Page 1 of 1

PLANTLUISE OP SUURLEMOENBOOMBLARE

Posted: Sun Jan 11, 2015 9:13 pm
by engels
Kan enige iemand my asseblief inligting gee oor 'n gifstof wat "wolluise" op die onderkant van sitrusbome beheer? Ek het al omtrent alles probeer maar niks is effektief nie. Ek het gehoor van 'n gifstof wat jy blykbaar op die grond onder die boom strooi en dan deur die boom op geneem word, maar ek kon dit nog nie opspoor nie

Re: PLANTLUISE OP SUURLEMOENBOOMBLARE

Posted: Sun Jan 11, 2015 9:16 pm
by spekieries
En nou mnr. Engels ek dog ons los ons bome net so. Grap net, sal ook die inligting waardeer.

Re: PLANTLUISE OP SUURLEMOENBOOMBLARE

Posted: Sun Jan 11, 2015 9:38 pm
by Johan Nel
Citrimet en Confidor is produkte wat slegs in kommersiƫle verpakkings voorkom. Probeer sipermetrien. Dit kom in kleiner verpakkings voor en is redelik goedkoop.

Re: PLANTLUISE OP SUURLEMOENBOOMBLARE

Posted: Sun Jan 11, 2015 9:45 pm
by Fanta300
Ek teel so bietjie met Clivias en sukkel ook met wol luise. Het raad gekry by kwekery. Meng 1 teelepel Bloekom olie en een teelepel Sunlight Liquid op 1 liter water. Twee jaar laas 'n wol luis gesien. Veilig en omgewings vriendelik.

Re: PLANTLUISE OP SUURLEMOENBOOMBLARE

Posted: Sun Jan 11, 2015 10:12 pm
by killshot
Efecto het n produk 'Insekte korrels plus', wat amidacloprid bevat. Baie goed vir enige insekte op jou plante.

Re: PLANTLUISE OP SUURLEMOENBOOMBLARE

Posted: Mon Jan 12, 2015 7:59 am
by Kallie Fernhout
Wetcit is ook n produk wat die lys se dop oplos en hy daarna vrek en uitdroog

Re: PLANTLUISE OP SUURLEMOENBOOMBLARE

Posted: Mon Jan 12, 2015 8:21 am
by DanieDegenaar
Ek sukkel weer met krulblaar op my suurlemoen boom. Het nou al goed op stam gegooi wat aanbeveel is maar ek sien nie dat dit regtig n verskil maak nie. Is daar eenige iets wat iemand van weet wat hiervoor sal werk?

Dankie

Re: PLANTLUISE OP SUURLEMOENBOOMBLARE

Posted: Mon Jan 12, 2015 11:11 am
by Johan Nel
Degenad wrote:Ek sukkel weer met krulblaar op my suurlemoen boom. Het nou al goed op stam gegooi wat aanbeveel is maar ek sien nie dat dit regtig n verskil maak nie. Is daar eenige iets wat iemand van weet wat hiervoor sal werk?

Dankie
Kan jy foto plaas van die probleem?

Re: PLANTLUISE OP SUURLEMOENBOOMBLARE

Posted: Mon Jan 12, 2015 12:21 pm
by win270
Kyk bietjie by:

http://www.gardeningknowhow.com/edible/ ... leaves.htm

Ek vermoed jou boom het die sg. psyllids probleem.

Re: PLANTLUISE OP SUURLEMOENBOOMBLARE

Posted: Mon Jan 12, 2015 1:07 pm
by DanieDegenaar
Johan Nel wrote:
Degenad wrote:Ek sukkel weer met krulblaar op my suurlemoen boom. Het nou al goed op stam gegooi wat aanbeveel is maar ek sien nie dat dit regtig n verskil maak nie. Is daar eenige iets wat iemand van weet wat hiervoor sal werk?

Dankie
Kan jy foto plaas van die probleem?
Ek sal vannaand bietjie afneem en dan op sit.

Re: PLANTLUISE OP SUURLEMOENBOOMBLARE

Posted: Mon Jan 12, 2015 7:33 pm
by Skolla
Engels
Kohinor, is die produk wat deur die plant opgeneem word, ek dink dit word een keer n jaar toegedien, vroeg genoeg sodat die vrugte nie besmet word nie. Lees die etiket.

Degenad
Krulblaar kan ook veroorsaak word deur n Magnesium tekort, baie algemeen.
Maar dit is moeilik om te raai as jy dit nie gesien het nie.Kan ook heel verkeerd wees.

Groete

Re: PLANTLUISE OP SUURLEMOENBOOMBLARE

Posted: Mon Jan 12, 2015 8:20 pm
by engels
Baie dankie vir al die terugvoer. Gaan beslis dit prober!

Re: PLANTLUISE OP SUURLEMOENBOOMBLARE

Posted: Tue Jan 13, 2015 8:04 am
by DanieDegenaar
Skolla wrote:Engels
Kohinor, is die produk wat deur die plant opgeneem word, ek dink dit word een keer n jaar toegedien, vroeg genoeg sodat die vrugte nie besmet word nie. Lees die etiket.

Degenad
Krulblaar kan ook veroorsaak word deur n Magnesium tekort, baie algemeen.
Maar dit is moeilik om te raai as jy dit nie gesien het nie.Kan ook heel verkeerd wees.

Groete
Dankie almal, het skoon vergeet om foto te neem. Sal gou kyk of ek my vrou aan die werk kan sit by die huis >:D

Re: PLANTLUISE OP SUURLEMOENBOOMBLARE

Posted: Tue Jan 13, 2015 8:19 am
by DanieDegenaar
Hier is hoe my probleem lyk

Re: PLANTLUISE OP SUURLEMOENBOOMBLARE

Posted: Tue Jan 13, 2015 9:04 am
by Johan Nel
Degenad,
Daardie is tipies maar psylla skade. Dis klein insekte wat reeds wanneer die blare besig is om te ontwikkel, aan die onderkant van die blare begin suig en hulle daar inwoel. Die uitstulpings en knoppe is wat deur hulle gevorm word. As jy op die nuut ontwikkelend blaartjies gaan kyk, wanneer jy die blaar omdraai dat die onderkant van die blaar na die sonkant wys, sal jy sien hoe skarrel hulle om uit die son weg te kom. Die produkte wat genoem is nl, sipermetrien, neem of ligte minerale olie, citrimet, is alles produkte wat dit sal bestry. Krities is eerste bespuitings vroeg in die seisoen, met opvolg bespuitings, soos nodig. Ek sal bietjie later 'n lys van huidige beskikbare middels opsit.

Re: PLANTLUISE OP SUURLEMOENBOOMBLARE

Posted: Tue Jan 13, 2015 10:18 am
by DanieDegenaar
Johan Nel wrote:Degenad,
Daardie is tipies maar psylla skade. Dis klein insekte wat reeds wanneer die blare besig is om te ontwikkel, aan die onderkant van die blare begin suig en hulle daar inwoel. Die uitstulpings en knoppe is wat deur hulle gevorm word. As jy op die nuut ontwikkelend blaartjies gaan kyk, wanneer jy die blaar omdraai dat die onderkant van die blaar na die sonkant wys, sal jy sien hoe skarrel hulle om uit die son weg te kom. Die produkte wat genoem is nl, sipermetrien, neem of ligte minerale olie, citrimet, is alles produkte wat dit sal bestry. Krities is eerste bespuitings vroeg in die seisoen, met opvolg bespuitings, soos nodig. Ek sal bietjie later 'n lys van huidige beskikbare middels opsit.
Baie dankie vir al die hulp. Ek gaan dit dit beslis gebruik.