Page 1 of 1
Behandeling van geweer kolwe - waarmee?
Posted: Sat Feb 07, 2015 5:28 pm
by Chris (vdB)
Dagse manne
Ek het weer n' vraag wat ek hoop julle my mee kan help asb
Waarmee behandel julle manne julle gewere wat hout kolwe het. Polis julle dit met n' sekere polis of olie julle die kolwe.
Ek het laas jaar my .22 Bruno se kolf laat op knap by n' geweer smit. En volgens die persoon polis hy alleenlik die kolwe met n' spesiale polis wat hy invoer. Hy wou egter my nooit die naam gee nie. Toe ek hom vra nou wat moet ek van tyd tot tyd aan smeer wanneer ek die geweer skoon maak, het hy gese ek moet amandels koop en binne in n' lappie die amandels fyn maak en dan die olie gebruik wat deur die lappie kom om die hout mee te smeer.
Ek het egter dit nog nie gedoen nie. Gaan cobra polis nie netso goed werk nie?
Re: Behandeling van geweer kolwe - waarmee?
Posted: Sat Feb 07, 2015 5:51 pm
by henning
Brandewyn Ratel wrote:Dagse manne

Ek dink jou geweersmid maak die lewe te moeilik vir jou.
Almal het maar hulle eie voorkeure maar koop "Schaftol" by n geweer winkel en jy sal nie verkeerd gaan nie. Dit is juis vir gewere gemaak.
Voorsoep
Henning
Re: Behandeling van geweer kolwe - waarmee?
Posted: Sat Feb 07, 2015 5:53 pm
by Pappabeer
As jy n paar lekker vet dagga koppe in n lappie maal voor jy dit van die pitte sky om te rol kry jy ook olie...
Elk geval, daar is n paar topics hier oor gunstock olie.
'N paar goed wat jy kan probeer is Shaftöll, Danish oil, verskeie make se Gunstock of London oil, Birchwood Casey se Gunstock Wax, ens.
Almal is maar n gekookte lynolie, met n verharder en vlugtige middel by om te keer dat dit taai bly op die kolf. Indien jy n geweer se kolf wil oordoen is die belangrikste egter die hout se voorbereiding deur dit heeltemal glad af te skuur, en van al die houtvesels wat opstaan ontslae te raak, en die poriëe op te vul. Dit is die basis wat vir jou die gladde blink gepoleerde voorkoms gee.
Re: Behandeling van geweer kolwe - waarmee?
Posted: Sat Feb 07, 2015 5:58 pm
by Chris (vdB)
Baie dankie julle. Sal gaan loer wat hou die winkels aan hier by my
Re: Behandeling van geweer kolwe - waarmee?
Posted: Sat Feb 07, 2015 6:35 pm
by Jacquesb
Schaftol olie
Re: Behandeling van geweer kolwe - waarmee?
Posted: Sat Feb 07, 2015 8:44 pm
by Apie
Shaftol ekstra dark!
Net die reuk alleen is verslawend
Re: Behandeling van geweer kolwe - waarmee?
Posted: Sun Feb 08, 2015 6:17 pm
by Capt. Yoda
Soos die manne se schaftol maar n oubul he so rukkie terug vir my gese jy vat amandels wat jy met n hammer in n lap pap slaan dan vryf jy die houd mer die spul.Blykbaar is dit net die nommer vir sannie maar ek he dit nog nie probeer nie.
Re: Behandeling van geweer kolwe - waarmee?
Posted: Tue Feb 10, 2015 6:53 am
by Chris (vdB)
Dagse manne
Ek het n' botteltjie Schaftol gekoop, wil net seker maak is dit die selfde as wat julle manne van praat. Ek heg n' foto aan van die botteltjie
Re: Behandeling van geweer kolwe - waarmee?
Posted: Tue Feb 10, 2015 8:09 am
by gillie
Oom Steve Fourie het my vertel en gewys wat hy maak...
Bietjie pledge meubel politoer op jou vingers, vryf die kolf daarmee in totdat hy n baie dun lagie politier op het. Dan maak jy weer jou vingers nat met so bietjie gekookte "linseed oil" (jy kry dit sommer by jou plaaslike Builders Warehouse of hardeware winkel), vryf orals met jou hande oor die kolf om die olie te versprei. Dan 'n lappie en baie elbow grease om die oortollige olie en politoer af te haal.
O ja, plak net die "checkering" toe met maskeerband voor jy begin,
Re: Behandeling van geweer kolwe - waarmee?
Posted: Tue Feb 10, 2015 8:16 am
by DawieKotze
gillie wrote:
O ja, plak net die "checkering" toe met maskeerband voor jy begin,
Hoekom moet jy dit doen gillie? Enige politoer of olie kan mos met 'n sagte tandeborsel of so iets uitgehaal word.
Re: Behandeling van geweer kolwe - waarmee?
Posted: Tue Feb 10, 2015 8:18 am
by Capt. Yoda
Brandewyn Ratel wrote:Dagse manne
Ek het n' botteltjie Schaftol gekoop, wil net seker maak is dit die selfde as wat julle manne van praat. Ek heg n' foto aan van die botteltjie
Ja is net hy daai.
Sit so bq op jou hand dan vryf jy die kolf so warem soos jy kan met dit.Laat die kolf so uur staan dan vat jy n sagte lappie en vryf hom weer so hard soos jy kan.
once a day for a week
once a week for a month
once a month for a year en dan soos jy dink hy kort bq.
EK vryf myne so bq elke keer wat ek hul geskiet het.Pasop net die dark en extra dark maak die kolf donkerder soos jy dit gebruik so as jy hom nie meer donkerder wil maak nie gebruik dan net die clear een.
Die oli werk ook bitter lekker vir my.Koop hom by PnP
http://plush.refreshconnect.co.za/wp-content/uploads/2013/04/wooden-Furniture-oil.jpg
Re: Behandeling van geweer kolwe - waarmee?
Posted: Tue Feb 10, 2015 8:19 am
by gillie
madako wrote:gillie wrote:
O ja, plak net die "checkering" toe met maskeerband voor jy begin,
Hoekom moet jy dit doen gillie? Enige politoer of olie kan mos met 'n sagte tandeborsel of so iets uitgehaal word.
Ja jy kan dit na die tyd ook doen as jy sou wou, daai was maar net bedoel vir as jy dit nie na die tyd wil skoonmaak nie.