Geelslange

Post Reply
User avatar
Heinz Petersen
Hero Member
Hero Member
Posts: 1583
Joined: Sun Oct 13, 2013 5:00 pm

Geelslange

Post by Heinz Petersen »

Ek weet nie of dit n goeie of slegte teken is nie, maar my werker wys my 6 geelslange wat hy oor die laaste 3 weke hier om die opstal en tonnels dood gemaak het. Ek het die slange nog altyd net in die veld gesien vêr van die huis af en dan los ek hulle. Hulle vang baie van die veldmuise.
Naby die huis dan hange hulle, want hier is ons nie vrinne nie.

Het dit miskien iets met die droogte te doen.
Deel jou kennis dan bevorder jy jou sport.
6mm Dasher; 300 NM Improve; 308 Musgrave; 22-250 Howa; .22 Savage; Glock 17
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Geelslange

Post by PWV »

Heinz
As hulle nie volgroeid is nie, mag dit wees dat dit 'n slang is wat kleintjies in die omgewing gekry het.
As hulle redelik groot is, mag dit wees dat daar iets (kos) is wat hulle aanlok.
User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 2104
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am

Re: Geelslange

Post by win270 »

Maak seker daar is nie 'n toename van muise/rotte/paddas/hoendereiers naby jou huis nie.
Mac
Hero Member
Hero Member
Posts: 1172
Joined: Thu Apr 16, 2009 3:47 pm

Re: Geelslange

Post by Mac »

Slange volg maar net die kos, verwyder eers die kos, en dan hoef jou man nie slange dood te maak nie, maak hy hulle nou dood, vermeerder net hulle voedsel bron tot jou eie nadeel.
Occasionally mistaken for a responsible adult

It is funny how much we learn when we forget that we know it all.
Yeager
Newbie
Newbie
Posts: 27
Joined: Wed Feb 06, 2013 6:44 am

Re: Geelslange

Post by Yeager »

Ek het die afgelope paar jaar tussen ag en twaalf geelslange en swart spoegslange by my huis doodgemaak. Vandat ek die paddas in en rondom my dam weg het, kry ek so drie na vier slange per jaar.

Ek het twee klein babertjies in my dam gegooi om die paddavissies op te vreet, en 'n goeie kat of drie vir die muise.
Post Reply