Ek wil graag hulp vra oor die vuurwapen wet en ander bykomende informasie. Om deur n/die klomp “verdeelde” drade te lees is n bietjie intimiderend en veroorsaak verwarring. Die wat antwoorde gee, sal julle asseblief julle antwoorde staaf deur n verwysing na die wet te gee asseblief. Anders bly dit maar nogsteeds net n “hoor se” wat dalk nie wettig is nie.
Vir nuwe wapen eienaars:
Lisensies.
Jag wapen hernu = 10jaar?
Self verdediging wapen hernu = 5jaar?
Bevoegdheid hernu = Hoef nie hernu te word nie (once off)?
Patroon/Ammunisie.
Sosiale jagter/sport = max 200 Petrone per wapen in jou besit?
Toegewyde jagter/sport = max
Sosiale jagter/sport = Hoeveel koeels, dope, dryfmiddel, slagdope ens per wapen in jou besit?
Toegewyde jagter/sport = Hoeveel koeels, dope, dryfmiddel, slagdope ens per wapen in jou besit?
Moet my Ammunisie ook in die kluis toegesluit wees of mag ek dit in die motorhuis (in n hout kas) stoor?
Kluis.
Mag ek my eie kluis (kluiskamer) bou uit staal of bakstene? Wat behels dit en wat is die spesifikasies vir dit?
Mag ek n klein kluis in my kar sit (vasbout) om my self-verdediging hand wapen in toe te sluit sou ek op verlof wees en vining vir so uur in die see gaan swem?
By voorbaat, dankie vir die antwoorde en dan wil ek ook vra dat as die “format” waarop die vrae gevra word better gestel kan word, dan is julle welkom om dit te verander en by te las.
Groete.

