Page 1 of 2
Motiverings brief
Posted: Mon Apr 18, 2011 9:37 am
by .::Alwyn-U::.
Goeie dag manne, ek is nuut op hierdie forum. Het gehoop julle sal my 'n paar wenke kan gee op die onderwerp om 'n motiverings brief te skruif vir my vuurwapen lisensies.
Ek het al reeds my bevoegdheids kaartjie ontvang en ek wil nou my lisensie aansoeke indien. Watter tips het julle op die skryf van die motiverings brief?
Groete
Re: Motiverings brief
Posted: Mon Apr 18, 2011 9:55 am
by Beyers
Welkom Alwyn
Gebruik die search funksie
Re: Motiverings brief
Posted: Mon Apr 18, 2011 3:27 pm
by .::Alwyn-U::.
Dankie ek maak gerus so.
Groete
Re: Motiverings brief
Posted: Wed Apr 20, 2011 10:18 pm
by Pvdw
Welkom Alwyn.
Voor ons nou te v?r draai, behoort jy aan 'n klub? Indien nie, sluit aan en kom gereeld op die baan. Dit maak dit net altyd maklikker om te motiveer, veral as die klub kan bevestig dat jy 'n aktiwe lid is en gereeld op die baan is.
My vrou se .22 revolwer is so maand terug goed gekeur vir sportskiet juis met die motiveering van sportskiet wat deur die klub bevestig is. Veral vir mans wat handwapen soek is sportskiet beter want dis 'n 10 jaar siklus ipv 5 jaar vir "SD". Ek het Januarie my 9mm. Beretta so gekry.
Peet
Re: Motiverings brief
Posted: Fri Apr 22, 2011 8:46 pm
by .::Alwyn-U::.
Dankie Peet, ek is wel lid by 'n skietklub. Ek is ook 'n PH so sekerlik sal ek genoeg motivering kan vind vir my nuwe .375 H&H. Hoekom ek vir raad gevra het is want ek is maar nog jonk, slegs 21 jaar oud en wou manet die beste kans he om die 1ste keer my lisensie goed gekeur te kry. Dankie vir julle hulp. Ek dink hierdie forum is uitstekend vir 'n jagter. Baie goeie geselskap!
Groete
Re: Motiverings brief
Posted: Sat Apr 23, 2011 7:01 am
by Pvdw
AlwynU ek het by ons klub gesien dat die manne wat net die waarheid mooi oordra en dit staaf met bewyse en feite kry wel die lisensies

Handwapend is egter soms so bietjie taaier en daar is wel probleme daar. Vertel hulle hoekom jy daai spesifieke kal. nodig het en waarvoor hy geskik is, sommer watse koe?ls jy skiet,herlaai en sulke goed. Wys hulle jy ken jou geweer se bailstiese feite. Laat die klub jou betrokenheid bevestig met 'n brief van die voorsitter en jy behoort fine te wees. Sit somme paar foto's by van jou jagtery.
Peet
Re: Motiverings brief
Posted: Sat Apr 23, 2011 11:38 am
by 222
AlwynU
Ek sal vir jou 'n paar voorbeelde epos wat ek het van aansoeke wat goedgekeur is as jy sou belangstel. Mens kan egter niks waarborg met die motiverings nie want lyk hulle keur die lisensies goed soos hulle die dag voel.

Re: Motiverings brief
Posted: Sat Apr 23, 2011 9:19 pm
by .::Alwyn-U::.
Ek was reeds vandag by ons voorsitter en hy het persies dieselfde gese. Mens moet alles motiveer EN bevestig met 'n aanhegsel soos jou bewys as jy toegewyde jagter is of wat okal dit mag wees. Dankie ek sal dit waardeur as dit vir my deur gemail kan word. ek het alreeds 'n voorbeeld vandag ontvang so ek het al die idee daarvan gekry. Dankie vir julle ondersteuning!
