Page 1 of 1

Target vir 2015

Posted: Thu Jan 01, 2015 8:00 am
by NicoSmit
Ek het laas jaar met 14 jakkalse wat ek opgetel het die jaar afgesluit my target vir die jaar met my beperkte tyd is30 wat is julle s'n

Re: Target vir 2015

Posted: Thu Jan 01, 2015 9:18 am
by Thunderhead
Hi Nico
Hoeveel keer het jy uitgegaan om die 14 jakkelse te skiet?

Re: Target vir 2015

Posted: Thu Jan 01, 2015 9:44 am
by HennieC
Ek het 2014 geslaag om op 1 plaas
'n blesbok kamp skoon te kry van jakke.
Vir 2015 wil ek die kamp skoon hou en aan grensende kampe skoon maak.
Dit gaan nie oor die getalle nie maar hoe deeglik ons skoon maak. Hoe beter ons beheer toe pas hoe meer sal die getalle word wat bakkie ry

Re: Target vir 2015

Posted: Thu Jan 01, 2015 9:57 am
by 222 Sako
Hulle het my baie skade gemaak die jaar, maar ek het 21 van hulle af vir 2014 net by en om ons grond. Dood stil nou by my en ek hoop ek kan dit so hou vir 2015.

Re: Target vir 2015

Posted: Thu Jan 01, 2015 10:13 am
by NicoSmit
Thunderhead wrote:Hi Nico
Hoeveel keer het jy uitgegaan om die 14 jakkelse te skiet?
!0 aande waarvan 3 blanks was agv toeusting failures en weersomstandighede so die ave is 2 'n aand

Re: Target vir 2015

Posted: Tue Jan 06, 2015 4:33 pm
by johans
getalle gaan meestal maar net oor waar jy jag

Re: Target vir 2015

Posted: Tue Jan 06, 2015 5:08 pm
by Geno
Not quite. SP en Jason het elk 400+ in die Karoo en Vrystaat geskiet in 2014.
Daar is oral jakkalse. Man moet hulle net kan stamp.

Re: Target vir 2015

Posted: Tue Jan 06, 2015 5:24 pm
by Danie01
Ja daar is oral jakkalse maar i die karoo moet jy net bietjie weier gaan soek om getalle op te maak. Ons moet bietjie hoor wat is die manne se avg per aand. Ek jag maar min deesdae en het as ek reg onthou maar net 9 geskiet en was 5 keer uit om te roep, ek het die laaste keer, nou voor kersfees 5 in die een aand geskiet waarvan twee kleintjies was, so dit het my avg bietjie op gebring, my avg is dis net so onder 2 n aa d vir 2014

Groete

Re: Target vir 2015

Posted: Tue Jan 06, 2015 5:38 pm
by Geno
Ons avg was 4.23 per nag vir 2014.

Re: Target vir 2015

Posted: Tue Jan 06, 2015 5:59 pm
by johans
Geno wrote:Ons avg was 4.23 per nag vir 2014.
nou kom probeer dit hier wa ek bly?

Re: Target vir 2015

Posted: Tue Jan 06, 2015 6:30 pm
by Geno
Ok. R6/km en R750.00 per jakkals.
2de naweek in Februarie. Reg so?

Re: Target vir 2015

Posted: Tue Jan 06, 2015 6:34 pm
by johans
Geno wrote:Ok. R6/km en R750.00 per jakkals.
2de naweek in Februarie. Reg so?
is dit nou nie meer te "ver" nie?jou kasouz is bietjie swaar op sous sien ek

Re: Target vir 2015

Posted: Tue Jan 06, 2015 6:39 pm
by johans
Geno wrote:Not quite. SP en Jason het elk 400+ in die Karoo en Vrystaat geskiet in 2014.
Daar is oral jakkalse. Man moet hulle net kan stamp.
ek weet daar is oral jakkalse,maar vrystaat of karoo of joburg se niks,100km van my af loop die jakkalse helder oor dag rond.dit gaan nie oor provinsie nie,dit gaan oor waar jakkalse al slim gejag is.en daarmee se ek nie sp en jason is nie goeie jagters nie

Re: Target vir 2015

Posted: Tue Jan 06, 2015 6:45 pm
by tripodmvr
Julle manne praat oor doelwitte vir hiedie jaar. Ek sal nogal nuuskierig wees om te sien hoeveel jakkalse is in totaal deur julle manne geskiet. Wil julle nie so post begin sodat ons die groottotaal kan kry nie?

Re: Target vir 2015

Posted: Tue Jan 06, 2015 6:49 pm
by Geno
johans wrote:
Geno wrote:Ok. R6/km en R750.00 per jakkals.
2de naweek in Februarie. Reg so?
is dit nou nie meer te "ver" nie?jou kasouz is bietjie swaar op sous sien ek
My standaard tarief is R4/km & R500/kop.
Maar jou jakkalse is mos nie standaard nie? Hulle word mos met 3 bakkies op 1 staanplek gejag.

Re: Target vir 2015

Posted: Tue Jan 06, 2015 6:50 pm
by Cobus(Cobb)
tripodmvr wrote:Julle manne praat oor doelwitte vir hiedie jaar. Ek sal nogal nuuskierig wees om te sien hoeveel jakkalse is in totaal deur julle manne geskiet. Wil julle nie so post begin sodat ons die groottotaal kan kry nie?
Dit sal kwaai wees Tripod, maar dan gaan daar weer net so 10 ouens deelneem tot Maart en dan is post weer dood.

Re: Target vir 2015

Posted: Tue Jan 06, 2015 6:51 pm
by johans
Geno wrote:
johans wrote:
Geno wrote:Ok. R6/km en R750.00 per jakkals.
2de naweek in Februarie. Reg so?
is dit nou nie meer te "ver" nie?jou kasouz is bietjie swaar op sous sien ek
My standaard tarief is R4/km & R500/kop.
Maar jou jakkalse is mos nie standaard nie? Hulle word mos met 3 bakkies op 1 staanplek gejag.
3 bakkies op een staanplek? ???

Re: Target vir 2015

Posted: Tue Jan 06, 2015 8:07 pm
by HennieC
tripodmvr wrote:Julle manne praat oor doelwitte vir hiedie jaar. Ek sal nogal nuuskierig wees om te sien hoeveel jakkalse is in totaal deur julle manne geskiet. Wil julle nie so post begin sodat ons die groottotaal kan kry nie?
Puik idee. Kan mens nie 'n counter of iets op sit wat mens kan laat by tel nie.
Wat van iets soos die geweer bendes waar mens die vorige naam copy en paste en die totaal vir die aand insit.

Hoeveel vir 2015

Hennie 2

Re: Target vir 2015

Posted: Wed Jan 07, 2015 6:07 am
by Henry 7
Ek het nie 'n target nie net 'n doelwit en dit is om min as moontlik lammers te verloor deur so veel as moontlik om my te skiet!