Page 1 of 1

Williebees meld aan

Posted: Fri Apr 15, 2011 11:50 pm
by williebees
Dagse geweervriende.
Ek jag al 42 jaar, het op 8 jarige ouderdom begin.
Woon en werk in Ellisras, Limpopo provinsie.
Jag waar die geleentheid ookal opduik.

Gunstelingkalibers: .22 randslag, .223,.303, 8 x 57, .30-06,.270, .375 H&H, .458 Win Mag, .450-577 Martini Henry en nog 'n paar tussenin.

Sien uit na gesprekke oor herlaaidata ensovoorts.

Ons bied die jaarlikse Ellisras Vuurwapenfees aan - was van ons forum lede al daar?

Groete
Williebees 

Re: Williebees meld aan

Posted: Sat Apr 16, 2011 7:51 am
by Jagtersdok
Williebees, welkom hier in ons geledere. Jy sal dit sommer baie geniet

Re: Williebees meld aan

Posted: Sat Apr 16, 2011 8:18 am
by Pvdw
Welkom Wiliiebees. As ek so na jou gunne kyk lyk dit my jy het rie regtig 'n GUNDTELING nie, jy hou van alles wat skiet ;D ;D

O ja, ek was nog nie op julle fees nie. Het nog net kom aircons insit op Ellisras so slag of 2.

Peet

Re: Williebees meld aan

Posted: Sat Apr 16, 2011 1:33 pm
by Monrique (SJ)
Williebees

Baie welkom by ons, hoop jy geniet dit.

Groetnis

Re: Williebees meld aan

Posted: Sat Apr 16, 2011 1:38 pm
by 243Songdaug
Wildebees.

Welkom op Jaracal.  Lyk jy het al 'n klompie jare se herlaai ondervinding(soms frustrasie) onder die belt.

Jaco 

Re: Williebees meld aan

Posted: Sat Apr 16, 2011 9:38 pm
by tokjak
welkom williebees

Re: Williebees meld aan

Posted: Sat Apr 16, 2011 10:06 pm
by Cobus(Cobb)
Onmiddelik hou ek sommer van "williebees" naam ....
Geluk met jou 308 wat in jou lys van Twa!'s is
, welkom hier, geniet dit

Cobus

Re: Williebees meld aan

Posted: Sat Apr 16, 2011 10:17 pm
by JPS
Welkom oom williebees, geniet dit hier sAam met ons.

Groete
JP

Re: Williebees meld aan

Posted: Sun Apr 17, 2011 12:54 am
by Penkop
Welkom Williebees,

Werk jy op die myn?

Ek het al gehoor van die Vuurwapenfees, maar was nog nie self daar nie. Klink nogals lekker, veral die ''Boer en Brit'' kompetisie...sodra ek my 303 lisensie het, neem ek deel!! (natuurlik as 'n Boer met 'n tommie se roer!!)

Goedgaan

Re: Williebees meld aan

Posted: Sun Apr 17, 2011 7:30 am
by williebees
Dankie almal vir die verwelkomings.
Pvdw - jy is reg die geweer in my hand op daardie oomblik is my gunsteling.
Elke geweer het 'n karakter,en wanneer ek met hom skiet kom daar soveel herinneringe aan vorige jagtogte.
Dan is daar nog die uitdaging en die plesier om 'n suksesvolle (akkurate) lading uit te werk.

Moet s?, die .458 het 'n spesiale plek. Ek het verskeie akkurate ladings vir hom - het verlede jaar gemsbok, blouwildebees en springbok met hom geskiet.

Penkop - welkom op vuurwapenfees, dis hierdie jaar op 27 Augustus. Ja meeste van die Boere veg met gebuite Lemetforts. Die plaas waarop die skietbaan is, se naam is ook "Lemetfort". Nee ek werk nie OP die myn nie ek werk wel meeste van die tyd vir die myners.

Ek soek nog die toepaslike kategorie vir Vuurwapenfees se inligting.

Groete

Williebees

Re: Williebees meld aan

Posted: Sun Apr 17, 2011 9:11 am
by Penkop
M?re Williebees,

Interessante gunsteling daai 458 van jou?!
Is dit 'n WM, Lott of Express?

Vertel bietjie meer oor jou akkuraatheid met daai roer, ek het maar die idee gekry dat 'n 458 'n ''area-wapen'' op langer afstande is en dat sy plek eerder is om 'n stormende buffel of leeu op kort afstand in sy spore te laat stop?

Re: Williebees meld aan

Posted: Sun Apr 17, 2011 11:03 am
by williebees
Penkop ek s? iets daaroor in die onderwerp: gewere.

Williebees

Re: Williebees meld aan

Posted: Mon Apr 18, 2011 7:26 am
by Geno
Welkom Williebees,

Geniet dit hier!
Jy's nie dalk dr. Willie Barnard nie?


Groete,
Eugene

Re: Williebees meld aan

Posted: Mon Apr 18, 2011 7:39 am
by BLOK
Williebees hier gaan jy dit willie wragtag geniet

Welkom

Blok.

Re: Williebees meld aan

Posted: Mon Apr 18, 2011 7:57 am
by williebees
Geno wrote: Welkom Williebees,

Geniet dit hier!
Jy's nie dalk dr. Willie Barnard nie?


Groete,
Eugene
Skuldig jor honnor.

Re: Williebees meld aan

Posted: Mon Apr 18, 2011 7:59 am
by Geno
My wereld Oom Willie,

Dan se ek sommer weer welkom!
Ek is seker ons kan baie by oom leer!


Groete,
Eugene

Re: Williebees meld aan

Posted: Mon Apr 18, 2011 9:53 am
by williebees
Dankie Eugene,

was jy al op ons fees? Of het ons iewers ontmoet?

Williebees

Re: Williebees meld aan

Posted: Mon Apr 18, 2011 9:58 am
by Geno
Oom Willie,
Ek was nognie op die fees nie.
Oom het kom gesels by Gerhard Steenkamp se ph kursus in 2003 as ek reg onthou.

Groete,
Eugene

Re: Williebees meld aan

Posted: Wed Apr 20, 2011 4:08 pm
by Chris Kreef Kruger
Welkom Williebees