Page 1 of 2

GRS kolwe

Posted: Wed Apr 01, 2015 9:41 am
by vbd
Wat is die gevoel oor hierdie kolwe? Ek wil graag hoor van die ouens wat hulle gebruik. Ek wil hom spesifiek op n baan geweer sit, die grs varmint een.

Is hy die moeite werd?

Re: GRS kolwe

Posted: Wed Apr 01, 2015 10:08 am
by Ashley
Ek weet 1 ding, dis flippen mooi kolwe! Wou self 1 kry maar het eers terug gehou oor hul prys.
Sal ook graag wil hoor wat die manne sê oor hulle...

Re: GRS kolwe

Posted: Wed Apr 01, 2015 10:30 am
by Geno
Ek het een gehad. Hy het ge delamineer, toe bied GRS aan om hom te vervang. Ek het hom toe ingeruil op 'n ander kolf.

Re: GRS kolwe

Posted: Wed Apr 01, 2015 10:58 am
by Carel Maritz
Môre!

Ekt een op n 243 met n 1:14 twist (swaarloop) wat ek die 58gr Vmaxe mee skiet. Om een of ander rede "voel" dit vir my of die geweer wip en ek taamlik my teiken verloor. Ek kon dit glad nie wiskundig bewys of iets nie, mens kry mos net daardie gevoel, en dit voel uit plek met n geweer&lading kombinasie wat nie veronderstel is om vreeslik te reocil nie. Ekt met Jacques Obermeyer (top top skut) gepraat en hy ondervind dieselfde met sy 243.

Ekt wel nogsteeds daardie geweer maar is nou n 6mmBr en verwag hom einde volgende week waar ek nou weer die wip teorie gaan toets.

Die kolwe is wel bitter lekker verstelbaar en my idee is so dat my vrou ook maklik met hom, en gemaklik, kan skiet. n Paar vinnige verstellings en hy pas haar soos n handskoen.

Ekt wel op GRS se site gesien daar is n GRS Hybrid wat hulle beweer platter voor is, van die ouens kla die kolwe is te rond voor. Ek sou voorstel kyk na hom ook voor jy vasmaak op die Varmint.

Hierdie is bloot net my ondervind met hulle.

Groete julle!
C

Re: GRS kolwe

Posted: Wed Apr 01, 2015 11:52 am
by birklec
Ek is weer baie happy met myne.Die kolwe is baie gemaklik uit al die skiet posiesies.

Re: GRS kolwe

Posted: Wed Apr 01, 2015 8:01 pm
by vbd
Carel ondervind jy die wip uit die bank uit of in die le posisie? Hoe ondervind jy die 6grade greep, is dit iets om aan gewoond te raak of is dit werklik natuurlik gemaklik?

Geno waarmee het jy hom toe vervang?

Re: GRS kolwe

Posted: Wed Apr 01, 2015 8:19 pm
by Carel Maritz
Jammer, moes seker spesifiseer. Vanuit die lê posisie. Om eerlik te wees skiet ek baie min vanuit die sit oor n bank. Ekt dit ook nooit toe getoets of dit in n bank sal doen nie.

6 Grade greep: Oh ek hou hom heeltyd skeef vas! Nie doelbewus nie natuurlik. Ek moet hard konsentreer om hom regop (scope level) te hou. 9/10 keer as ek aanlê en ek kyk my bubble dan moet ek sommer korregeer.

Alles en alles glo ek mens sal daaraan gewoont raak. Weet manne soos Revo van Zyl en Johannes Schoeman skiet baie mooi met hul GRS'e. Dalk as hulle hiedie raaklees kan hulle ook kommentaar lewer? Onseker oor Revo maar Johannes is definitief op die forum. Dalk kan jy hom pm?

Soos ek sê het ek een op n 6mmBr wat oppad is so ek sal hom eenvoudig moet leer skiet :-)

Groete
C

Re: GRS kolwe

Posted: Wed Apr 01, 2015 8:34 pm
by vbd
Carel en as jy jou hande op n mcmillin a5 kan kry, sal jy hom bo die grs verkies?