Re: Motiverings brief
Posted: Sat May 14, 2011 8:45 am
by molopohunter
Dagse Alwyn
Doen jou teogewyde jagter status ook. Ek is self PH, en dit help nie so baie as wat mens sal hoop nie.
Dink met outfitters is dit anders, want jy kan dit op die besigheid sit as huur wapens.
Hoop jy kom gou reg,
Peet
Re: Motiverings brief
Posted: Sat May 14, 2011 12:28 pm
by Ponkie
222/Alwyn
Ek is self 21 en besig met my eerste aansoek. Dis 'n 22-250 en wil dit gebruik vir probleemdierbeheer asook skiet by my plaaslike jagtervereniging. Sukkel egter om die brief reg te kry.
Ek sal dit baie waardeur as ek dalk een van daardie voorbeelde van julle mag sien. Wil graag die ding die eerste slag reg doen.
Groetnis
Ponkie
Re: Motiverings brief
Posted: Sat May 14, 2011 5:50 pm
by .::Alwyn-U::.
Dagse manne
Peet ek het dit ook al gedoen dankie. Ek dink ek het hierdie ding onder die knie dan!
Wat ook blykbaar baie belangrik is wat hand-in-hand met die toegewyde jagters status gaan is die endorsament wat jy aansoek voor doen by hulle kantoor. Dit is net 'n email wat mens stuur met die geweer se besonderhede dan maak hulle 'n sertifikaat wat se jou wapen is geskik vir jag. Het dit ook eers nou onlangs uitgevind.
Ponkie om ju uit te help kan ek my motivering gerus vir jou aanstuur. Ek is trots op die ding want hy het my nogal lank gevat om aan mekaar te sit! hoe kan ek dit vir jou stuur, via email?
Groete
Alwyn
Re: Motiverings brief
Posted: Mon May 16, 2011 7:34 pm
by Hein M.
In die Mei uitgawe van die Jagters tydskrif is daa 'n oulike uiteensetting van hoe die motiveringsbrief moet lyk. Dit is die moeite werd om na te kyk.
Groetnis!
Hein M
Re: Motiverings brief
Posted: Mon May 16, 2011 7:40 pm
by Ponkie
Manne
Ek het Alwyn se brief as riglyn gebruik. Dit het my baie gehelp. Gaan nou uiteindelik more my aansoek inhandig. Hopelik het ek my lisensie voor die einde van die jaar wanneer die werpels uit die nes begin beweeg.
Groetnis
Ponkie
Re: Motiverings brief
Posted: Mon May 16, 2011 8:44 pm
by JPS
Myne is vandag uituindelik in sommer met section 21 saam. Hulle laat weet my toe vandag alle sect 21 gaan ook nou PTA toe en laasjaar toe dit nog op provinsiaal was het hulle sommer binne 7 dae meeste goedkeuring op die tydelike permitte gekry. Kyk ek weet nie of ek moet huil of lag nie????
We'll het darrem dame wat deel met dit se naam en nommer. Manne sy gaan baaaaaie moeg raak vir my.....
PS; Ponkie Sterkte mater.
Het jy al competancy? Indien we'll doen aansoek vir tydelike permit sommer dadelik, dit blyk tog vinniger as lisensie aansoek te wees.
Re: Motiverings brief
Posted: Mon May 16, 2011 8:58 pm
by 222
JPS
Het dieselfde inligting van die DFO hier gekry, was vol moed dat ek met die 308 sal kan gaan jag. Toe ek hoor dat ek R170 vir die tydelike lisensie en R170 vir die lisensie moes betaal het ek dit gelos (die tydelike een). Hy reken dat die kans sowat 80% is dat ek die werklike lisensie voor die tydelike een gaan kry, nou hoekom moet ek dan R170 gaan betaal as ek nie nut daarvoor gaan h? nie.
