Page 1 of 2

Hoeveel duim is die Koedoe.

Posted: Mon Apr 18, 2011 2:53 pm
by Hugo
Gee asb julel raaiskote!

[img width=560 height=420]http://i262.photobucket.com/albums/ii11 ... 011111.jpg[/img]
[img width=560 height=420]http://i262.photobucket.com/albums/ii11 ... 011108.jpg[/img]
[img width=560 height=420]http://i262.photobucket.com/albums/ii11 ... 011104.jpg[/img]
[img width=560 height=420]http://i262.photobucket.com/albums/ii11 ... 011102.jpg[/img]

Re: Hoeveel duim is die Koedoe.

Posted: Mon Apr 18, 2011 2:55 pm
by PRIVATE RYAN
54"

Re: Hoeveel duim is die Koedoe.

Posted: Mon Apr 18, 2011 2:58 pm
by Monrique (SJ)
Ek skat hom so op 55''

Groetnis

Re: Hoeveel duim is die Koedoe.

Posted: Mon Apr 18, 2011 2:58 pm
by Geno
51" -53"

Re: Hoeveel duim is die Koedoe.

Posted: Mon Apr 18, 2011 3:04 pm
by Hugo
Hy gan die seisoen geskiet moet word, anders gan hy nie volgende winter sien nie. So dan kan ek presies se hoeveel is hy, ek persoonlik dink hy gan 55" tref.

Re: Hoeveel duim is die Koedoe.

Posted: Mon Apr 18, 2011 3:08 pm
by Geno
Daai bul sal nie vrek voor volgende seisoen nie.

Re: Hoeveel duim is die Koedoe.

Posted: Mon Apr 18, 2011 3:25 pm
by Hugo
Nee mar hys oor sy prime, ek ken die bul al 6 jaar lank, en toe was hy al volwasse, ek is ang hy loop vrek na die winter, ons het 'n 56" een verloor wat gedooi het einde Oktober.

Re: Hoeveel duim is die Koedoe.

Posted: Mon Apr 18, 2011 3:29 pm
by Jagtersdok
Jy kan hom maar smous as 55"

Re: Hoeveel duim is die Koedoe.

Posted: Mon Apr 18, 2011 3:56 pm
by Gerhard
52"

Re: Hoeveel duim is die Koedoe.

Posted: Mon Apr 18, 2011 4:07 pm
by Francois Marais
Hugo

Ek is met Geno en Gerhard 51-52", glo nie hy gaan 55 maak nie, sy punte is te kort, alhoewel hy mooi diep draai.......

Mooi loop
Francois

Re: Hoeveel duim is die Koedoe.

Posted: Mon Apr 18, 2011 4:11 pm
by Nico Harris
53 ;)

Re: Hoeveel duim is die Koedoe.

Posted: Mon Apr 18, 2011 4:13 pm
by Jagtersdok
FM dis juis daai draaitjies wat my laat dink daar bietjie meer lengte as sommer net te lig te skat

Re: Hoeveel duim is die Koedoe.

Posted: Mon Apr 18, 2011 4:16 pm
by Hugo
Ek wil nie vir mense se hoe om te skiat nie, mar daai eerste draai so verby die ore is die een waar jou duime le. My opinie.

Re: Hoeveel duim is die Koedoe.

Posted: Mon Apr 18, 2011 4:32 pm
by afriventure
Hugo
Ek stem saam met jou daarom my skatting 56'

Johan

Re: Hoeveel duim is die Koedoe.

Posted: Mon Apr 18, 2011 4:45 pm
by Gerhard
hugo wrote: Ek wil nie vir mense se hoe om te skiat nie, mar daai eerste draai so verby die ore is die een waar jou duime le. My opinie.
Hugo,

Ek, Geno en Francois het of is PH's vir n rukkie nou al.

Ek roep hom 52" en alles oor dit is n bonus. Sy draaie is nie verskriklik diep nie en dit is waar jou ekstra duime le.

Hy sal n baie baie indrukwekkende trofee maak.

Re: Hoeveel duim is die Koedoe.

Posted: Mon Apr 18, 2011 4:50 pm
by Geno
Gerhard,
Ja maat, nogal snaaks dat ons drie hom saam skat.
Jy's reg, koedoe horings kry hulle lengte in die diepte van die draaie.

Re: Hoeveel duim is die Koedoe.

