Page 1 of 1

Invoer van teleskoop

Posted: Wed Dec 31, 2014 11:39 am
by muishond
Ek is opsoek na iemand wat my kan help om n teleskoop in te voer asb.

Re: Invoer van teleskoop

Posted: Wed Dec 31, 2014 12:37 pm
by Penkop

Re: Invoer van teleskoop

Posted: Wed Dec 31, 2014 3:40 pm
by Capt. Yoda
google 4 scopes en kyk of die scope wat jy soek daar is

Re: Invoer van teleskoop

Posted: Wed Dec 31, 2014 3:58 pm
by muishond
Nee, ongelukkig is hy nie daar nie.

Ek is opsoek na n Meopta R2 2.5-15x56, maar hy is nog nie beskikbaar in SA nie, en redelik nuut op die oorsese markte.

Re: Invoer van teleskoop

Posted: Wed Dec 31, 2014 4:16 pm
by muishond
Die spesifieke scope is by euro optics , maar hulle kan hom nog nie oorstuur nie, ek weet nie wat die rede is nie.

Re: Invoer van teleskoop

Posted: Wed Dec 31, 2014 4:19 pm
by WitWillem (Charl)
Ek het al n paar keer vir euro optics gebruik. Was nog elke keer baie gelukkig met hulle diens. Hulle moet vir jou n uitvoerpermit reel en dan kan hy gestuur word. Sommige taktiese scopes kan soms n probleem wees.

Vra hulle wat die rede is, hulle is gewoonlik goed op epos navrae.

Re: Invoer van teleskoop

Posted: Wed Dec 31, 2014 4:33 pm
by muishond
Ek het hulle al n email gestuur so 4 dae terug, maar het nog geen andwoord gekry nie.
Het toe die nr gebel wat hulle op hul web gee vir SA oproepe, maar die persoon is erg engels, maar wat ek wel kon verstaan is dat hulle nie daardie scope kan stuur nie.

Re: Invoer van teleskoop

Posted: Wed Dec 31, 2014 4:34 pm
by WitWillem (Charl)
Watse scope is dit?

Re: Invoer van teleskoop

Posted: Wed Dec 31, 2014 4:46 pm
by Fanta300
muishond wrote:Nee, ongelukkig is hy nie daar nie.

Ek is opsoek na n Meopta R2 2.5-15x56, maar hy is nog nie beskikbaar in SA nie, en redelik nuut op die oorsese markte.

Re: Invoer van teleskoop

Posted: Wed Dec 31, 2014 4:58 pm
by muishond
Wat ek hou van die scope is dat hy nie parallax verstelling het nie, wat hom idiaal maak vir nagskiet asook algemene jag op korter tot lang afstande.
Die 56mm voorste lens is idiaal vir nagskiet en jag in swak lig, waar die 15x vergroting weer goed sal wees om akurate te skiet oor langer afstande.