Page 1 of 3
Watter gr koeels vir plankgeweer
Posted: Wed Jan 21, 2015 10:30 pm
by Topcat
Ek het bietjie die topics deurgehardloop en dalk gemis.
Ek wil my plank ook gebruik vir papier skiet.As daar dalk van die oud plankskieters is wat my dalk kan help met watter gr koeel ek kan gebruik sal ek bly wees.Ek het gedink aan iets soos 155gr.Sommiges se ek moet ligter gaan,party se swaarder.Die twist is 1 op 11.En gaan net gebruik word vir papier.
Ander vraag,S355 of S335.
Raad word waardeer.
Philip
Re: Watter gr koeels vir plankgeweer
Posted: Wed Jan 21, 2015 10:48 pm
by Hein M.
Philip
Ek skiet 150gr Nosler BT's voor 42.5gr S335. Met die regte dopvoorbereiding en TPL is dit hoogs akkuraat uit my Plank. Ek skiet ook 168 Nosler CC voor 39.5gr S335. Werk net so mooi.
Ek het ook laasweek 130gr Impalas voor 43.5gr S335 op 100m gegooi. Die drie skote het mekaar gesny.
155gr Koeëls is veronderstel om die Planke se eintlike prime steak te wees. Sal nog daar kom
Moet sê, 'n 308 is nie vol nonsens nie - as jy hom finetune loop hy mooi.
Ek het nie geld vir duur toerusting nie en skiet maar tot op 300m. Die geweer het my nog net verbaas.
Ek het 355 in my 243 gebruik vir ligte punte. Gebruik dit nie nou nie. S321 is 'n heerlike kuit om mee te herlaai, maar het dit tot op hede nog nie probeer nie. Die 335 werk, so ek sukkel nie.
Re: Watter gr koeels vir plankgeweer
Posted: Wed Jan 21, 2015 10:51 pm
by Topcat
Baie dankie Hein.Dink jy eerder ligter as swaarder?Wat is jou twist?
Re: Watter gr koeels vir plankgeweer
Posted: Wed Jan 21, 2015 10:55 pm
by Hein M.
1-13. Baie goeie skuts glo dat jy die 308 met swaar koeëls moet laai - en die lading styf moet maak. Die meeste snipers skiet bv. met 175gr. koeëls
As jy met benchrest ouens praat (hulle is in 'n custom liga) - glo hulle in 155gr.
Hang natuurlik af wat jou loop se groefdraai is.
Re: Watter gr koeels vir plankgeweer
Posted: Wed Jan 21, 2015 10:55 pm
by Dries101
Ek dink die planke is n 1 to 13.5 as ek reg onthou. 155 grein is hulle kos selfs van die korter 165 greiners soos die hornady Sst en nosler custom comps. Die accubonds wat bietjie langer is maak nie mooi by my nie
Re: Watter gr koeels vir plankgeweer
Posted: Wed Jan 21, 2015 10:59 pm
by Hein M.
Jy is reg.
Ek seat my koeëls ook tot teenaan die lande. Aangesien ek nie maksimum ladings laai nie, is dit 'n veilige praktyk - en het goeie akkuraatheid tot gevolg.
Re: Watter gr koeels vir plankgeweer
Posted: Wed Jan 21, 2015 11:01 pm
by Topcat
My twist is 1 op 11.
Re: Watter gr koeels vir plankgeweer
Posted: Wed Jan 21, 2015 11:02 pm
by Hein M.
Praat môre beslis verder hier.
Mamma begin brom...
Lkr slaap!
Re: Watter gr koeels vir plankgeweer
Posted: Thu Jan 22, 2015 5:44 am
by spekieries
My plank wat bietjie "getwiek" is, maar aksie en loop maar tog pure plank, skiet die 150 to 165 gr almal baie mooi. As ek reg kan onthou is dit 'n 1 in 12 groefdraai.
Re: Watter gr koeels vir plankgeweer
Posted: Thu Jan 22, 2015 6:13 am
by tripodmvr
Planke is gebruik vir Bisley skiet en daar is en word die 155 Palma Match koeël gebruik. Niks keer jou om swaarder of ligter te skiet nie.
Swaarder - iewers gaan jy begin kry dat die 200gr of swaarder nie meer gaan stabiliseer nie - hulle raak te lank. Terugslag is ook meer en as jy baie vêr met ' teleskoop gaan skiet sal jy moet sorg vir genoeg vertikale verstelling
Ligter - sal mooi werk, behalwe dat die BC van die koeëls eina begin raak en hulle baie vinnig gaan val oor die langer afstande.