Re: GRS kolwe

Posted: Wed Apr 01, 2015 9:13 pm
by Geno
vbd wrote:
Geno waarmee het jy hom toe vervang?
Ek het 'n McMillan A5 bestel en intussen 'n Accuracy International Chassis opgesit.
Die A5 word dus verkoop sodra hy land.

Re: GRS kolwe

Posted: Thu Apr 02, 2015 6:57 am
by Carel Maritz
Môre vbd,

Jip ek sou eerder vir die A5 gaan. EK skiet huidiglik met n Bell and Carlson Varmint/Tactical (hul 2094 model) en is baie gelukkig, dalk biejtie swaar maar dit nou daar gelaat. Ek glo ek sou makliker met die A5 oor die weggekom het bloot omdat ek die B&C skiet en baie van hulle eienskappe glo ek is eenders itv gevoel / postuur van jou hand ens.

Sterkte met jou besluit!

Groete
C

Re: GRS kolwe

Posted: Thu Apr 02, 2015 10:04 am
by vbd
Dankie vir julle insette. Ek sal maar prober om met albei te skiet en dan te besluit watter een sal werk.

Re: GRS kolwe

Posted: Sun May 03, 2015 9:01 pm
by vbd
Ek het toe maar die sneller getrek op n GRS varmint kolf op huntex! Ek moet se die kolf werk vir my 100%. Ek het hom op n dik loop 3006 gesit met 'n Serengeti kamer, die terugskop en wip op die loop is aansienlik minder as met die oorspronklike kolf. Die verstelbare wangstuk maak volgens my die grootste verskil en die 6grade greep het minder van 'n effek as wat ek gedink het.

Kortom 'n goed ontwerpte kolf vir die doel wat ek in gedagte gehad het.

Re: GRS kolwe

Posted: Mon May 04, 2015 9:11 am
by Capt. Yoda
vbd wrote:Ek het toe maar die sneller getrek op n GRS varmint kolf op huntex! Ek moet se die kolf werk vir my 100%. Ek het hom op n dik loop 3006 gesit met 'n Serengeti kamer, die terugskop en wip op die loop is aansienlik minder as met die oorspronklike kolf. Die verstelbare wangstuk maak volgens my die grootste verskil en die 6grade greep het minder van 'n effek as wat ek gedink het.

Kortom 'n goed ontwerpte kolf vir die doel wat ek in gedagte gehad het.

vbd vertel bq meer van die 30.06 van jou.
Hoe lang loop het hy op en watse koels skiet jy in hom? Ek wil vir my ook so reamer bestel maar ek wil n lekker langggg loop op sit

Re: GRS kolwe

Posted: Mon May 04, 2015 9:51 am
by vbd
Dit is eintlik 'n tipe van "want ek wil" projek gewees.

Dis 'n Musgrave K98, aksie en boltface is getrue. 'n 24" Shilen super select loop(1-in-12) op 'n light palma profile gesny(stop op 20mm) met 'n 11grade kroon. Die reamer is die standaard Serengeti ontwerp vir 155-185 vld tipe punte. Ek skiet tans 168 SMK's teen 'n trompsnelheid van so 2820, ek het 155 lapua scenars ook geskiet maar die smk doen vir my beter vir my toepassing. Ek gebruik "uncut" lapua doppe soos gespesifiseer aan PTG sodat ek 'n neck clearance het van 0.015" aan albei kante. Dit is 'n lekker stywe kamer en ek kry maklik spoed uit daai shilen uit sonder veel druk. Laai 51.50gr S365 en 'n seating diepte 0.035" vanaf die groewe.

Ek skiet met die geweer SAjag tabelle en gonge tot so op 600m. Hy het nou 'n Zeiss FL 6-24x56 scope op met nf ringe en die GRS kolf. My uitgangspunt was om te kyk of 'n "simple ou Musgrave" ook saam met die remingtons en savages kan skiet. Tans skiet hy sub 0.5moa op 100m uit die prone posisie uit.

