Page 1 of 1
effek van verkeerde patrone?
Posted: Sat Feb 14, 2015 9:39 pm
by muismaree
Hi julle.
Eenvoudige vraag, wat gaan gebeur as mens 'n 7-08 patroon in 'n 308 afvuur?
Re: effek van verkeerde patrone?
Posted: Sat Feb 14, 2015 9:45 pm
by VdWalt
Niks te drasties. Die probleem kom as jy 308 in 270 skiet.
Re: effek van verkeerde patrone?
Posted: Sat Feb 14, 2015 9:49 pm
by Fanta300
Of 'n 260 Rem? Seker maar net baie rook en 'n koeël wat so 50 meter trek. Wie het dit al gedoen?
Re: effek van verkeerde patrone?
Posted: Sat Feb 14, 2015 10:31 pm
by Flip Nel
Ek het eenkeer 'n wag gesien wat met 'n Brno 9.3x62 waggestaan het, het my verstom vra hom toe watter ammo gebruik hy, R1 staalpunte, ek dog hy maak 'n joke toe wys hy my dis wat hy by hom het, en ja hy sê hulle werk goed, hy sal iemand kan raakskiet met hulle. Net om seker te maak het ek een van my 9.3 x 62 patrone wat in die bakkie was gekamer en ja dit was vir die 9.3 gekamer. Ek sal dit wragtig nie try nie.
Re: effek van verkeerde patrone?
Posted: Sun Feb 15, 2015 9:33 am
by Jacquesb
Sal dit nooit probeer nie. Al is die koeel diameter kleiner as die loop. Die gevaar is as die koeel dikker is as die loop. Eina eina an baai baai geweer, hand, en gesig.
Re: effek van verkeerde patrone?
Posted: Sun Feb 15, 2015 11:04 am
by phb
My pa jet eenkeer per ongeluk n 243 rondte afgevuur in sy 25-06, die koel het rond gehop in die loop en met die uitgaan slag die laaste deel van die kneldemper ge"nick" en die teiken nog getref. Die dop was mooi oopgeskeur en geen verdere skade nie.
Re: effek van verkeerde patrone?
Posted: Sun Feb 15, 2015 1:20 pm
by Giepie
My 270 en 375 lyk eenders, al twee musgraves. Ek het die gewoonte gehad wanneer ek gaan skiet om die twee af te wissel om tyd te gee dat die lope afkoel. Maar ek het die twee houers met patrone langs mekaar laat staan dat ek net kan vat en laai. Ek maak toe die fout om 270 patrone in die 375 te laai, dit het mooi gepas ook. Toe die skoot afgaan het ek 'n snaakse "doef" gehoor, met die uit trek van die slot was die dop gebars. Ek kon dit nie verstaan nie en die dop mooi bekyk vir swak plekke. Toe ek dit wil terug is die houer besef ek wat gebeur het. Nou haal ek die houer ook van die skiettafel af sodra ek die geweer afhaal en maak so seker.
Ek het nogal die spoed met 'n chrony gemeet en kon nie verstaan hoekom die spoed so laag was nie. Dit was nog voor ek die slot oop gemaak het. Die koeël is nog steeds voor uit sonder om die chrony te tref.
Ek het na die tyd ook gekyk wat sal gebeur as ek die 375 in die 270 sou laai. Die eenste patroon pas nogal, so daar sou ek nie probleme gekry het nie, maar by die derde een sou ek dit agterkom. As ek dit wil voer sal die groter dop nie voer nie, so die veiligheid is daar dat ek nie 'n 375 patroon in die 270 kan afvuur nie.
My les gelukkig op 'n "veilige manier geleer.
Re: effek van verkeerde patrone?
Posted: Sun Feb 15, 2015 2:17 pm
by Wouter Roets
Giepie
Hoe de hel kry jy dit reg om n 375 H&H te laat pas in jou 270Win? Dalk bietjie tyd om daai 270 kamer van jou te laat meet?

Jy praat seker van jou magesynkas? Jy sal nie vir die lewe van jou n 375 in die 270 gekamer kry nie. So jy kan maar ophou bekommer wees dat dit sal gebeur.
Groetnis
Wouter
Re: effek van verkeerde patrone?
Posted: Sun Feb 15, 2015 9:15 pm
by tripodmvr
Laat my nou jare terugdink toe ons kudus in die Karoo naby 3 Susters gejag het. Kom die oggend aangery en sien die kudus voor die doringbome in die son langs die droë rivierloop. Ek het bestuur en die ander manne is eerste uit die bakkie. Gryp my 375 patrone en die eerste Mauseraksie wat ek sien. Verdomp of die 375 koele in die magasyn wil in en kamer. Na baie gesukkel sou ek sien dat dit nie my Musgrave is nie, maar 'n vriend se 7x57. Bokkoors is 'n black-sam.
Re: effek van verkeerde patrone?
Posted: Mon Feb 16, 2015 6:17 pm
by muismaree
Dankie vir julle sinvolle antwoorde. Die rede hoekom ek vra, ek laai vir my 7-08 met 308 doppe wat ek afnek. My meisie het onlangs vir haar 'n 308 gekoop, die geweer se patrone gaan ook by my gelaai word. As mens nie fokus nie kan daar iewers 'n verkeerde patroon iewers beland waar hy nie moet nie. En hulle lyk nog bitter baie na mekaar. Vir my geweer worry ek nie, want die 308 gaan bloot net nie kamer nie. Dit is die 308 wat ek oor bekommerd was.
Re: effek van verkeerde patrone?
Posted: Tue Feb 17, 2015 4:32 pm
by Jean Marais
Die probleem is nie as jy mooi konsentreer en seker maak watter is watter nie. Die probleem kom as jy haastig raak, in die jagveld, en jy gou koele gryp, en nie seker maak dis die regtes nie. Dis waar die moeilikheid begin. Dar was so 'n klompie jare gelede in die SA Jagter, as ek reg onthou, 'n artikel waar die man die verkeerde ammo gegryp het, want hy het skielik 'n geleentheid gekry om te gaan jag toe een van die ander groeplede agv 'n maagongesteldheid nie meer wou veld toe gaan nie. Die man het bitter seergekry.
Re: effek van verkeerde patrone?
Posted: Tue Feb 17, 2015 8:12 pm
by Giepie
Wouter Roets wrote:Giepie
Hoe de hel kry jy dit reg om n 375 H&H te laat pas in jou 270Win? Dalk bietjie tyd om daai 270 kamer van jou te laat meet?

Jy praat seker van jou magesynkas? Jy sal nie vir die lewe van jou n 375 in die 270 gekamer kry nie. So jy kan maar ophou bekommer wees dat dit sal gebeur.
Groetnis
Wouter
Ah, Wouter ek sien jy wat jy bedoel. Ja, die 375 patrone het so op 'n manier nog in die magasynkas gepas, maar dit wou natuurlik nie kamer nie.
Van ook 'n Roets
