Page 1 of 1

Ons moet ophou kla oor wild pryse

Posted: Mon Feb 02, 2015 11:43 am
by Boesman10
Ek vra gister vir die vrou om so 'n paar skaap tjoppies te koop vir ons Sondag aand braai. Sy gaan P&P toe en kom terug met twee pakkies met 4 tjoppies elk in. Ek moes vinnig badkamer toe hardloop vir my hart pille toe ek die R134.00 per kilogram prys sien. :): :): :): :): :): :):

Re: Ons moet ophou kla oor wild pryse

Posted: Mon Feb 02, 2015 12:20 pm
by Finfan
Daai is daylight robbery my maat.

Re: Ons moet ophou kla oor wild pryse

Posted: Mon Feb 02, 2015 12:25 pm
by CarelG
Finfan wrote:Daai is daylight robbery my maat.

Woolies vra al R150/kg tjom... :o

Re: Ons moet ophou kla oor wild pryse

Posted: Mon Feb 02, 2015 12:26 pm
by PWV
Boschenmeer-mense kan dit bekostig. ::) ::)

Re: Ons moet ophou kla oor wild pryse

Posted: Mon Feb 02, 2015 12:37 pm
by JohanvB
:laugh: :laugh: :laugh: :laugh: :laugh: :laugh: :laugh: :laugh: :laugh:

Re: Ons moet ophou kla oor wild pryse

Posted: Mon Feb 02, 2015 12:44 pm
by savage(P Coetzer)
Ek het laasweek n klomp lammers laat slag.
Maar net R52/kg gekry.....

Re: Ons moet ophou kla oor wild pryse

Posted: Mon Feb 02, 2015 12:44 pm
by Baasvark
Boesman10 wrote:Ek vra gister vir die vrou om so 'n paar skaap tjoppies te koop vir ons Sondag aand braai. Sy gaan P&P toe en kom terug met twee pakkies met 4 tjoppies elk in. Ek moes vinnig badkamer toe hardloop vir my hart pille toe ek die R134.00 per kilogram prys sien. :): :): :): :): :): :):
Maar daai is skaap tjoppies!!!

My wildsvleis het ek verlede jaar geland (bewerking en al ingesluit) teen R65/kg.

Wildsvleis is lekker maar skaap vleis bly koning!

Re: Ons moet ophou kla oor wild pryse

Posted: Mon Feb 02, 2015 12:48 pm
by Baasvark
savage wrote:Ek het laasweek n klomp lammers laat slag.
Maar net R52/kg gekry.....
Toemaar, ons kry maar R24/kg vir ons varke.... Dan kos tjops jou 3 keer dit!

Re: Ons moet ophou kla oor wild pryse

Posted: Mon Feb 02, 2015 12:51 pm
by Sarel
Het die naweek R100 / kg betaal vir lam boudtjops. Hele / halwe lam was R80 / kg.

Desember het ek R70 / kg vir lam boud tjops betaal

Re: Ons moet ophou kla oor wild pryse

Posted: Mon Feb 02, 2015 12:56 pm
by NetEk
Daai boerbok hammel wat hulle langs die straat verkoop teen R500 begin alhoe meer aantreklik lyk......

Re: Ons moet ophou kla oor wild pryse

Posted: Mon Feb 02, 2015 12:58 pm
by Smitstertjies
Mense, kyk asb na hierdie draad n ruk gelede. Dit gee meer insig oor hoe lamspryse werk

Dankie

http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f=1&t=35106

Re: Ons moet ophou kla oor wild pryse

Posted: Mon Feb 02, 2015 12:58 pm
by Gernie
Daai is rof, ek bring van Kroonstad vir eie gebruik teen so R55/kg lam.

Re: Ons moet ophou kla oor wild pryse

Posted: Mon Feb 02, 2015 1:47 pm
by 222 Sako
Wildsvleis is lekker maar skaap vleis bly koning![/quote]

So moet ñ varkboer moes praat!!!

Ons het laas week ook lam vir R53/kg btw uit laat slag.

Re: Ons moet ophou kla oor wild pryse

Posted: Mon Feb 02, 2015 1:53 pm
by Heinz Petersen
Slag maar self, dan het ek nog die hele afval ook.

Re: Ons moet ophou kla oor wild pryse

Posted: Mon Feb 02, 2015 2:12 pm
by Baasvark
Smitsertjies ek het na die draad gekyk.

Ek hoor wat jy se maar ek weet nie of ons die hele gesprek oor wil voer nie.

Daar is 'n paar feite wat 'n rol speel wat jy glad nie genoem het nie. Dalk het jy nie aan hulle gedink nie.

