Page 1 of 3
Goed wat loopgroewe opneuk?
Posted: Tue Jan 06, 2015 12:01 am
by Leon Crous
Naand manne,
Na aanleiding van verskeie "posts" wat al genoem het dat 'n kopperborsel jou geweer se loop kan beskadig, wil ek net die volgende simpel vraag vra/redenasie aanvoer:
Behoort monolitiese koeëls dan nie ook amper dieselfde effek op jou loop te hê nie?
Ek vra agv die volgende rede:
Wanneer jy monolitiese koeëls laai, begin jy altyd laer laai as wat minimum voorgeskryf word omdat druk vlakke gewoontlik hoër is as met konvensionele (loodkern) koeëls.
Hierdie verskynsel is direk agv die feit dat die "harder" koeël moeiliker in die loop in "geforseer" (die loop groewe wat in die koeël in-"gedruk" word) word deur die drukking van die ontploffing wanneer die patroon afgevuur word.
Dit beteken mos verhoogde "wear" dan nie?
Wat sou julle manne hiervan dink? En is die kopperborsel dan regtig so groot "no-no"?
Sal interresant wees wat julle dink,
Groete,
Leon.
Re: Goed wat loopgroewe opneuk?
Posted: Tue Jan 06, 2015 6:07 am
by Andre Biltong
More
Ek dink nie dat n koper borsel is skadelik vir n loop nie.Ons gebruik dit al vir donkie jare.If it aint broke why try fix it?Ek stem met jou saam dat sekere punte is skadelik.
Lekker dag
Re: Goed wat loopgroewe opneuk?
Posted: Tue Jan 06, 2015 8:55 am
by Leon Crous
Dankie Andre.
Kom nou manne........ek sien baie ouens lees maar die kommentaar is maar min! (Moet nou nie bang wiesie!)

Re: Goed wat loopgroewe opneuk?
Posted: Tue Jan 06, 2015 9:01 am
by tripodmvr
Die skoonmaak van lope is al baie goed bespreek. My lope word sagkens behandel met slegs lappies en chemiese middels. Jou lande van die geweerloop is slegs 0,10mm hoog in die meeste gevalle. Beskadig jy hulle dan gaan jou loop minder akkuraat begin skiet. Ek hou dus skuurmiddels van enige aard uit my lope - dit sluit dan koperborsels in.
Re: Goed wat loopgroewe opneuk?
Posted: Tue Jan 06, 2015 9:16 am
by vriell
Wanneer is 'n borsel regtig nodig ? Net wanneer chemiese middels nie die loop skoonmaak nie....dis maar my persoonlike mening en dis soos ek dit doen bv. in die geval waar ou 303 weermag rondtes geskiet word en sekere tydsverloop voor skoonmaak.Vandag se kruite het nie regtig daai probleem nie en dus nie nodig om enige skuur middels te gebruik nie tensy nalatigheid van watter aard ookal 'n rol speel by 'n vuil loop.
Re: Goed wat loopgroewe opneuk?
Posted: Tue Jan 06, 2015 1:32 pm
by Frikkie Coetzee
Maak jou loop chemies so goed skoon soos jy kan. Dan borsel jy hom goed en kyk wat kom steeds uit jou loop uit.
Re: Goed wat loopgroewe opneuk?
Posted: Tue Jan 06, 2015 11:43 pm
by Leon Crous
Dankie manne vir die comments!
Ek dink die kopper borsel storie kan ons eers laat vaar. Ek dink elkeen het maar sy eie idees hieroor. (Net so terloops, ek gebruik ook lankal nie meer 'n kopperborsel nie)
Maar wat nou van die ander helfte van die vraag? (Oor die monolitiese koeëls?)
Enige kommentaar spesifiek daaroor?
Re: Goed wat loopgroewe opneuk?
Posted: Wed Jan 07, 2015 12:19 am
by Finfan
Ek persoonlik dink nie n koper borsel sal jou loop enigsins beskadig nie. Koper is baie sag en is die eerste en volgens my mening die enigste materiaal wat sal beskadig/verweer word met die skoonmaak van die loop. Die aantal kere wat jy die borsel deur jou loop trek in die leeftyd van die loop kan ek nie sien sal enigsins as n abbrasive optree nie.
Re: Goed wat loopgroewe opneuk?
Posted: Wed Jan 07, 2015 10:42 am
by Jake1
Ek dink as n koperborsel jou loop kon opneuk sou 500 rondtes deur jou loop van enige koeel die einde van jou loop wees. Ek sien watter korrelasie jy probeer maak Leon en ek stem saam.
Re: Goed wat loopgroewe opneuk?
Posted: Wed Jan 07, 2015 3:33 pm
by Francoisv
Hieronder 'n link na 'n interessante artikel genaamd 'Death of a Barrel'.
http://www.7mm.com.au/death-barrel/
Dinge kan lelik skeef loop as al die negatiewe faktore gelyktydig 'n rol speel. Perfekte Storm.
Re: Goed wat loopgroewe opneuk?
Posted: Wed Jan 07, 2015 3:56 pm
by tripodmvr
Het nou met Andrew Leigh per epos kommunikeer.
