Is dit met almal so??

Post Reply
Francois Briedenhann
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 452
Joined: Mon May 17, 2010 7:56 pm

Is dit met almal so??

Post by Francois Briedenhann »

My meisie se eks meer ini veld besig om jakkals te jag as wat ek by haar is.
User avatar
roux cf
Full Member
Full Member
Posts: 202
Joined: Sat Mar 26, 2011 7:38 pm

Re: Is dit met almal so??

Post by roux cf »

;D ;D ;D ;D
sy kan se dankie jy is in die veld en nie by n skelmpie nie ;)
my vrou het vir my gery, voor die kinders, maar sy raak ook
maar moeilik as ek baie jag.
sterkte

      charl
Laat jou roer die praatwerk doen!!!
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5124
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Is dit met almal so??

Post by Pvdw »

FB dis darm beter en goedkoper as om in die kroeg te sit en suip :D :D

Wat ek doen is om my vrou -in jou geval meisie- 'n dag/naweek te gee waar sy doen waarvoor sy lief is en dan hou ek die seuns onder haar voette uit en sy relax vir die dag. Kom my dag in die vald of langs Sterkfontein met die vliegstok is sy meer as tevrede/gewillig om my, my dag/naweek te gun. Werk beide kant toe ver my en vroulief :)

Peet
Work to live, don"t live to work
222
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 438
Joined: Sat Feb 07, 2009 6:26 pm

Re: Is dit met almal so??

Post by 222 »

Peet

Die "onder die voete uit" uithou kan vir 'n man nogal probleme veroorsaak as hulle (seun) ouer raak. Ek het my seun ook onder sy ma se voete uitgehou nou jag hy en ek moet ry ;D. Ek weet blykbaar nie altyd mooi wat ek doen nie ???.

Die geluk is darem dat pa en seun saam uitkom en dat mens saam kan gesels oor diep dinge.

Het nou die dag vir my vrou gese (nadat ek weer niks kon regdoen nie) dat ek sweer dat toe Abraham vir Isak moes gaan offer het, Isak 13 jaar oud was ;). Hulle weet mos alles op die ouderdom en jy kan hulle niks leer nie, net as iets verkeerd loop is daar so "maar hoekom het pappa my nie gese nie?"

Nee wat ek hou my ou seun  en my meisiekind met die grootste plesier onder ma se voete uit. Dit is sommer haar aand alleen en ek en my kinders geniet die aand met sy sterre, sataliete en geluide met plesier alleen.
Get the facts! Not the apparent facts, the assumed facts, or the hoped-for facts, but the real facts.

.22 Remington P/A
.243
.308
.303 Epps
12 Boor P/A
7.65 FN/Browning
Glock 19
Silent Hunter KD's
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5124
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Is dit met almal so??

Post by Pvdw »

222 dis mos nou 'n wenresep daai!! My seuns is nou 13 en 17. Hulle skiet en vis ook altyd saam met my maar soms gebeur dit dat ek op uitnodiging kan gaan vis of skiet. Dis dan net daar wat ek die gunsies van Ma se kant af moet inkry om my uit te help. Die res van die tyd is hulle aan my sy in die veld of op die water ;) ;) Dis hoekom ek weet dis 'n wenresep.

Peet
Work to live, don"t live to work
User avatar
baboonstalker
Hero Member
Hero Member
Posts: 692
Joined: Wed Aug 25, 2010 8:37 pm

Re: Is dit met almal so??

Post by baboonstalker »

FB, Ek het gedink jou probleem is veel erger jong! ek dog eers jy bedoel jou meise se ex (lees vorige boyfriend) maak jag op jou territory - nou daardie is 'n probleem
As jou meisie dink jy is liewer vir jag as vir haar- nee wat, bederf haar net elke keer as jy van die veld af terugkom en sy sal aanmoedig om te gaan jag. - geen probleem! :laugh:
Francois Briedenhann
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 452
Joined: Mon May 17, 2010 7:56 pm

Re: Is dit met almal so??

Post by Francois Briedenhann »

Hahaha dit klink na n plan baie dankie vir die raad. En ek kan ha nie saam vat nie want dan mag ek nie die woef skiet nie want hulle is tog te oulik....
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5124
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Is dit met almal so??

