Vergelyking van twee chronograwe - Prochrono
Posted: Wed Jan 07, 2015 7:56 pm
Ek en Cobus Cobb het gister sy 243 ladings met 'n nuwe Lot dryfmiddel gaan uittoets en toe 2 chronys in lyn opgestel.
Die een eerste in lyn was 'n ou Prochrono wat ek aan Cobus gesmous het en dateer uit die 90's. Die ander een is die nuwe Prochrono Digital wat my kersgeskenk was - my CED was nou al so lank op die krukkelys dat ek iets moes kry om spoed te meet.
Die 2 instrumente was so meter uitmekaar opgestel en ons het 10 skote se spoed neergeskryf. Ek het nie die spesifieke getalle nie, maar die nuwer chrony het baie konstant ongeveer 33vps minder gemeet as die ouer model. Hy was wel verder weg van die loop, maar dit sou sekerlik slegs 2 na 3 voet verskil beteken het. Gemiddelde spoed was oor die 3100vps.
Gesien in die lig van 'n 0,5 na 1% presisie voorspel vir die spoedlesings deur die vervaardiger is dit binne die' syfer. 1% van 3100 = 31vps. Die resultate is dus 'n aanduiding dat die spoed baie konstant waargeneem is en daar nie groot uitskieters was nie. Gee bietjie gemoedsrus om die' syfers dan in QL te gebruik.