Ons aansoeke loop soos volg:
Plaaslik - word op die sisteem gesit
Welkom - word op die siteem nagegaan
Bloem - weet nie wat gaan daar aan nie
Pretoria - daar gebeur wat veronderstel is om te gebeur in die tyd wat dit in gaan gebeur
Terugkom roete die omgekeerde van die aansoek roete. Die vinnigste aansoek hier het 2 maande gevat en ek kan julle verseker dit was 'n poks gewees
Re: Motiverings brief
Posted: Mon May 16, 2011 10:43 pm
by .::Alwyn-U::.
Hi JPS
Ek kan se dat daar wel verander het aan die wapenwet vannaf Januarie. As al jou motiverings reg is en die regte dokumente aangeheg is (wat BAIE belangrik is) sal jy jou lisensie goedgekeur kry binne 6 maande! Daar is 'n tyd limiet ingestel op hierdie goed. Ek het al 2 lisensie in hierdie jaar alleen ontvang! moeilik om te glo ek weet..
Net om nog iets te se oor die tydelike lisensies, ek stem saam dat jy moet daai idea heeltemal afskryf. dit kos net geld en is soortvan 'n "lost case".
Hier is advies vir almal wat ALREEDS 'n wapen lisensie besit, as jy weet dat jou lisensie goed gekeur is kan jy na die polisiekantoor toe gaan en vra vir 'n print-out van jou lisensies WAT GOED GEKEUR IS. Met sulke dokument sal 'n wapen handelaar die geweer vir jou gee voordat jy fisies die lisensie kaartjie ontvang het deur die pos.
Re: Motiverings brief
Posted: Mon May 16, 2011 11:28 pm
by JPS
222 wrote:
JPS
Het dieselfde inligting van die DFO hier gekry, was vol moed dat ek met die 308 sal kan gaan jag. Toe ek hoor dat ek R170 vir die tydelike lisensie en R170 vir die lisensie moes betaal het ek dit gelos (die tydelike een). Hy reken dat die kans sowat 80% is dat ek die werklike lisensie voor die tydelike een gaan kry, nou hoekom moet ek dan R170 gaan betaal as ek nie nut daarvoor gaan h? nie.
Ons aansoeke loop soos volg:
Plaaslik - word op die sisteem gesit
Welkom - word op die siteem nagegaan
Bloem - weet nie wat gaan daar aan nie
Pretoria - daar gebeur wat veronderstel is om te gebeur in die tyd wat dit in gaan gebeur
Terugkom roete die omgekeerde van die aansoek roete. Die vinnigste aansoek hier het 2 maande gevat en ek kan julle verseker dit was 'n poks gewees
Hi trip2,
Erens is daar probleem, Ons aansoeke kos R140? hoe is dit verskillend van area tot area. Erens steek iemand iets weer innie sak.
jong ek het al van paar kennisse gehoor sowel as op die forum van tydelike magteging wat toegeken is binne 21 days. As ek myne in 45 dae kry sale k groot
Groete
JP
Re: Motiverings brief
Posted: Tue May 17, 2011 6:49 am
by Beyers
AlwynU wrote:
Hier is advies vir almal wat ALREEDS 'n wapen lisensie besit, as jy weet dat jou lisensie goed gekeur is kan jy na die polisiekantoor toe gaan en vra vir 'n print-out van jou lisensies WAT GOED GEKEUR IS. Met sulke dokument sal 'n wapen handelaar die geweer vir jou gee voordat jy fisies die lisensie kaartjie ontvang het deur die pos.
Alwyn
In die Isten Cape kan jy dalk in die bool trap. Die DFO in Queenstown laat nie toe dat die wapen die jandelaar verlaat sonder die fisiesse kaartjie nie. Die uitsondering is egter as mens by die provinsiale DFO 'n permit kry. (gratis) Dan kan die wapen selfs met RAM na jou afgevoer word. Die DFO op Graaff-Reinet laat weer toe dat die wapen in jou besit mag wees met die printout van goedgekeurde wapens.