Hardheid van geweerlope en ander materiaal in Rockwell waardes weergegee :-
1.) Chroom moly - 23 RW
2.) Stainless - 28-32 RW
3.) Mes 58 -62 RW
4.) Harde Brons (Brass) - Tot en met 40 RW
Die samestelling van geweerloop staal is so dat dit slytasie en ook die drukke moet kan weerstaan. Dit moet dus "taai" wees en nie so hard dat dit sal kraak met uitsetting nie.
Met brons wat so hard kan wees sal ek liefs nie so borsel deur my geweerlope druk nie.
Re: Goed wat loopgroewe opneuk?
Posted: Wed Jan 07, 2015 4:07 pm
by Fanta300
Ek weet darem nie. Daai toets was baie rof op die loop.
Ek dink maar net aan die spreekwoord: "As jy hard genoeg probeer kan jy jou vinger in jou @%& ook afbreek."
Ek doop my koper borsel in geweerolie en stoot hom so 6 keer deur die loop. Drie lappies en hy is skoon. Glo nie ek gaan hom in my leeftyd verwoes nie. Hou nie van die idee van chemiese skoonmakers nie. Iets wat koper vreet kan staal ook vreet. Skuur pasta sal ek ook nie gebruik nie. Hoe hard is daai skuur medium in die pasta?
Maar my 10c. (mens kry nie meer 2 en 5 sente nie}
Re: Goed wat loopgroewe opneuk?
Posted: Wed Jan 07, 2015 4:23 pm
by tripodmvr
Dankie vir die regstelling - brass en brons is legerings van koper - brass = koper en sink terwyl brons = koper en tin.
Ons ou manne het blykbaar besef dat sousies en lappies minder werk is as die geskrop, daarom dat ons die' gebruik voorstaan .
Re: Goed wat loopgroewe opneuk?
Posted: Wed Jan 07, 2015 4:33 pm
by Francoisv
Fanta300 wrote:
Ek dink maar net aan die spreekwoord: "As jy hard genoeg probeer kan jy jou vinger in jou @%& ook afbreek."}
Presies soos wat ek gedink het Fanta.
Re: Goed wat loopgroewe opneuk?
Posted: Wed Jan 07, 2015 6:22 pm
by James Wilson
Leon, ek het al baie debatte en redenasies oor monos vs konvensioneel opgelees. Gewoonlik word daar saamgestem dat die monos matige meer slytasie kan gee.
Ek onthou die een artikel wat ek gelees het, het die skrywer die volgende gevolgtrekking gemaak: " As n 308, 6000 akurate skote gaan gee, sou monos uit daardie selfde loop waarskeinlik 5500 akurate skote gegee het". As dit waar is( en baie redeneer dat monos nie meer slytasie gee nie) dat monos matige meer slytasie gee, sal ek altyd eerder monos vat. Ek praat hier spesifiek van die Barnes tsx tipe monos. Die GSCustom manne sal natuurlik nie omgepraat word nie.
Re: Goed wat loopgroewe opneuk?
Posted: Wed Jan 07, 2015 9:42 pm
by NEGE3
Die meganiese instandhoudings manne sal weet dat ons phosfor bronze busse gebruik het in meganise perse agv die lae wrywings koefisient wat die materiaal bied. Ons het dit gebruik in 100 tot 400 ton perse en ons het selde die krukasse van die perse vervang wat van dood gewone EN19 staal vervaardig was. Die busse was voorsien van olie groewe wat ek dink dieselfde is as jy die borsel gedoop in olie deur die geweer se loop trek.
Dit is nie 'n soliede stuk bronze wat jy deur die loop forseer nie. Die dun draadjies wat maklik mee gee onder druk kan wynig skade doen.
Die bronze borsel is verseker harder as koper anders sal jy in elk geval jou tyd mors om te probeer om die koper en lood uit die loop te borsel.
Re: Goed wat loopgroewe opneuk?
Posted: Thu Jan 08, 2015 9:21 am
by Leon Crous
Sjoe, dankie manne vir al die kommentaar!
Ek dink dis veilig om te sê dat elke ou maar sy eie opinie het. Al gebruik ek dit self nie meer nie, dink ek persoonlik dat die gebruik van die brons borsels (spesifiek in jou jag geweer) nie jou looplewe noodwendig so erg gaan benadeel dat dit 'n wesenlike effek sal hê nie.
Ek glo egter ook dat die "baanskieters" (ook in my LA geweer - wat ek paranois is oor akkuraatheid) wat baie skote afvuur, anders kan voel.
James - en soos met die borsels, stem ek ook saam dat die monolietiese koeël waarmee ons jag ook die die einde van die wereld (lees: looplewe) sal wees (in spesifiek 'n jaggeweer) nie. Dit hang mos maar af van hoeveel jy skiet ook.
Dankie manne vir al die saampraat.
Cheers.
Re: Goed wat loopgroewe opneuk?
Posted: Thu Jan 08, 2015 9:45 am
by Hein M.
Sien almal fokus net op skoonmaak met bronsborsels...
As jy monolitiese koeëls met 'n hoë spoed skiet, neuk dit die loop gou op. Han natuurlik af van watter allooi dit vervaardig word...
