Page 1 of 1

Ag nee jag plek maak "toe"

Posted: Wed Jan 21, 2015 2:48 pm
by NetEk
Ek is op soek na jag plek die Paasweek 3/04 toe 11/04.

Ons sal 4 jagters wees en 5 kortvolk so die plek moet "kids" vriendelik wees.
Moet ook nie 'n laanie lodge wees nie (die minister van finanse) kamp is ook reg as ons moet.

PM my as julle enige advies het.

Ek is nou desperaat. ons was geboek en alles toe ek bel om die deposito oorteplaas reken die Tannie my "nee ons jag nou nie meer die jaar nie ons gaan net Fotografie toere doen"

Re: Ag nee jag plek maak "toe"

Posted: Wed Jan 21, 2015 3:55 pm
by Boesman10
Ek weet nou nie waar in die land jy is nie maar as jy Wes Kaap toe wil kom vir jag stuur dan 'n epos na master@wetdog.co.za en ek kan vir jou 'n paar plekke se pryslyste stuur. Jou tydsberekening vir Paasnaweek mag amper heel onmoontlik wees as jy nog nie al klaar by 'n plek in is nie.

Re: Ag nee jag plek maak "toe"

Posted: Wed Jan 21, 2015 4:02 pm
by NetEk
Dankie Boesman ons soek juis plek in Limpopo. Ons groepie (pelle) kom so oorals van ver noord middel noord en ou noord transvaal.

Ek is so briesend ons het spesiaal 'n trip gemaak na die plek (Ellisras) toe laas jaar om hulle uit te kyk, want ons vorige jag plek behoort nou aan die land claims. En toe het die Tannie gesê nee dis reg sy het nou net nog nie haar boek nie maar sy sit ons op vir daai week alles in die hak. En toe laas week toe ons bel toe is hulle toe vir jag.

Re: Ag nee jag plek maak "toe"

Posted: Wed Jan 21, 2015 4:08 pm
by tripodmvr
NetEk, ons gebruik is dat nuwe lede hulle voorstel onder nuwe aansluitings. Jy vry ons dik om jagplek te reël terwyl ons jou nog nie ken nie. Indien jy reeds so gemaak het ignoreer my skrywe. Welkom in elk geval.

Re: Ag nee jag plek maak "toe"

Posted: Thu Jan 22, 2015 7:59 am
by NetEk
Jammer ek is net desperaat sal myself gaan voorstel.

Re: Ag nee jag plek maak "toe"

Posted: Wed Jan 28, 2015 1:05 pm
by NetEk
Ons het toe 'n plek gekry. Dankie vir almal wat gehelp het.

Re: Ag nee jag plek maak "toe"

Posted: Wed Jan 28, 2015 2:36 pm
by 375fanatic
NetEk wrote: toe ek bel om die deposito oorteplaas reken die Tannie my "nee ons jag nou nie meer die jaar nie ons gaan net Fotografie toere doen"
dit is net nuwe woorde vir ons rooibok ooie en wildebeest koeie gaan veiling toe :laugh:

Re: Ag nee jag plek maak "toe"

Posted: Wed Jan 28, 2015 3:24 pm
by NetEk
Nee ek dink dis mooi vir " ons is bang die jagters skiet ons nuwe goue blou wildebeeste" ....