Hoe dit ook al sy, dis nie so eenvoudig soos wat jy dit uiteengesit het nie.

Die boer suip maar aan die agterste speen.

Groete.

Re: Ons moet ophou kla oor wild pryse

Posted: Mon Feb 02, 2015 2:13 pm
by Baasvark
222 Sako wrote:Wildsvleis is lekker maar skaap vleis bly koning!
So moet ñ varkboer moes praat!!!

Ons het laas week ook lam vir R53/kg btw uit laat slag.[/quote]

Swarrie het jy nie werk om te doen nie? Of boer jy maar soos alle skaap boere op die stoep :laugh: :laugh: :laugh:

Re: Ons moet ophou kla oor wild pryse

Posted: Mon Feb 02, 2015 4:02 pm
by Doomslayer
Ja nee - ek het onlangs bietjie pryse gekry vanaf paar plase af.

R2000 springbok (gewoon) werk uit op so R133/kg karkas gewig.
R4000 rooibokooi - seker so R130/kg ens.
Koedoebul 50"-55" R70/kg.

Ja jag is lekker en wildsvleis ook - maar hy kom nie naby bees of skaap nie, nie enige dag van die jaar nie! Ek kan by die slagpale op die dorp A-graad bees koop vir R35-45/kg afhangende van die tyd van die jaar. As ek nie wildsvleis kan land teen 'n prys van R25-40/kg deur te jag nie, dan jag ek eenvoudig net nie. Ek kan my skietlus en -liefde net so lekker uitleef met teikenskiet, takskiete, taktiese skietkompetisies, F-klas, bisley, silhouette ens.

Re: Ons moet ophou kla oor wild pryse

Posted: Mon Feb 02, 2015 4:33 pm
by win270
Hierdie hulpmiddel is handig as mens vooraf 'n idee wil kry wat jy per kg gaan betaal op die jagplaas:

http://www.stealthadventures.co.za/Carc ... lator.aspx

Ongelukkig het dit ver nie alle wildsoorte in SA op die databasis nie.

Re: Ons moet ophou kla oor wild pryse

Posted: Mon Feb 02, 2015 4:34 pm
by Smitstertjies
Baasvark wrote:Smitsertjies ek het na die draad gekyk.

Ek hoor wat jy se maar ek weet nie of ons die hele gesprek oor wil voer nie.

Daar is 'n paar feite wat 'n rol speel wat jy glad nie genoem het nie. Dalk het jy nie aan hulle gedink nie.

Hoe dit ook al sy, dis nie so eenvoudig soos wat jy dit uiteengesit het nie.

Die boer suip maar aan die agterste speen.

Groete.
Het jy die hele draad gelees?

Re: Ons moet ophou kla oor wild pryse

Posted: Mon Feb 02, 2015 5:32 pm
by Baasvark
Ek het ja.

Re: Ons moet ophou kla oor wild pryse

Posted: Mon Feb 02, 2015 8:38 pm
by PWV
Ludwig wrote:Food Lovers Market hardloop tans 'n special van R59/kg vir 'n halwe of heel lam. Mens moet maar uitkyk vir hierdie specials. As jy 'n pakkie tjoppies so nou en dan by PnP gaan koop, gaan jy hoes.

Ek sien 'n bosveld plaas se pryslys nou onlangs. R6000 vir 'n koedoe koei. Nee wat, hy moet daai koedoe koeie maar lekker try smous vir R6k. Dit betaal ek nie vir vleis nie.
Doomslayer wrote:Ja jag is lekker en wildsvleis ook - maar hy kom nie naby bees of skaap nie, nie enige dag van die jaar nie! Ek kan by die slagpale op die dorp A-graad bees koop vir R35-45/kg afhangende van die tyd van die jaar. As ek nie wildsvleis kan land teen 'n prys van R25-40/kg deur te jag nie, dan jag ek eenvoudig net nie. Ek kan my skietlus en -liefde net so lekker uitleef met teikenskiet, takskiete, taktiese skietkompetisies, F-klas, bisley, silhouette ens.
Ek stem 100% saam.
Net so! Kan vir R6000 darem 'n mooi klompie skaaptjops koop! Verder skiet ek die ghonge lat hulle hop.

Re: Ons moet ophou kla oor wild pryse

Posted: Mon Feb 02, 2015 9:20 pm
by .223 JAGTER
Koop maar direk by boer en skakel middelman uit dit is alles die moeite werd en dit pas jou buursie ek weet almal kan nie by boere koop nie maar die wat in daai posisie is. Party mense betaal maar meer by slaghuis want dit is meer gemaklik vir hom .