Page 1 of 1
Gebruik Iemand leupold lens filters vir nag skiet?
Posted: Thu Apr 02, 2015 5:32 pm
by Jackalsniper
Jis ek wou hoor, in my leupold scope se box is n pamflet van leupold filters wat mens kan opskroef voor op die scope, daars n blou filter, geel en bronze, mens kan hulle stack ook, en daar is een wat druppels laat afgly van die filter. Ek wil hoor of dit die geld werd is om so iets te kry, en sommer met dit hou dit die stof van die lense weg.
Ek het n VX3 4.5-14 x 50
Dit is vir nagskiet. Mens kry mos kamera filters ook, wat dalk daarop sal pas, lyk na 55mm. wil n polariseerder probeer vir dag jag, veral as mens in karoo jag met baie weerkaatsing, klip rante en panne ens
http://www.midwayusa.com/product/817814 ... tive-matte
Re: Gebruik Iemand leupold lens filters vir nag skiet?
Posted: Sat Apr 04, 2015 8:15 pm
by Jackalsniper
het iemand al iets soortgelyk gebruik?
Re: Gebruik Iemand leupold lens filters vir nag skiet?
Posted: Sun Apr 05, 2015 7:40 am
by tripodmvr
Die gebruik van filters was nogal 'n groot ding jare gelede met film kameras. Dit het egter stil geraak en ek het lanklaas aan so iets gedink. Het nie geweet Leupold het dit goed gedink om soiets te maak nie. Die ruil van sulke filters tydens 'n jagtog klink net vreemd, synde tyd gewoonlik beperk is as jy iets wil skiet. Een wat vir nagskiet help is moontlik nog te verstane.
Re: Gebruik Iemand leupold lens filters vir nag skiet?
Posted: Sun Apr 05, 2015 7:44 am
by Jackalsniper
Ek gaan maar n stel vir my kry en hulle probeer vir nagskiet. ,maar aan die anderkant is ek lus om n ander scope op te gooi
Re: Gebruik Iemand leupold lens filters vir nag skiet?
Posted: Sun Apr 05, 2015 8:02 am
by tripodmvr
Wat is die pyne in die gatsak om so stel aan te skaf?
Re: Gebruik Iemand leupold lens filters vir nag skiet?
Posted: Sun Apr 05, 2015 8:05 am
by Jackalsniper
R1400
Re: Gebruik Iemand leupold lens filters vir nag skiet?
Posted: Sun Apr 05, 2015 8:06 am
by Jackalsniper
maar ek soek n polarizer ook. het met camera filters getoets lyk na n 55mm camera filter wat op my 50mm leupold sal pas
Re: Gebruik Iemand leupold lens filters vir nag skiet?
Posted: Thu Sep 22, 2016 1:54 pm
by Jean Marais
Jackalsniper wrote:maar ek soek n polarizer ook. het met camera filters getoets lyk na n 55mm camera filter wat op my 50mm leupold sal pas
Jakkalsniper, het jy toe al die eksperiment gedoen met 'n CPF tipe polariseer filter op jou scope?
Ek persoonlik dink dit kan baie goed werk.
Re: Gebruik Iemand leupold lens filters vir nag skiet?
Posted: Wed Sep 28, 2016 10:08 pm
by Jackalsniper
Ek het intussen n Meopta gekry,maar dit was nou die dag weer in my agterkop om n kamera filter te pas en die verskillendes te toets, mens moet een kry wat beter kontras gee in die nag en die dier helderder uitbring, ek vermoed n geel filter sal dieselfde uitwerking he as n geel safety bril. Die snipers gebruik mos geel brille ens, sal ngal interessnt wees om te sien. n filter vat slegs n sekere lig deel uit, so mens kan nie meer lig in kry of iets nie,dalk bietjie minder. sal maar toets en laat weet. Enige iemand anders dit al getry?