Koeëls in die 150-175gr is dus 'n veiliger roep waar trajek en wind defleksie in ag geneem word.
Re: Watter gr koeels vir plankgeweer
Posted: Thu Jan 22, 2015 9:00 am
by Riaan Kriel
Ek gebruik 155g Nosler CC met 42.6g S335 op my plank en hy maak nogal mooi
http://i1321.photobucket.com/albums/u550/Duracell/Mobile%20Uploads/IMG-20150121-WA00001_zps6d052ca8.jpg
Re: Watter gr koeels vir plankgeweer
Posted: Thu Jan 22, 2015 10:25 am
by Hein M.
tripodmvr wrote:
Ligter - sal mooi werk, behalwe dat die BC van die koeëls eina begin raak en hulle baie vinnig gaan val oor die langer afstande.
Baie beslis!
Re: Watter gr koeels vir plankgeweer
Posted: Thu Jan 22, 2015 11:23 am
by cassie_calvinia
met daai CC 155gr, sukkel jy om nie een gat te skiet nie
Re: Watter gr koeels vir plankgeweer
Posted: Thu Jan 22, 2015 10:26 pm
by Topcat
Baie dankie manne dit help baie.Ek kan juis van daai nosler teen n goeie prys kry.
Re: Watter gr koeels vir plankgeweer
Posted: Mon Feb 02, 2015 10:19 pm
by Topcat
Re: Watter gr koeels vir plankgeweer
Posted: Mon Feb 02, 2015 10:22 pm
by Topcat
Het toe besluit op 42.0gr s335 en 155gr Nosler cc soos in groep A
Re: Watter gr koeels vir plankgeweer
Posted: Mon Feb 02, 2015 10:54 pm
by Hein M.
Mooi skietwerk!
Re: Watter gr koeels vir plankgeweer
Posted: Sat Apr 01, 2023 1:37 pm
by 30-06
Wie van julle manne het n 25 duim plank. Nie seker hoekom hy so gesny is nie. Blykbaar geblue print. Ek gebruik 42.5 op 155cc maar hyis nog nie waar ek wil wees nie. Waar krap ek eerste. Tpl 71.5
Re: Watter gr koeels vir plankgeweer
Posted: Sat Apr 01, 2023 9:31 pm
by tripodmvr
'n Analise met QL sal al die geweerdata, lading en spoed nodig kry om jou 'n aanduiding van koers te gee.
Re: Watter gr koeels vir plankgeweer
Posted: Sun Apr 02, 2023 10:02 am
by 30-06
Goeie more.
Loop 630mm
Lapua doppe kapasiteit 56.2g
155CC
TPL71mm.(ek dink jump 1mm)
42.5g 335
Drie verskillende datums se spoed by kroon ook verskillende chronies
2788,2754,2748
2739,2747,2742,2716
2739,2722,2737,2747
Re: Watter gr koeels vir plankgeweer
Posted: Sun Apr 02, 2023 11:13 am
by tripodmvr
Ek het die laste twee stelle se gemiddeld van 2736vps gevat vir kalibrasie. Dit dui daarop dat jy met 42,5gr by die halfnode tussen nodes 4 en 5 is.
Node 5 = 40,8gr vir 2644vps
Node 4 = 44,5gr vir 2840vps. Druk bereken as 60K psi (Maks = 62K psi)
Node 4 is wat die meeste Bisley skuts voor mik en jy sal dit versigtig moet benader om die spoed reg te kry. Daardie lope is gewoonlik 28-32 duim in lengte. My ladings aangetoon is goeie riglyne, maar druk neem nie altyd reglynig toe nie. Ek sou 44 en 44,5gr laai en kyk wat maak die spoed en groepe.
Re: Watter gr koeels vir plankgeweer
Posted: Sun Apr 02, 2023 12:40 pm
by 30-06
Dankie
Re: Watter gr koeels vir plankgeweer
Posted: Sun Apr 02, 2023 12:41 pm
by 30-06
Hoe verskil half node van vol node
Re: Watter gr koeels vir plankgeweer
Posted: Sun Apr 02, 2023 12:47 pm
by Francoisv
44+gr S335 baie warm lading. Ek sou dit nie waag.
Shoot straight
Re: Watter gr koeels vir plankgeweer
Posted: Sun Apr 02, 2023 1:37 pm
by 30-06
Ek wonder self oor daai lading, hou maar eerder van veilig speel.