Posted: Mon Apr 18, 2011 5:00 pm
by Gerhard
Ludwig wrote:
Gerhard wrote: Hy sal n baie baie indrukwekkende trofee maak.
Het ek my bier brille op? Hoekom is ek al man wat fout sien met sy linker horing?
Lyk of hy sy linker horing gebreek het. (seker ou draad bakleier)

Vir my persoonlik maak dit die trofee net meer uniek.

Re: Hoeveel duim is die Koedoe.

Posted: Mon Apr 18, 2011 9:17 pm
by JPS
Reken so 52 en 7agstes.

Laat weet ons wanneer hy geval het.

Groete

Re: Hoeveel duim is die Koedoe.

Posted: Mon Apr 18, 2011 9:45 pm
by KalahariKlong
Jip, sal ook dink so 52. Baie mooi trofee. Ek het 'n 52 wat by my hang en dis voorwaar 'n mooi bok. Dis nie altyd net die horings wat die bok maak nie. Daai linker horing gaan sowaar daai trofee karakter gee.

Groete

Re: Hoeveel duim is die Koedoe.

Posted: Mon Apr 18, 2011 10:15 pm
by erx
52 na 53", sou ek se, maar hy is redelik wyd bo wat dit dalk na 55 kan vat!?

Re: Hoeveel duim is die Koedoe.

Posted: Tue Apr 19, 2011 3:56 am
by Gerhard
erx wrote: 52 na 53", sou ek se, maar hy is redelik wyd bo wat dit dalk na 55 kan vat!?
Onthou dat as n kudu se horings wyd raak sy draaie baie keer vlakker raak en waar die trofee baie groot lyk sukkel hy dan om 50 duim te maak.

Waar jy weer n kudu kry met nou horings wat nie baie groot lyk nie maar die draaie is diep is hulle sommer vinnig diep in die 50's maar dit is nie weer n trofee wat baie beindruk nie.

Die geheim is om n bul wat lekke diep draaie het maar ook mooi wyd raak te probeer kry.

So iets

[img width=560 height=303]http://i3.photobucket.com/albums/y62/Ja ... 40626a.jpg[/img]

Re: Hoeveel duim is die Koedoe.

Posted: Tue Apr 19, 2011 4:00 am
by Gerhard
Ludwig wrote: Dit sal voorwaar n unieke trofee met karakter wees, maar ek dink nou maar net... Daar is nie 'n manier wat ek volle trofee prys vir hom sou betaal nie. Maar dis net ek.
Onthou,

As jy die skoot geskiet het en die bul is op die grond het jy hom betaal soos ooreen gekom met die grond eienaar.

Ek het al n klient gehaad wat so gekonsentreer het op die kudu en die skoot dat hy nooit agter gekom het die een horing is die selfde gebreek soos die een in die foto totdat ons hom gekry het.

n Grond eienaar gaan nie veel gepla wees oor die horing wat gebreek is nie want die ander horing is oor die 50 duim en sal beslus nie beindruk wees as die jagter nou wil minder betaal omdat die ander horing gebreek is ...

Re: Hoeveel duim is die Koedoe.

Posted: Tue Apr 19, 2011 8:09 am
by Hugo
Gerhard wrote:
Ludwig wrote: Dit sal voorwaar n unieke trofee met karakter wees, maar ek dink nou maar net... Daar is nie 'n manier wat ek volle trofee prys vir hom sou betaal nie. Maar dis net ek.



Ek het al n klient gehaad wat so gekonsentreer het op die kudu en die skoot dat hy nooit agter gekom het die een horing is die selfde gebreek soos die een in die foto totdat ons hom gekry het.

Hys nie gebreek nie hy draai net agtertoe en jy kan dit sien op die foto,

Re: Hoeveel duim is die Koedoe.

Posted: Tue Apr 19, 2011 8:12 am
by Gerhard
hugo wrote:
Gerhard wrote:
Ludwig wrote: Dit sal voorwaar n unieke trofee met karakter wees, maar ek dink nou maar net... Daar is nie 'n manier wat ek volle trofee prys vir hom sou betaal nie. Maar dis net ek.



Ek het al n klient gehaad wat so gekonsentreer het op die kudu en die skoot dat hy nooit agter gekom het die een horing is die selfde gebreek soos die een in die foto totdat ons hom gekry het.

Hys nie gebreek nie hy draai net agtertoe en jy kan dit sien op die foto,
Dan gaan Ludwig nog meer afslag wil he vir die krom horing ... he he he

Sit nog fotos op van die bul as jy kan Hugo.

Re: Hoeveel duim is die Koedoe.

Posted: Tue Apr 19, 2011 8:12 am
by PRIVATE RYAN
Hande van my bul af.