Page 1 of 1
Jakkals inroep met fluitjies
Posted: Fri Jan 16, 2015 5:32 pm
by Eduard Venter
Middag almal. Ons het 2 fluitjies op die plaas die een klink soos n jakkals en die ander een weet ek nie wat se klank dit is nie. My pa hulle het een aand die fluitjies geblaas vir so n uur toe 6 geskiet binne die volgende uur. Ek het noudiedag gaan fluitjies blaas en die jakkalse het heelaand geantwoord maar kon nie sien nie. In desember laatmiddag geblaas toe die aand teruggekeer toe ek daar aankom een gekry net daar. Kon ongelukkig nie bly nie dit het begin reen. Nou wil ek weet is daar n spesifieke manier hoe om fluitjies gebruik? Wat is die moets en moenies? Ek wil hulle nie wild maak nie. Het geen ondervinding in voorsit nie. Ons het nog net 3 keer gaan voorsit en 6 en 2 geskiet een aand net gehoor. Goeie raad sal waardeer word. Dis bosveld area maar daar is dele op die plaas wat baie oop is.
Dankie en groete.
Re: Jakkals inroep met fluitjies
Posted: Fri Jan 16, 2015 6:02 pm
by johans
ek het nie ondervinding met jakkalsroepe op n fluitjie nie maar ek dink jy moet weet wat jy doen
Re: Jakkals inroep met fluitjies
Posted: Fri Jan 16, 2015 6:05 pm
by Eduard Venter
Johan ek wil juis uitvind want dit het nog elke keer gewerk maar ek is bang ek maak hulle wild
Re: Jakkals inroep met fluitjies
Posted: Fri Jan 16, 2015 6:05 pm
by musgrave270
Eduard
Koop Oom Heinrich se eerste roep dvd. Daarop verduidelik hy die tipe fluitjies wat hy gebruik asook hoe om hulle te gebruik. Jy sal nie spyt wees nie.
Groete
Ruan
Re: Jakkals inroep met fluitjies
Posted: Fri Jan 16, 2015 6:07 pm
by Eduard Venter
Dankie ruan waar kan ek die dvd in die hande kry?
Re: Jakkals inroep met fluitjies
Posted: Fri Jan 16, 2015 7:16 pm
by musgrave270
Jy kan dit kry by Jaracal se online winkel. Of pm vir Jaracal hier op die forum. Party geweer winkels hou dit ook aan.
Groete
Re: Jakkals inroep met fluitjies
Posted: Fri Jan 16, 2015 7:21 pm
by Eduard Venter
Dankie ruan sal so maak
Re: Jakkals inroep met fluitjies
Posted: Fri Jan 16, 2015 8:29 pm
by tripodmvr
Het vanaand na die Tenterfield fluitjies geluister en gekyk hoe dit gemaak word. baie eenvoudig om te maak uit yster of aluminium plaatjie en maak geluide wat die Ozzie vosse vinnig laat inkom. Google die naam - baie interessante konsep. Dink dit kan hier by ons ook met sukses gebruik word.
Tenterfield whistles430.jpg
Re: Jakkals inroep met fluitjies
Posted: Sat Jan 17, 2015 7:11 pm
by Martin Marais
Naand Eduard
Ek gebruik die critt'r call fluitjies al vir baie jare met groot sukses. Ek het al drie die modelle,nl Magnum,Standard en Peewee. Peter Schneekluth op Prince Albert verkoop hierdie fluitjies.Heinrich Funck gee ook 'n baie mooi demonstrasie op sy dagroep dvd.
Groete.
Re: Jakkals inroep met fluitjies
Posted: Sat Jan 17, 2015 7:39 pm
by Eduard Venter
Dankie Martin. Gaan definitief die dvd's kry. Ons stel was 3 fluitjies maar iemand het een geleen en nooit teruggebring nie so sit nou net met 2
Re: Jakkals inroep met fluitjies
Posted: Sun Jan 18, 2015 6:35 pm
by Eduard Venter
Wat is die verskil tussen DVD 1 en DVD 2? Is dit die moeite werd om altwee te koop of is net 1 van hulle nodig?
Re: Jakkals inroep met fluitjies
Posted: Mon Jan 19, 2015 7:47 am
by Geno
DVD 1 behandel die basics baie goed.
DVD 2 behandel staanplekke meer.
Re: Jakkals inroep met fluitjies
Posted: Mon Jan 19, 2015 8:21 am
by James Wilson
Ek gebruik nog baie my fluitjie. Baie keer as niks op die Foxpro wil werk nie, dan sal die fluitjie sukses he. Die fluitjie moet natuurlik netsoos die roeppe op n Foxpro gebruik word. Regte roeppe vir die spesifieke tyd van die jaar.
Fluitjie werk lekker vir dagroep.
NB, passop net, as jy so sleg is soos ek, raak jy so uitasem met die blaas, dat jy nie geweer kan stilhou as die jakke inkom nie!!!
Re: Jakkals inroep met fluitjies
Posted: Mon Feb 16, 2015 1:07 pm
by pieter h
Tripodmvr lyk soos fluitjies wat hul vir skaaphonde gebruik.