Page 1 of 1

Nuwe roeper

Posted: Fri Jan 30, 2015 10:40 am
by Smirre
More
Lyk nie ek gaan regkom met die remote op die FX 5 nie

Watter roeper is tans die een om te koop?

Smirre

Re: Nuwe roeper

Posted: Fri Jan 30, 2015 11:28 am
by pieter h
Smirre die ervare manne sal v beter weet.Ek gebruik nou al 4jr die Spitfire en het nog nooit probleme gehad nie.Groete Pieter

Re: Nuwe roeper

Posted: Fri Jan 30, 2015 12:11 pm
by Smirre
Die feit dat die Spit en Wildfire nie antenna's het nie...hoe ver kan jy die roeper uitplaas.

Sien ek moet dalk die Fusion vat

Smirre

Re: Nuwe roeper

Posted: Fri Jan 30, 2015 12:17 pm
by pieter h
Ek monteer hom op n vidio 3poot wat hoog staan en plaas hom so 60-70 m weg.Het om al verder gesit.Glo nie jy hoef verder te plaas as jy wind reg gebruik nie.

Re: Nuwe roeper

Posted: Fri Jan 30, 2015 12:21 pm
by Gernie
Ja nee die afstand van my Wildfire pla my ook, hy sukkel op 80.

Re: Nuwe roeper

Posted: Sat Jan 31, 2015 6:11 am
by Henry 7
Smirre
Wat's fout met jou FX5 se remote?
Henry

Re: Nuwe roeper

Posted: Sat Jan 31, 2015 7:10 am
by Cobus(Cobb)
Smirre wrote:Die feit dat die Spit en Wildfire nie antenna's het nie...hoe ver kan jy die roeper uitplaas.

Sien ek moet dalk die Fusion vat

Smirre
My spitfire en Hennie se wildfires, werk jolig oor die 140m, Hennie het sy Wildfire al op 200m laat werk(op die sportveld)...
Maak die ding oop, die arial draad loop in die handvatsel, haal hom uit en druk hom deur gaatjie wat jy in handvatsel boor en sit hom op tripod of vispen of iets.....140m in die nag om roeper te sit is woes vêr....

Tried and tested.

Cheers

Re: Nuwe roeper

Posted: Sat Jan 31, 2015 7:44 am
by Smirre
Henry, die transmit knoppie draai maar as jyhom druk om die klank te Kies maak hy niks

Re: Nuwe roeper

Posted: Sat Jan 31, 2015 9:44 am
by Francois Marais
Smirre

As jy sou belangstel om jou roeper sonder remote te verkoop sal ek belangstel, dalk om jou nuwe een te help finansier....

Mooi loop
Francois

Re: Nuwe roeper

Posted: Sat Jan 31, 2015 10:31 am
by Henry 7
Hoekom stuur jy nie 'n e-mail vir FoxPro en hoor of jy nie dalk 'n remote kan kry nie-sal goedkoper wees as nuwe roeper al moet jy hom invoer.

Re: Nuwe roeper

Posted: Sat Jan 31, 2015 3:31 pm
by henrygriffiths
ek is nou in amerika, gaan volgende week by skou wees waar foxpro ook sal wees hulle was laasjaar ek kan dalk n remote saambring as jy wil,

Re: Nuwe roeper

Posted: Mon Feb 02, 2015 10:25 am
by Smirre
More

My remote is herstel...Gratis binne 10 minute deur n computer verkoosman!!!!
Hy het my ook nie n sent gevra nie...het maar vir hom n kas bier gekoop

Francois,,sorry maar die fx 5 bly nog by my
Henry ..dankie vir die aanbod.

Smirre

Re: Nuwe roeper

Posted: Mon Feb 02, 2015 6:33 pm
by Francois Marais
Smirre
Bly jy het reggekom maat....

Mooi loop
Francois