Daar word baie moeite met hierdie koeëls gedoen om dit te verhoed. Kyk bv. hier na GS se info:
http://www.techfund.co.za/gscbulletbasics.asp
Re: Goed wat loopgroewe opneuk?
Posted: Thu Jan 08, 2015 10:06 am
by tripodmvr
Hein M. wrote:Sien almal fokus net op skoonmaak met bronsborsels...
As jy monolitiese koeëls met 'n hoë spoed skiet, neuk dit die loop gou op.
As daar vog - veral iets met 'n oliebasis - in die loop is terwyl jy skiet, neuk dit ook die loop op.
Hein, jy maak 'n stelling rakende slytasie met mono's. Het jy feite wat jy kan gee?
Re: Goed wat loopgroewe opneuk?
Posted: Thu Jan 08, 2015 10:10 am
by Hein M.
tripodmvr wrote:Hein M. wrote:Sien almal fokus net op skoonmaak met bronsborsels...
As jy monolitiese koeëls met 'n hoë spoed skiet, neuk dit die loop gou op.
As daar vog - veral iets met 'n oliebasis - in die loop is terwyl jy skiet, neuk dit ook die loop op.
Hein, jy maak 'n stelling rakende slytasie met mono's. Het jy feite wat jy kan gee?
Skuus. Het my post aangepas. Ja. GS is meesters op hierdie gebied. Nie dat almal sal saamstem nie, maar hulle koeëls is wêreldklas.
Re: Goed wat loopgroewe opneuk?
Posted: Thu Jan 08, 2015 10:16 am
by Wouter Roets
Hein
Het jy dalk onafhanklike toetse wat jy kan aangee vir die feit dat mono koeels looplewe dramaties verkort?
Groetnis
Wouter
Re: Goed wat loopgroewe opneuk?
Posted: Thu Jan 08, 2015 10:24 am
by Hein M.
Wouter Roets wrote:Hein
Het jy dalk onafhanklike toetse wat jy kan aangee vir die feit dat mono koeels looplewe dramaties verkort?
Groetnis
Wouter
Lees "monolitiese koeëls" waarvan GS maar een is. Nie almal moly nie. Moly is een van die kontroversiële aspekte waar ek NIE vir GS gaan verdedig nie.
Die vervaardigers van hierdie koeëls doen baie moeite om wear te beperk.
Re: Goed wat loopgroewe opneuk?
Posted: Thu Jan 08, 2015 10:33 am
by Hein M.
Aanhaling van North Fork se blad oor hulle tegnologie met groewe / bande
What is the purpose of the grooves?
The purpose of the grooves is twofold. First, whenever a bullet passes down the barrel, the lands of the rifling must engrave the bullet. The material that is displaced by those lands must have a place to go. In a conventional bullet, with a thin jacket and a full-length lead core, the jacket and core can easily yield to the lands. In a monolithic bullet or one with a monolithic rear section, the only route of escape for the displaced material is to make the bullet longer. Considering the material in this area will not yield, as easily as if there was lead underneath it, the stresses, between the bullet and the barrel, will exceed the sheer strength of the jacket material. This increased stress sets up a galling action, which is one of the major causes of jacket fouling. What the grooves do is to allow the material that is displaced by the rifling lands, an easy escape route. This allows the stresses between the bullet and the barrel to stay below the point at which galling (fouling) occurs.
Peregrine:
As a result of the shorter bearing surface, the PEREGRINE™ bullet has reduced barrel-friction, resulting in decreased chamber pressure and recoil with increased velocity, less barrel-wear and temperature build-up. Obturation is achieved at the rear boat-tail with an accurate machined seating surface.
Re: Goed wat loopgroewe opneuk?
Posted: Thu Jan 08, 2015 10:41 am
by Hein M.
Hein M. wrote:Wouter Roets wrote:Hein
Het jy dalk onafhanklike toetse wat jy kan aangee vir die feit dat mono koeels looplewe dramaties verkort?
Groetnis
Wouter
Lees "monolitiese koeëls" waarvan GS maar een is. Nie almal moly nie. Moly is een van die kontroversiële aspekte waar ek NIE vir GS gaan verdedig nie.
Die vervaardigers van hierdie koeëls doen baie moeite om wear te beperk.
GS is een van die enigste fabrikate wat koeëls in 8mm J maak vir my geweer.. Ek tumble dit tot die moly af is... Verder is dit wel van van bestes waarmee ek nog ooit geskiet het.
Dan die vraag is: Sal enigiemand (veral deur sommiges hier) MY
onafhanklike toetse aanvaar as genoeg rede om hulle sienig te verander aangaande moly

Re: Goed wat loopgroewe opneuk?
Posted: Thu Jan 08, 2015 11:12 am
by Koos Barnard
Hein
Ek dink die manne wil weet of jy al 'n gelyke hoeveelheid monometaal en loodkernkoeëls deur twee lope geskiet het en toe die werklike slytasie gemeet het en groepe wat geskiet is gemeet het om die stelling te kan maak en te regverdig dat monometaalkoeëls lope vinniger opduiwel.
Mooi loop