Page 1 of 1

.223 AI

Posted: Mon Apr 11, 2011 3:33 pm
by Michiel(MCR)
Dag se maters,

Ek wil graag weet wat is die optimale loop lengte vir n .223 AI.
Wil 55gr v-max skiet met 1-12 twist.Ek wil graag n plater trajek he en dan ook die v-max werk beter met die hoer spoed.
Watse spoed kan ek verwag .223 AI   24'/26'/28' LOOP?

Groete.
Michiel.

Re: .223 AI

Posted: Mon Apr 11, 2011 5:16 pm
by raychell
Michiel
Ek het nou die volgende in A Varmint Hunter's Odyssey  raakgelees
Ongelukkig net 50gr Vmax data
Die dopkapasiteit verhoog na 32.4gr water dit is 6.6%
Spoed vehoog na 3685 fps van 3493 fps
Looplengte 26"
Hoop dit gee jou 'n moontlike aanduiding van wat die ding kan doen
Raynie

Re: .223 AI

Posted: Mon Apr 11, 2011 5:29 pm
by Michiel(MCR)
Hi raychell,

Baie dankie vir jou moeite,dit lyk vir my dit gaan baie lekker werk.
Wat sal jy se is die ideale loop lengte? die geweertjie gaan net vir gogga's gebruik word.

Groete.
Michiel.

Re: .223 AI

Posted: Mon Apr 11, 2011 6:50 pm
by Gerhard
Michiel(MCR) wrote: Hi raychell,

Baie dankie vir jou moeite,dit lyk vir my dit gaan baie lekker werk.
Wat sal jy se is die ideale loop lengte? die geweertjie gaan net vir gogga's gebruik word.

Groete.
Michiel.
Ek sou vir 26 duim gegaan het met die silencer voor op raak hy lekke lank.

My Hornet het 28 duim loop + silencer raak soms ongemaklik lank in die bakkie...

Re: .223 AI

Posted: Mon Apr 11, 2011 9:48 pm
by Wouter Roets
Hallo Michiel

Die maksimum spoed wat jy kan verwag met 55 V Max koeels in die 223 AI met S321 wat die hoogste spoed van ons poeiers gee is as volg.
24 Duim loop    3383ft/sek
26 Duim loop    3439ft/sek
28 Duim loop    3489ft/sek

Die hoogste node wat jy kan slaan met die verskillende lengtes lope is
24 Duim loop    3250ft/sek
26 Duim loop    3233ft/sek
28 Duim loop    3235ft/sek

Soos jy kan sien is die 24 duim loop jou beste opsie as dit kom op die hoogste node(beste akkuraadheid) wat geslaan kan word. Die ekstra spoed in die langer lope beteken net mooi niks. My 223 AI is ook 24 duim en werk uitstekend met 60-65gr koeels vanwee sy 1:9 twist. Die twist wat jy in gedagte het sal mooi werk met 55gr.

Groetnis
Wouter

Re: .223 AI

Posted: Mon Apr 11, 2011 9:55 pm
by Armand Steenkamp
Jinne nous ek sommer teleurgestel in die ackley.Lyk nie of dit baie meer as die standaard 223 is nie :'(

Groete Armand

Re: .223 AI

Posted: Mon Apr 11, 2011 10:23 pm
by Wouter Roets
Armand

200 ft/sek is 200ft/sek! Onthou die gewone 223 sou glad nie daai node kon slaan nie en sou moes settle vir n node laer wat dan nou nog steed om en by 200ft/sek laer sou gewees het. Ackley gaan ook nie net oor die spoed wat jy wen nie maar oor baie meer ander byvoordele.

Groetnis
Wouter

Re: .223 AI

Posted: Tue Apr 12, 2011 6:09 am
by Michiel(MCR)
Hi Wouter,

EK se vir jou baie dankie vir daardie inligting, dit was nou baie leersaam vir my gewees.
Se my ek verstaan S321 IS BAIE meer tempratuur sensitief as S335 vir die .223 is dit waar?

Groete.
michiel.

Re: .223 AI

Posted: Tue Apr 12, 2011 7:35 am
by Wouter Roets
Michiel

Altwee poeiers reageer dieselfde in die mate dat die spoed en druk opgaan indien die hitte opgaan maar die probleem kom in as die temperatuur terugkeer na normaal. Dan behou S335 sy oorspronklike eienskappe beter as S321. Hierdie verskil in denamiese eienskappe kom meer na vore met hoe temperatuur as met lae temperatuur en sal ek se is n groter hindernis met kalibers wat aangewend word in gevaarlike wild aplikasie op baie warm gebiede. S321 het n redelike spoed voordeel oor S335 in die 223AI so n persoon moet maar in n mate saamleef met hierdie verskeinsel.

Groetnis
Wouter

Re: .223 AI

Posted: Tue Apr 12, 2011 8:16 am
by Armand Steenkamp
Wout
Ja ek het seker nou bietjie my bek te gou gerek.Vir intresantheid,het jy n 223ackley?
Een van die voordele van die ackley is mos langer dop lewe?
Jy weet nie dalk hoe die loop lewe is nie?

