Page 1 of 1

Voorspoedige Nuwe Jaar

Posted: Wed Dec 31, 2014 8:11 am
by NicoSmit
Voorspoedige nuwe jaar vir almal hier op Jaracal en julle gesinne

Re: Voorspoedige Nuwe Jaar

Posted: Wed Dec 31, 2014 8:35 am
by andre007
Dankie vir die wense, die selle aan julle almal van - die Botha's

Re: Voorspoedige Nuwe Jaar

Posted: Wed Dec 31, 2014 8:41 am
by HennieC
Voorspoed vir almal vir die nuwe jaar. Mag 2015 'n baie mooi jaar wees met hope geluk.

Re: Voorspoedige Nuwe Jaar

Posted: Wed Dec 31, 2014 8:45 am
by tripodmvr
Soos hierdie klompie die land bestuur sal ons vir ons eie geluk moet sorg. Alles wat mooi is vir die Jaracal manne en dames en hulle gesinne.

Re: Voorspoedige Nuwe Jaar

Posted: Wed Dec 31, 2014 8:55 am
by Plaashaas
Lekker kerels lekker.....

Mag die grotes val die jaar, die groepies kleiner word en die aansoeke vining gaan.

Re: Voorspoedige Nuwe Jaar

Posted: Wed Dec 31, 2014 9:00 am
by NEGE3
Baie dankie en seenwense vir almal.

Re: Voorspoedige Nuwe Jaar

Posted: Wed Dec 31, 2014 9:09 am
by Heinz Petersen
Vir alles wat hier om my beplan word vir vanaand, het ek voorspoed nodig vir die stukkie van die jaar wat nog oor is.

Voorspoed vir volgende jaar.

Ja tripodmvr. Hulle belowe vir ons die son en die maan, maar al wat vir my skyn is die lig in my garage. (as die krag nie afgaan nie )

Re: Voorspoedige Nuwe Jaar

Posted: Wed Dec 31, 2014 9:22 am
by Dolf014
Mag die voorspoed julle aanval, en die geluk julle verveel. Mag dit reen waar julle bokke wei en die koele val waar die kruisie staan.

Ek het eendag so n deurmekaar rympie gehoor; "Gekersde seenfees en n voorjarige nuwe spoed" :confused:

Klink my daar was te veel vitamiene R (richilieu) ;D

Groete.

Re: Voorspoedige Nuwe Jaar

Posted: Wed Dec 31, 2014 11:17 am
by win270
Baie voorspoed vir die nuwe jaar aan almal. Mag dit 'n jaar wees van goeie gesondheid, groot sukses en vele seeninge op elkeen se pad. Die lewe het mos maar sy hoogte- en laagtepunte. Kies reg hoe jy daarop reageer en bly positief oor die toekoms, gepaardgaande met harde en eerlike werk elke dag!

Re: Voorspoedige Nuwe Jaar

Posted: Wed Dec 31, 2014 12:12 pm
by JAGTERSREG-JRM
Baie dankie vir die seenwense, voorspoed vir die nuwe jaar en mag daar baie gejag en geskiet word. Die manne wat agter die stange inklim , veilig ry daar is maar n klomp ape op ons paaie.

Re: Voorspoedige Nuwe Jaar

Posted: Wed Dec 31, 2014 9:57 pm
by PWV
Nico en al die ander lede hier op die forum, mag julle 'n voorspoedig nuwe jaar beleef.
Mens betree die jaar met so 'n effense angstigheid, want as die helfte meer nagatiewe dinge gebeur as wat in 2014 gebeur het, wonder 'n mens wat is van ons landjie oor.
Moet seker nie so kleingelowig wees nie!
Voorspoed, almal!

Re: Voorspoedige Nuwe Jaar

Posted: Wed Dec 31, 2014 10:23 pm
by Gawie(13mm)
PWV wrote:Mens betree die jaar met so 'n effense angstigheid, want as die helfte meer nagatiewe dinge gebeur as wat in 2014 gebeur het, wonder 'n mens wat is van ons landjie oor is?
Almal bid vir ESKOM!!!

Voorspoedige 2015 aan almal. God's rykste seën aan 'n ieder en elk.

Re: Voorspoedige Nuwe Jaar

Posted: Wed Dec 31, 2014 11:38 pm
by ruaanb
Voorspoedige 2015 vir almal!

Re: Voorspoedige Nuwe Jaar

Posted: Thu Jan 01, 2015 1:01 am
by Heinz Petersen
Mag julle almal net n baie voorspoedige jaar beleef en moet nie die EEN vergeet wat oor ons waak nie.

Re: Voorspoedige Nuwe Jaar

Posted: Thu Jan 01, 2015 2:22 am
by alecjohnson
mag die nuwe jaar net goeie en lekker dinge vir julle lewer!

Re: Voorspoedige Nuwe Jaar

Posted: Thu Jan 01, 2015 8:20 am
by Fanta300
Seën en voorspoed vir almal. Gelukkig is Hy in beheer.

Re: Voorspoedige Nuwe Jaar

Posted: Thu Jan 01, 2015 9:13 am
by 222 Sako
Dankie vir die lekker gesels op die forum. Hoop die nuwe jaar hou vir almal net mooi in. Soos julle sê gelukkig weet ons HY is in beheer.

Groete, mooi gaan.

Re: Voorspoedige Nuwe Jaar

Posted: Thu Jan 01, 2015 1:58 pm
by rudib
Voorspoed almal!!

Re: Voorspoedige Nuwe Jaar

Posted: Thu Jan 01, 2015 3:55 pm
by Johan Reyneke
Mag die voorspoed en sukses almal hier op Jaracal in 2015 oorweldig.

Geseende jaar vir almal