Page 1 of 1
Beste twist rate vir koeël?
Posted: Wed Mar 25, 2015 1:08 pm
by Monrique (SJ)
Wil graag uitvind wat julle sou aanbeveel die twist rate moet wees op n .224kal vir die gebruik van n Hornady 53gr V-max koeël? Dit sal n bou projek wees en nie n fabrieks geweer nie! Indien moontlik gee aub. praktiese ondervinding, rede/s hoekom die spesifieke twist sal werk of staaf met bewyse.
Ek sal dit baie waardeer en hoor graag van julle.
Groetnis
Re: Beste twist rate vir koeël?
Posted: Wed Mar 25, 2015 1:13 pm
by Supacow
Ek vermoed n 12 twist.
Kyk op 6mmbr se site vir meer info
Re: Beste twist rate vir koeël?
Posted: Wed Mar 25, 2015 1:16 pm
by NJ_v_N
Kyk op berger se website het hulle n baie nice calculator, vir twist rates uitwerk.
Re: Beste twist rate vir koeël?
Posted: Wed Mar 25, 2015 4:50 pm
by Jacques van Eeden
Monrique, teen watse spoed wil jy hom skiet?
Re: Beste twist rate vir koeël?
Posted: Wed Mar 25, 2015 5:26 pm
by Monrique (SJ)
@Supacow
Is die 1-12" twist n definitiewe? Dit wat ek al op 6mmBR site kon lees was nie veel van waarde rakende dit wat ek na opsoek is.
@NJ_v_N
Is daardie data nie meer gebaseer op Berger koeëls?
@Jacques
Verkieslik 3500+fps.
Groetnis
Re: Beste twist rate vir koeël?
Posted: Wed Mar 25, 2015 5:35 pm
by NJ_v_N
Die berger calculator werk goed vir enige boat tail koeëls.
Jy kan jou eie gewig lengte en bc specifiseer wat jou toelaat om enigeiets daain te punch.
If in doubt vat n effens stywer twist, dit maak nie skade nie.
Re: Beste twist rate vir koeël?
Posted: Wed Mar 25, 2015 5:40 pm
by Finfan
Supacow wrote:Ek vermoed n 12 twist.
Kyk op 6mmbr se site vir meer info
Ek vermoed ook 1:12
Re: Beste twist rate vir koeël?
Posted: Wed Mar 25, 2015 5:43 pm
by Monrique (SJ)
NJ_v_N wrote:Die berger calculator werk goed vir enige boat tail koeëls.
Jy kan jou eie gewig lengte en bc specifiseer wat jou toelaat om enigeiets daain te punch.
If in doubt vat n effens stywer twist, dit maak nie skade nie.
Ek sal weer gaan loer en kyk wat gebeur.
My groot bekommernis is net ek wil nie graag raai, raai speel en hoop n ding gaan werk nie. Lope is nie goedkoop, en so ook nie die regte reamers vir kamer sny vir spesifieke koeël en dan die lading toets, en dan moet agterkom die twist moes anders gewees het. Daarom my vrae om voor die tyd te probeer uitvind van praktiese ondervinding!
Groetnis
Re: Beste twist rate vir koeël?
Posted: Thu Mar 26, 2015 9:34 am
by Ferdi Bam
Monrique,
As jy uiteindelik sou moes kies tussen n 1-12T en n 1-11T vir argumentshalwe vat altyd die stywer een. n Stywe twist skiet n ligte koeël net so goed maar n slapper twist skiet nie n swaarder koeël goed nie. In my .223Rem met n 1-9T skiet ek 52gr NCC tot op 200m beter as die 69 greiners(groeperingsgewys) en bloos die swaarder koeëls elke keer van verleentheid. Ek het n 1-12T Sako gehad wat die 53gr Hornady koeëls baie goed geskiet het met S321. Ek dink nie dat daar probleme sal wees met akkuraatheid in n 1-12T nie. As ek nou weer n keuse het vir n .223Rem loop sal ek egter n stywer twist vat, maar onthou dis ek. Jy sal genoeg avies kry om die regte besluit te neem van al die bydraes.
Lekker lees.
Groete
Ferdi Bam
Re: Beste twist rate vir koeël?
Posted: Thu Mar 26, 2015 10:31 am
by Arnold
Monrique, Nosler se 55gr BT het baie mooi geskiet uit my 223 met 12 twist. Ek het nooit die V-Max geskiet nie maar hy sal hom stabiliseer. Al ouens wat kla oor die koeels is die manne wat 22-250 skiet met 14 twist lope. Selfs die 53gr V-Max wat langer as die 55gr is is spesifiek ontwikkel vir die 223 met sy "standaard" 12 twist.
Re: Beste twist rate vir koeël?
Posted: Thu Mar 26, 2015 10:46 am
by tripodmvr
Stem saam met Ferdi. Kies 1 in 10 en jy kan van 70gr en onder skiet. Jy het nog nie eintlik kaliber en toepassing uitgelig nie.
Re: Beste twist rate vir koeël?