Groete armand

Re: .223 AI

Posted: Tue Apr 12, 2011 8:31 am
by Wouter Roets
Hallo Armand

Ja ek het n 223 AI, hy is een van 6 Ackley's. Die goedjies laaik ek baie! Dapper soldaadjies lyk hulle vir my!
Ja looplewe dink ek nie sal veel verskil van die oorspronklike nommer nie. n Mens verbrand meer poeier in hulle wat gewoonlik stadiger is as wat jy gebruik in die oorspronklike kaliber maar lyk my die ontbrandings eienskappe kan dalk n bietjie meer effektief wees vanwee die kleiner taper en skerper skouer. Die 223 AI sal volgens my baie goeie looplewe gee as bv die 22-250.
Doplewe is heelwat minder agv die beperking van braasvloei met die 40 grade skouer en akkuraadheid is oor die algemeen beter. Hierdie is groot stellings maar dit is wat ek tot nou toe ervaar het.

Groetnis
Wouter

Re: .223 AI

Posted: Tue Apr 12, 2011 9:07 am
by Armand Steenkamp
Wout.
Ek is ook n groot ackley man.Haha kort nog net n ackley roer!

Jy se doplewe is heelwat minder?Verstaan ek nou vereerd?Ek het n meen dit san langer wees oor die min brass vloei?

Groete Armand

Re: .223 AI

Posted: Tue Apr 12, 2011 9:42 am
by Wouter Roets
Armand

Valkoe! Ek het bedoel heelwat MEER. Wys jou moet dalk eers my koffie drink! Ja so gemiddeld 3-5 keer afhangende hoe warm die ladings is.

Groetnis
Wout

Re: .223 AI

Posted: Tue Apr 12, 2011 9:51 am
by Michiel(MCR)
Ek het dit so Wouter,baie dankie vir al jou insae ek wardeer dit regtig baie.

Groete.
Michiel.

Re: .223 AI

Posted: Tue Apr 12, 2011 10:39 am
by Armand Steenkamp
Wout

Ek vra nou sommer vir almal se onthalwe en ons is tog op die onderwerp.
Wat is die kostes aan verbonde?
Hoefeel os dit om na 223ackley toe te ream?
Die dies?Is hulle duurder?
Dis daar ander kostes aan verbonde?

Groete armand

Re: .223 AI

Posted: Tue Apr 12, 2011 7:26 pm
by raychell
Michiel MCR
Looplengte,vat 'n loop so lank as wat jy kan kry,in ons land het jy nie die luukse om 'n kort loop te koop nie, begin by 28" en sny die kamer oor soos jy dit opskiet ,ek kan jou verseker met 'n goeie loop sal jy op elke lengte 'n lading kan uitwerk wat jou 1/2" groep sal gee.
Raynie

Re: .223 AI

Posted: Wed Apr 13, 2011 9:04 am
by Michiel(MCR)
raychell wrote: Michiel MCR
Looplengte,vat 'n loop so lank as wat jy kan kry,in ons land het jy nie die luukse om 'n kort loop te koop nie, begin by 28" en sny die kamer oor soos jy dit opskiet ,ek kan jou verseker met 'n goeie loop sal jy op elke lengte 'n lading kan uitwerk wat jou 1/2" groep sal gee.
Raynie
Ek gaan dit probeer, dankie raychell.
Ek hou van jou plan ;)

Groete.
Michiel.

Re: .223 AI

Posted: Sat Apr 23, 2011 8:07 pm
by Wouter Roets
Hallo Armand

Jammer ek kom nou eers terug maar was so bietjie weg.

Die sny van die nuwe kamer wissel maar tussen die manne. Jy kan jou seker regmaak vir enige iets tussen R500-R900 daarvoor. Die die-stelle is ook gewoonlik dubbel die prys van n die oorspronklike nommer maar ek het al met n paar manne gepraat wat dit nogal heel goedkoop kry. S&O sal seker een van die goedkoopste wees in die verband.

Groetnis
Wout

Re: .223 AI

Posted: Thu Apr 28, 2011 8:38 am
by Flip Fouche
Welkom terug Wouter!

Flip

Re: .223 AI

Posted: Thu Apr 28, 2011 9:20 am
by Wouter Roets
Dankie Oom Flip

Darem een ou wat mens gemis het! Wanneer sien ons mekaar so bietjie weer?
Ek sien daai twee ettertjies(Sullevin&Babaleeu) kom die naweek hiernatoe sonder om enigsins oe te wys!

Groetnis
Wout

Re: .223 AI

Posted: Thu Apr 28, 2011 9:58 am
by Geno
Wouter Roets wrote: Ek sien daai twee ettertjies(Sullevin&Babaleeu) kom die naweek hiernatoe sonder om enigsins oe te wys!
Nee Korporaal,
Ek's by die huis....

Re: .223 AI

Posted: Thu Apr 28, 2011 10:14 am
by Wouter Roets
Nou wat nou? Is julle naweek af?

Re: .223 AI

Posted: Thu Apr 28, 2011 10:19 am
by Geno
Stefaans is Rebliek toe, ek het gekanselleer.