Page 1 of 1

30 06 afnek na 7x64??

Posted: Mon May 02, 2011 5:23 pm
by KalahariKlong
Middag vriende,

Ek vra tog die manne met kennis om my gou uit te help.
Agv beskikbaarheis van 7x64 doppe was ek genoodsaak om vir my 100 30 06 norma doppe te koop, het ook 7x64 RCBS dies gekoop.
Ek is nuut in die herlaai storie maar het verneem dat ek die doppe kan af-nek na 7x64 toe.
Is daar enige nadele daaraan verbonde (behalwe vir die ekstra moeite)?
Ek sien ook dat die rim dia verskil met 0.5mm tussen die twee kalibers, gaan dit 'n invloed h?.
Sien ook die totale lengte van die 30 06 is 0.5mm korter as die van die 7x64..

Groete
KK

Re: 30 06 afnek na 7x64??

Posted: Mon May 02, 2011 6:06 pm
by Beyers
Wat van 270 doppe op nek? Wand gaan nie baie dunner raak nie.Met af nek word nek dikker. Miskien vir Gerard vra.

Re: 30 06 afnek na 7x64??

Posted: Mon May 02, 2011 6:17 pm
by Hein M.
Beyers wrote: Wat van 270 doppe op nek? Wand gaan nie baie dunner raak nie.Met af nek word nek dikker. Miskien vir Gerard vra.
Ek praat nou sommer uit die vuis uit, maar is die 7x64 doppe nie langer as 30-06 / 270 doppe nie?

Hein M

Re: 30 06 afnek na 7x64??

Posted: Mon May 02, 2011 6:24 pm
by Monrique (SJ)
Hein

Ja 7x64 is bietjie langer.

Groetnis

Re: 30 06 afnek na 7x64??

Posted: Mon May 02, 2011 6:26 pm
by KalahariKlong
Beyers, dis juis die rede hoekom ek nie die 270 gevat het nie, ek is bang die nek word met tyd te dun en verskil te veel van mekaar. Ek dink jy het dalk 'n punt met die dikker word van die nek op die 30 06. Kom ons hoor wat dink die manne.

Hein, die 30 06 is 63.3mm en die 7x64 is 64.0mm.

Re: 30 06 afnek na 7x64??

Posted: Mon May 02, 2011 8:18 pm
by raychell
Gebruik .270 doppe lengte 64.4mm dun nek meer wenslik as dik nek.
Raynie

Re: 30 06 afnek na 7x64??

Posted: Tue May 03, 2011 1:13 pm
by KalahariKlong
Die probleem is ek sit klaar met die doppe.
Ek glo nie 'n handelaar sal die vir my omruil nie al is die pak nog geseel :-\

Re: 30 06 afnek na 7x64??

Posted: Tue May 03, 2011 1:23 pm
by Monrique (SJ)
KK

By wie het jy gekoop in Bloem?

Groetnis

Re: 30 06 afnek na 7x64??

Posted: Tue May 03, 2011 2:17 pm
by KalahariKlong
SJ, middag my vriend. Ek het by die Skietwinkel gekoop.