Posted: Thu Mar 26, 2015 12:42 pm
by Frikkie Coetzee
Monrique (SJ) wrote:Wil graag uitvind wat julle sou aanbeveel die twist rate moet wees op n .224kal vir die gebruik van n Hornady 53gr V-max koeël? Dit sal n bou projek wees en nie n fabrieks geweer nie! Indien moontlik gee aub. praktiese ondervinding, rede/s hoekom die spesifieke twist sal werk of staaf met bewyse.
Ek sal dit baie waardeer en hoor graag van julle.
Groetnis
gebruik n Miller stability calculator en werk dit uit!
Re: Beste twist rate vir koeël?
Posted: Thu Mar 26, 2015 1:24 pm
by Jake1
Ek het 1 in 12 twist, skiet 55gr baie mooi en word aanbeveel vir die 55gr maar sou 1 in 10 verkies om swaarder koele ook te skiet sodat mens hom wyer kon aanwend, hoekom wil jy net die 53 gr vmax skiet, wat wil jy skiet?
Re: Beste twist rate vir koeël?
Posted: Thu Mar 26, 2015 4:42 pm
by Monrique (SJ)
@Ferdi
Dankie vir jou skrywe en opsomming, dit maak sin. Ek neig ook tans na n stywer twist as n stadige ene of een wat dalk mag werk.
@Arnold
Ek lees wat jy skryf en het van daai gun se groepe gesien. Glo Smiley het n lekker gun daar gekoop en geniet dit baie.
@Tripod
Ek wil nie op die stadium swaarder koeëls skiet nie en daarom al my vrae. Wil eers weet wat die beste sal werk. As die 53gr die roete gaan wees om te gaan sal reamer design die volgende stap wees om te doen. Weet nie of kaliber op die stadium regtig van toepassing is, maar definitief .224kal. Dit sal ook wees indien dit gaan werk op die aksie wat ek tans het, sal later n nuwe onderwerp daarvoor begin. Dit sal vir bietjie teikenskiet gebruik word en ook af en toe n draai dalk in die veld maak!
@Gromit
Ek sal daarvoor soek op die internet en deurgaan. Dankie
@jake1
Ek wil n reamer laat maak vir die koeëls wat ek op die einde gaan gebruik, wil glo dit gaan die beter opsie wees. Ek is nie lief vir verandering en rondspeel met verskillende koeëls indien nie nodig.
Ek luister verder.
Groetnis
Re: Beste twist rate vir koeël?
Posted: Thu Mar 26, 2015 5:53 pm
by Dawie
Hoe hoër bo seespieël (dunner lug) hoe makliker gaan jy wegkom met 'n pap twist.
My Remington 22-250 met 1 in 14" twist stabiliseer 'n 53gr V-max by 650m Alt. Ek twyfel of hy dieselfde by die see sal doen.
Re: Beste twist rate vir koeël?
Posted: Thu Mar 26, 2015 7:37 pm
by tripodmvr
Pasop om jou in 'n hoek vas te verf met een spesifieke koeël. Jy sien self hoe wisselvallig is invoere.
Re: Beste twist rate vir koeël?
Posted: Thu Mar 26, 2015 8:14 pm
by Monrique (SJ)
Dit is hoekom ek die ook wil uitsorteer. So ook om op te stock van die koeëls om genoeg te hê voor die reamer gedoen word. Maar soek eers na die antwoorde. Die projek gaan egter nie oornag afkom nie!
Re: Beste twist rate vir koeël?
Posted: Fri Mar 27, 2015 7:14 am
by tripodmvr
Vra vir Piet Breedt hoe sy gewere met stywe twists met ligter koeëls vaar. Daar sal jy nou praktiese inligting kry. Vang hom net aan die agterbeen voor hy weer op sy seevaarte vertrek.
Re: Beste twist rate vir koeël?
Posted: Fri Mar 27, 2015 1:43 pm
by Monrique (SJ)
Tripod
Ek hoop dat Piet en nog manne ook sal kom n bydra lewer.
Volgens die calculators wat ek op gewerk het se almal dat ek 1-9 of 1-8 twist moet gebruik vir beste resultate
Re: Beste twist rate vir koeël?
Posted: Mon Mar 30, 2015 9:01 am
by Ferdi Bam
Monrique,
Ek het 2x reamers koeël spesifiek laat maak vir n .223Rem(eie specs) en .308W(M852 met aanpassings). Sal dit nie weer doen nie. Moet nie jouself teveel beperk nie. Ek wou ook net met een koeël skiet en gevind in praktyk het dit nie vir my gewerk nie. Hou jou opsies oop, jy sal steeds goeie akkuraatheid kry as jy reg herlaai en genoeg oefen.
Groete
Ferdi Bam
Re: Beste twist rate vir koeël?
Posted: Mon Mar 30, 2015 5:01 pm
by Monrique (SJ)
Dagse Ferdi
Dankie vir jou skrywe en raad, dit word waardeer.
Groetnis
Monrique