Page 1 of 1

Haelgeweer loop benodig

Posted: Sat Mar 28, 2015 7:19 am
by Tienie
More Manne
Ek is op soek na n kort (18 of 20 duim) 12 boor loop vir 'n mossberg/maverick 500 pompaksie haelgeweer om te koop.Daar moet baie in omloop wees aangesien die modelle wat verkoop is net voor ek myne bestel het met 'n kort(20) loop en lang(26) loop verkoop is (goeie ou dae) en dit sonder nommers op die lope . Ek wil my pomp mobiel kry vir huis beveiliging??? Satan loop weer hande viervoet rond in my kontrei.

Reply op die post met jou kontak no dan bel ek vir verdere onderhandeling


Bosveld groete
Tienie

Re: Haelgeweer loop benodig

Posted: Sat Mar 28, 2015 7:30 am
by Musgrave
Jy gaan nogsteeds die hele lisensieringproses moet deurmaak. Twee lope, twee lisensies. My broer het `n CBC pompaksie jare terug gekoop wat ook met `n kort loop en `n langer loop vir voƫljag as pakket aangebied is. Hy moes aansoek doen vir twee lisensies.

Re: Haelgeweer loop benodig

Posted: Sat Mar 28, 2015 8:12 am
by Beretta
Hoekom soek jy n kort loop

Re: Haelgeweer loop benodig

Posted: Sat Mar 28, 2015 10:21 am
by Tienie
Wil my pomp mobiel maak.daai 28 duim loop is baie ongemaklik in die huis

Re: Haelgeweer loop benodig

Posted: Tue Mar 31, 2015 1:23 pm
by Eduard Venter
Kyk watse mooi spread maak n Mossberg Maverick met 18 duim loop op so 5m met nr3 hael.
[IMG]http://tapatalk.imageshack.com/v2/15/03 ... 55a79b.jpg[/IMG][IMG]http://tapatalk.imageshack.com/v2/15/03 ... 82b2d3.jpg[/IMG]

Re: Haelgeweer loop benodig

Posted: Tue Mar 31, 2015 6:36 pm
by Jacques van Eeden
Daar was 'n 18 duim loop by VLT. Ek het die langer loop gesoek. Het klaar die kort een.

Re: Haelgeweer loop benodig

Posted: Tue Mar 31, 2015 10:01 pm
by Tienie
Dankie Jacques.
Ek gaan hulle more oggend bel..

Re: Haelgeweer loop benodig

Posted: Wed Apr 01, 2015 7:37 am
by Nickvn
Ek het een van my skoonpa gekry wat hy jare terug gekoop het met twee lope. Hy het toe net een lisensie uitgeneem vir altwee lope. Toe ek dit oorneem het hulle gese ek het net een lisensie nodig omdat hy so gelisensieer was van die begin af. Daar is geen serial nommers op die lope nie en kan nie elke loop apart lisensieer sonder serial nommers nie.