Post by Pvdw »

Wys haar die foto's wat FM hier geplaas het van die skade wat jakke aanrig dan verander die oulikke woef vinnig ;) ;)

Peet
Work to live, don"t live to work
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Is dit met almal so??

Post by Geno »

Ek het verlede jaar met vaaltyn dag my eks (dalk hoekom dit nou eks is) gevat om te gaan jag.
Sy't gelig, en ek het 'n bosvark geskiet......
Sy moet my vat met my jagtery, en ek sal haar vat met haar storietjies.

Groete,
Eugene
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
baboonstalker
Hero Member
Hero Member
Posts: 692
Joined: Wed Aug 25, 2010 8:37 pm

Re: Is dit met almal so??

Post by baboonstalker »

Mooi man Geno, Ek is seker jy sal nie daardie een in 'n handboek sien nie! Het julle toe sommer daar langs die bosvark ge piekniek en bietjie romanties verkeer?
Ek hoor anderdag hulle s? op die radio dat 60% van vroue eerder sal slaap as om met hulle mans te kafoeffel, ek dink as hulle 'n opname maak onder die mans op die forum, dan is die vrouens almal alleen in die bed terwyl die mans in die veld is, 100%!
P
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Is dit met almal so??

Post by Geno »

Bojaanbekruiper,
Het julle toe sommer daar langs die bosvark ge piekniek en bietjie romanties verkeer?
Nee mater, ek het haar 'n praktiese slagkursus gegee  ;D
Toe die vark in die koelkamer hang, was dit al goed na 11 uur die aand, toe raak ons darem moeranties!  :-*  :-*  :-*

Groete,
Eugene
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
MJK
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 466
Joined: Thu Mar 11, 2010 5:19 pm

Re: Is dit met almal so??

Post by MJK »

Wel Geno

As daar niks in die veld is nie sal ek darm maar moeilik hanne tuishou en eers wag tot na die jag....  ;)

My geliefde het maar die aftog geblaas, met 4 manne in die huis is sy maar soms net te dankbaar van ons is weg... behalwe as dit elke naweek raak en werkies staan stil by die huis. :police:
Ponkie
Hero Member
Hero Member
Posts: 949
Joined: Wed Nov 04, 2009 7:08 pm

Re: Is dit met almal so??

Post by Ponkie »

Francois

Jong eks maar 'n rapsie ouer as jy, is nou maar eers 20, maar ek en my ou meisietjie gaan nou al van st8 af uit. "n jaar se long distance survive en nous sy saam my hier op Stellenbosch. My Pa het vir my gese as jy die regte een vind moet jy vir haar vashou! haha! Sy het ook in die begin nukkerig geraak as sy vir my kom kuier en eks knaend saans uit om te jag en deur die dag kom ek net huistoe om iets te eet! Sy het gou gou daarmee vrede gemaak, bederf haar maar net gereeld en gee net genoeg aandag! Ek het haar nou al gevat dat sy haar eerste bok skiet en was al 'n keer of wat saam uit om jakkals te jag. Sy sit en slaap gewoonlik net, maar sy like dit om die jakkals te sien inkom!

Mens kan nie altyd aandag gee nie, maar daar is maniere om bietjie te compensate. Sy ry saam my trekker en gaan gereeld saam veld toe, maar sy bly steeds 'n dame. Sy sal nou nie 'n dorperlam vang of bok se pens uithaal nie, sy wil maar net by wees en fotos neem.

Lekker jag ou maat!

Groetnis
POnkie
22-250 Remington Model 700 VLS
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3527
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: Is dit met almal so??

Post by Armand Steenkamp »

Hahaha as n man n nooi kry wat van die plaas en van jag en daai goete hou dan  kan jy maar vasmaak daar!
Veral as haar pa nog n plaas het! Maar nou ja hulle is mos maar skaars!!!
Hou die lood ini lug!
Tikka 3006Ackley
Howa 204 ruger
6.5x55Ackley
243Howa Varminter
357Taurus
303Br
.22Norinco
.38 Rossi
577/450 Martini
Brno .22Hornet
Francois Briedenhann
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 452
Joined: Mon May 17, 2010 7:56 pm

Re: Is dit met almal so??

Post by Francois Briedenhann »

Julle is gelukig my girl wil nie eers op n gong skiet met m .22 nie sys te hardegat dink ek
Post Reply