Die beste is om die inligting op skrif te kry.
Beyers
Re: Motiverings brief
Posted: Tue May 17, 2011 8:26 am
by Armand Steenkamp
AlwynU
Jy se as jou mtiveerings en goed reg is sal jy jou liksens binne 6maande kry.Weet jy ek dink dit hang maar af van jou plaaslike DFO.As hulle lekker wakker is dan gaan dit gouer.Maar as hulle deur die bollie is dan wag n man lank.
Ek is in die selle posisie as jy en gaan ook nou een of ander tyd vir n geweer aansoek doen.
Jy kan nie dalk vir my ook daai motifering van jou e mail as dit nie te veel moeite is nie?
koffiemeul@gmail.com
Groetnis
Armand
Re: Motiverings brief
Posted: Tue May 17, 2011 8:33 am
by .::Alwyn-U::.
More manne
Dit maak alles sin wat julle se! Mens weet mos nooit wat gaan aan by ander takke nie, ek dink ook dit verskil van tak-tot-tak. Ek dink ons almal voel so, hierdie hele lisensie besigheid is maar n las en dit gaan nie aansienlik beter raak vir die toekoms nie.
Dis reg Armand ek sal jou kan uithelp.
Groete
Re: Motiverings brief
Posted: Thu Jun 02, 2011 8:08 am
by Dawid
Ponkie ek sal dit regtig wardeer as jy en AlwynU vir my voorbeelde van jul motiverings kan E-pos want my seun is ook nou in die proses van aansoek doen vir sy lisensies en ek wil kyk wat is daar wat ons nog by sy dinge kan voeg.My besonderhede is op my profiel.
As ek terug is in SA gaan ek die man ook hier laat registreer dan kan die manne van more lekker hier gesels en gedagtes uitruil.
Groetnis
Re: Motiverings brief
Posted: Mon Jun 20, 2011 5:22 pm
by darrie
Middag Manne
Ek sit ook nou waar ek bevoegdheid aansoek doen vir handwapen, geweer en haelgeweer. Ek moet nou glo 'n brief inhandig om te se waarop wil ek bevoegdheids aansoek vir al drie katogorie. Ek sal die handwapen vir selfbeveiling, die geweer vir jag en dan die haelgeweer vir jag en kleiduif skiet moet motiveer. Dan daarna vir lisensie vir net eers die jaggeweer. Kan iemand my asb. help met voorbeelde van sulke briewe.
Dankie
Morne
Re: Motiverings brief
Posted: Mon Jun 20, 2011 6:59 pm
by bobby
darrie you don't motivate for a competance cirtificate only for licences .
DO NOT apply for a self defence for the handgun or you will be refused and will have to appeal . join a organisation like NSA and apply for sporting reasons and hunting for the long guns .
Re: Motiverings brief
Posted: Tue Jun 21, 2011 12:15 pm
by darrie
dankie bobby en piet skiet!
Al rede dat ek die briewe vra is want ons liewe polisie het vir my deurgegee dat ek sulke briewe moet saam met die bevoegdheids dokumente inhandig! Ek het dadelik vir hom gese dat ek kort die briewe net vir die lisensie aansoek to se hy nee vir bevoegdheid ook om sodoende alles te bespoedig.
Groete
darrie
Re: Motiverings brief
Posted: Tue Jun 21, 2011 2:54 pm
by Dawid
Darrie........
Daai manne is van hulle sinne beroof......Jy hoef geensins motiverings te skryf vir bevoegdheid nie.
Jy`t alreeds jou bevoegdheidstoets afgele en is bevoegd verklaar op die wetlike sowel as die praktiese aspekte.
Die aansoek word ingevul en ingehandig sodat jy n kaart kan kry. Jy is mos alreeds in besit van n bevoegdheids sertifikaat.
Motiverings is slegs van toepassing op vuurwapen aansoeke