(skies vir al die engelse terme dus google se skuld!)

Re: GRS kolwe

Posted: Mon May 04, 2015 12:58 pm
by Capt. Yoda
Baie dankie.My plan is ook om 185gr Bergers te skiet maar ek kyk na n 29" loop.
Klink na n bitter lekker geweer daai van jou

Re: GRS kolwe

Posted: Tue May 05, 2015 1:43 pm
by vbd
Hoekom so 'n lang loop, wil jy na langer afstande kyk 1000m+? Met so 'n loop behoort jy nog goeie spoed uit daai bergers te kry.

Re: GRS kolwe

Posted: Tue May 05, 2015 2:09 pm
by Capt. Yoda
vbd wrote:Hoekom so 'n lang loop, wil jy na langer afstande kyk 1000m+? Met so 'n loop behoort jy nog goeie spoed uit daai bergers te kry.

Ja ek gebruik hom klaar vir bq verder speel en met die lang loop behoort ek (as ek die regte lot 365 kry) n hoe node net oor die 2900fps met daai koel te kry in n dop wat 100% vol is.Is natuurlik nou nog net wat ek dink ek gaan kan doen met hom ^-^

Na n paar jaar se lading ontwikkeling het ek hom nou met 3 koels waar ek hom wil he so dink ek gaan hom eers bq skiet en geniet voor ek weer van voor af begin met die werk.Soek nou net genoeg 365(78) sodat ek vir 5 jaar nie weer oor n crony hoef te skiet nie.

Re: GRS kolwe

Posted: Tue May 05, 2015 4:45 pm
by vbd
Het jy al die 190smk's prober? Dis vir my 'n bitter lekker langafstand punt.

Re: GRS kolwe

Posted: Sun Jun 28, 2015 8:15 am
by CarelG
Watter een vat n mens nou, ek sukkel om te besluit... die Hunter, Varmint, of Hybrid....hulle is almal mooi. Dis vir n Tikka T3 Varmint .300WSM, ek gaan die geweer maar vir bietjie van alles gebruik, langafstand jag en op die baan...

Groete

Re: GRS kolwe

Posted: Sun Jun 28, 2015 9:51 am
by Stefan764
Hallo Carel

Ek het vir die GRS Varmint gegaan.

Sy fore-end is dikker (breer) as die Hunter sn wat beteken as n man teen n boomstam of n paal of watookaal aanle die kans minder is dat jou scope teen jou "dooierus" druk. Die besluit is grotendeels gemaak omdat ek die geweer vir Veldskiet gebruik en die skietposiesies by elke kompetisie onbekend is.

Hy werk ook lekker vir le en skiet sowel as van die bank af skiet met daai "inham" wat hy het, druk lekker in n man se skouer vas.

Die greep ontwerp van die kolf het my ongelooflik baie gehelp met "snellerdruk". Het altyd my gun "verwurg", maar die GRS se ontwerp is moerse natuurlike posisie vir jou hand, in mybeskeie opinie...

Groete
Stefan

Re: GRS kolwe

Posted: Sun Jun 28, 2015 10:03 am
by Charles.308
As dit moointlik is sit fotos op van julle gewere, wil graag sien GRS met aksie.Dit is darem iets om oor trots te wees.
Dankie
Charles

Re: GRS kolwe

Posted: Sun Jun 28, 2015 10:22 am
by CarelG
Thanks Stefan. Ek het vrydag daar by julle na hulle gekyk....ek neig ook na die Varmint se kant toe! Sal maar my ordertjie in sit...

Re: GRS kolwe

Posted: Sun Jun 28, 2015 1:13 pm
by Stefan764
https://dl.dropboxusercontent.com/u/55333818/grs2.jpg

https://dl.dropboxusercontent.com/u/55333818/grs1.jpg

Re: GRS kolwe

Posted: Sun Jun 28, 2015 4:50 pm
by Capt. Yoda
Hy lyk somer baie mooi!

Re: GRS kolwe

Posted: Tue Jun 30, 2015 10:03 pm
by vbd