Page 1 of 1

Nuwe sandtrapper wat reeds te lank gewag het om aan te sluit

Posted: Mon Jan 19, 2015 8:20 am
by Beer
Goeie dag almal, ek is Johan Beer, woon in Kathu en is mal oor jag en visvang. Ek is besonder bevoorreg om omring te wees met goeie vriende wat dieselfde passie as ek deel, moet net meer tyd maak en meer betrokke wees met hulle. Ek skiet met `n 243 Vektor, 308 Mayser P14 en 9mm Vektor.

Ek was baie bevoorreg om onlangs Hein se jakkalsroep kursus by te woon. Ek sien uit om verder jul manne en maninne se kennis en ervaring te deel op die forum. Dankie vir die voorreg om deel te wees van die groep.

Re: Nuwe sandtrapper wat reeds te lank gewag het om aan te s

Posted: Mon Jan 19, 2015 8:27 am
by James Wilson
Hartlik welkom!

Re: Nuwe sandtrapper wat reeds te lank gewag het om aan te s

Posted: Mon Jan 19, 2015 9:22 am
by 243Songdaug
Hartlik welkom ou Bere! Jy moes lankal op die forum gewees het - ek weet sommer dat jy dit hier sal geniet. Deel gerus jou kennis en planne.

Ek ken jou gelukkig goedgenoeg om te weet dat jou planne nooit opraak nie.

Re: Nuwe sandtrapper wat reeds te lank gewag het om aan te s

Posted: Mon Jan 19, 2015 9:31 am
by MichielC
Baie Welkom Beer

Re: Nuwe sandtrapper wat reeds te lank gewag het om aan te s

Posted: Mon Jan 19, 2015 9:43 am
by jamalley
Baie welkom mater, hoop jy geniet dit baie hier

Re: Nuwe sandtrapper wat reeds te lank gewag het om aan te s

Posted: Mon Jan 19, 2015 9:45 am
by Boesman10
Welkom Beer.

Re: Nuwe sandtrapper wat reeds te lank gewag het om aan te s

Posted: Mon Jan 19, 2015 2:24 pm
by KalahariKlong
Baie welkom Johan, gesels sommer lekker.

Re: Nuwe sandtrapper wat reeds te lank gewag het om aan te s

Posted: Tue Jan 20, 2015 7:54 am
by Beer
Baie dankie manne, ek voel sommer klaar tuis hier by julle.

Re: Nuwe sandtrapper wat reeds te lank gewag het om aan te s

Posted: Tue Jan 20, 2015 1:34 pm
by Dolf014
Welkom Johan. Die Katuters raak nou al meer.