
Fallow deer Kom 1.jpg

Re: Takbok - slaapgewoontes

Posted: Sun Apr 19, 2015 5:34 pm
by Bakkies303
Het gewonder waar Oom die tweede een sien, toe sien ek hom eers in die agtergrond. Agterste een het nogal 'n mooi stel horings lyk my.