Page 1 of 1

geweer skoon maak

Posted: Sat Jan 03, 2015 11:14 am
by Speelmansjagter
Weet iemand dalk van 'n spesiale gereedskap stuk of manier om die gedeelte van 'n mauser aksie net voor die kamer aan die binne-kant skoon te maak. Weet nou nie wat jy dit noem nie, maar die gedeelte waar teen die slot toe maak, nie die kamer self nie.
Ek sal baie waardeer as iemand 'n maklike manier van skoon maak het wat hy met my sal deel.
Dankie
Jaco

Re: geweer skoon maak

Posted: Sat Jan 03, 2015 11:18 am
by Finfan
Ek sukkel met selfde en hou die post dop.

Re: geweer skoon maak

Posted: Sat Jan 03, 2015 11:50 am
by DawieKotze
Jy kan by SO een van hierdie tools koop waarmee die locking area skoon gemaak kan word.

http://www.sinclairintl.com/gun-cleanin ... 35492.aspx

Re: geweer skoon maak

Posted: Sat Jan 03, 2015 11:54 am
by alecjohnson
Dis die locking lugs of "Knocks" dink ek. ek maak myne skoon met sulke watte rolle wat die tandarts gebruik. maak dit vas vooraan dowl of tandeborsel en maak dan so skoon.

Re: geweer skoon maak

Posted: Sat Jan 03, 2015 12:33 pm
by Speelmansjagter
Dankie madako, daai ding lyk in die kol. Sal bietjie gaan loer, maar hy lyk duur.
As iemand dalk nog 'n self maak projekkie of plan hier sal byvoeg sal dit wonderlik wees.

Re: geweer skoon maak

Posted: Sat Jan 03, 2015 12:39 pm
by tripodmvr
Dit wat Alec genoem het van die watte wat soos 'n sigaret lyk wat die tandartse gebruik, behoort goed te werk. Vat 'n ronde stok (dowel) van slotgrootte en sny 'n keep voorin waarin die watte kan pas. Sny die' op lengte van die slot se nokke en hy kan dan in die gleuwe skoon maak.

Re: geweer skoon maak

Posted: Sat Jan 03, 2015 10:09 pm
by TOKELOS
Towergom, ook genoem wondergom of bobbejaansnot.
Brei hom net eers so n biekie dat hy effens hitte kry. Druk orals in waar jy nie kan bykom nie. Ou army trick!

Re: geweer skoon maak

Posted: Sat Jan 03, 2015 10:22 pm
by Jacquesb
Eks nie seker of ons van dieselfde plek praat nie, maar ek gebruik .45 skoonmaakmoppe hulle pas mooi in die .30 en 6.5 se kamer.

Re: geweer skoon maak

Posted: Sun Jan 04, 2015 6:21 am
by JohanvB
VGK hier in Parow verkoop soortgelyke Tool vir R150...

Re: geweer skoon maak

Posted: Sun Jan 04, 2015 7:29 am
by Speelmansjagter
Dankie ouens.
Daar is nou 'n hele paar opsies vir my.

Re: geweer skoon maak

Posted: Sun Jan 04, 2015 8:56 am
by Plaashaas
Probeer bietjie `n Chamber Mop

Re: geweer skoon maak

Posted: Sun Jan 04, 2015 11:13 am
by Dries101
Ek maak die kamer met n 458 mop skoon op n verkorte skoonmaakstok met bietjie lighter fluid, en die res van die aksie met of n tweezer en skoonmaaklappie of ek flos hom met een van daai dun kombuislappies wat op daai groot rolle kom. En natuurlik n klein flits liggie.

Re: geweer skoon maak

Posted: Mon Jan 05, 2015 8:38 am
by JPS
Safari verkoop so kit van Tipton, in plastiek.

Dink hulle was R139 of so iets.

Re: geweer skoon maak

Posted: Wed Jan 07, 2015 11:37 am
by tripodmvr
Het nou met Andrew Leigh per epos kommunikeer.

Hardheid van geweerlope en ander materiaal in Rockwell waardes weergegee :-

1.) Chroom moly - 23 RW
2.) Stainless - 28-32 RW
3.) Mes 58 -62 RW
4.) Harde Brons (Brass) - Tot en met 40 RW

Die samestelling van geweerloop staal is so dat dit slytasie en ook die drukke moet kan weerstaan. Dit moet dus "taai" wees en nie so hard dat dit sal kraak met uitsetting nie.

Met brons wat so hard kan wees sal ek liefs nie so borsel deur my geweerlope druk nie.

Re: geweer skoon maak

Posted: Wed Jan 07, 2015 4:29 pm
by Rommel
Ek het by hardeware winkel so oversize tweezer met so krom bek gekoop vir onder R20. Vou n lappie rondom die ding en hy gaan lekker oral in by die 'lock gleuwe'. Gebruik ook lighter fluid as ek daar skoonmaak, die goed wat jy in n Zippo lighter gooi, dit maak dat enige skoonmaakmiddel, vetterigheid ens tjoeftjaf afkom en dit verdamp gou so daar is geen residue wat agterbly nadat ek klaar is nie. Kamer maak ek met boremop skoon, gebruik 2, een om skoon te maak en dan ander ene met lighter fluid vir poleer en droog.