Page 1 of 1

Competency Renewal

Posted: Thu Apr 02, 2015 12:33 pm
by Brno308 jagter
Middag Manne

Ek was een van die mense wat nog 'n comptency kaartjie gekry het en moes nou my competency renew.

My aansoek is vandag ontvang by die CFR in Pretoria

Hoe lank skat julle mannesal hy daar le tot hy goedgekeur is?

LET WEL : Dis bloot net 'n competency renewal, nie nuwe Competency aansoek nie.

Groete,

Re: Competency Renewal

Posted: Thu Apr 02, 2015 1:34 pm
by Ashley
Weet dis nou nie n nuwe aansoek nie, maar albei my jag geweer en hael geweer se NUWE aansoeke het maar net 2 maande gevat.
So kannie dink joune sal so lank of langer vat nie.

Re: Competency Renewal

Posted: Thu Apr 02, 2015 2:25 pm
by NEGE3
Slegte nuus manne. Daar is 'n klomp mense afgedank weens bedrog en nie nuwes aangestel nie. Dis chaos daar binne. Kan nou tot 5 maande duur vir nuwe aansoeke. Hernuwings bly alle lisensies en Bevoegdhede geldig tot dit verwerk is al vat hoe lank.

Re: Competency Renewal

Posted: Thu Apr 02, 2015 3:08 pm
by Fanta300
Hallo Koos,

Geld dit nou seker ook vir nuwe geboude wapens soos my 260Rem wat op die stelsel gelaai moet word voor ek kan aansoek doen vir die lisensie? >:(

Re: Competency Renewal

Posted: Thu Apr 02, 2015 4:42 pm
by NEGE3
Fanta dit is nag daar. My 303 se lisensie is verlede jaar Oktober goedgekeur en ek wag nou nog dat hy gedruk moet word. Dit is nadat my DFO al 6 keer gevra het vir 'n re-print. Die nuutste verskonings is ook nou dat die stelsel verouderd is en hulle het nie geld om dit te upgrade nie. Lagwekkend want hulle kan nou nog nie eers die bestaande stelsel maak werk nie.

Re: Competency Renewal

Posted: Tue Apr 07, 2015 9:51 am
by Brno308 jagter
Ek hoop maar nie die competency renewal vat te lank nie, gelukkig print hulle mos ook nie meer competency kaartjies nie so dis bloot net 'n papier wat jou DFO uitprint! Kom ons kyk maar hoe lank van die CFR in Pretoria

Re: Competency Renewal

Posted: Tue Apr 07, 2015 4:34 pm
by NEGE3
Jou bestaande Bevoegdheid en Vuurwapen lisensies bly geldig solank jy wag vir die uitslag van die CFR. Hulle kan maar hulle tyd neem dit gaan geen verskil aan jou maak nie.

Re: Competency Renewal

Posted: Thu Apr 09, 2015 10:06 am
by Brno308 jagter
Koos ek het ook aansoek gedoen vir 'n nuwe wapen lisensie, sal jy sê hulle sal die aansoek goed keur al wag ek nog vir die approval van die renewal ?

Re: Competency Renewal

Posted: Thu Apr 09, 2015 12:34 pm
by NEGE3
Brno308 jagter wrote:Koos ek het ook aansoek gedoen vir 'n nuwe wapen lisensie, sal jy sê hulle sal die aansoek goed keur al wag ek nog vir die approval van die renewal ?
Dit hang af wie jou aansoek gaan verwerk. Ek het gevalle gesien waar aansoekers se nuwe aansoeke goedgekeur is in lyn met die hernuwings proses. Die teendeel het ook gebeur waar mense se aansoeke terug verwys is na hulle DFO's toe. Kom ons hou duim vas jy is een van die gelukkige manne.

Re: Competency Renewal

Posted: Thu Apr 09, 2015 8:58 pm
by JPS
Ongelukkig is dit waar wat oom Koos se van die chaos daar nou weer.

Hulle blyk ook weer terug te gaan na die ou manier van alles by CFR te laat doen wat die groot bottleneck veroorsaak het in die begin daar toe ons tot 3 jaar plus moes wag vir lisensie aansoeke.

Dan vir loop vervanging is dit ook nou helse deurmekaar spul die nuwe "karakter" daar wil nou he ek moet 271 Nuwe aasoek vir vuurwapen ingee in pleks van net verandering op vuurwapen soos met my vorige loop vervanging. Ek het mos klaar lisensie vir die geweer.

Nee wat ons moet maar duim vashou dit gaan nie weer terug na hoe dit was nie alhoewel dit lyk of skrif teen die muur is...

Re: Competency Renewal

Posted: Fri Apr 10, 2015 11:28 am
by Brno308 jagter
Kerels en julle moet weet Huntex kom nou weer einde April op, dan koop die manne wapens asof dit uit die mode gaan! Al daai manne gaan laaaaaank wag... ;D

Re: Competency Renewal

Posted: Fri May 29, 2015 8:31 am
by Brno308 jagter
More Kerels

Net so vinnige update, my competence renewal was gister 28 Mei 2015 goed gekeur vir 'n handwapen en jaggeweer.

Ek het my aansoek ingedien by Boksburg Noord SAPD op 18 Maart 2015 en was ontvang by CFR in Pretoria op 2 April 2015, dus 15 dae vanaf DFO tot CFR, MAAR eers gister op 28 Mei 2015 goedgekeur by CFR - Dus 56 dae om goed gekeur te word nadat die aansoek ontvang was by CFR in Pretoria.

Dus kan julle almal sien die GROOT probleem lê by CFR in Pretoria.

Lekker Dag