Page 1 of 1

Hi almal

Posted: Sun Dec 28, 2014 7:24 am
by khakibos
My naam is Dirk en ons woon in Centurion. Ek is nog maar 'n beginner en sien uit om baie by julle almal te leer. My roer is' n 30.06 Voere LBW Std met 'n Leupold VX3 4.5 - 14 scope. Ek is tans besig met lading ontwikkeling met Peregrine VRG 5, 180gr en 165gr. Wil kyk wat werk lekker in die roer. Wou foto laai maar lyk my hy is te groot.

Re: Hi almal

Posted: Sun Dec 28, 2014 7:46 am
by tripodmvr
Baie welkom Khakibos. Hoop jy kry antwoorde as jy vrae het. Kyk onder herlaai en lees oor OBT en Quik load.

Re: Hi almal

Posted: Sun Dec 28, 2014 9:12 am
by khakibos
Baie dankie tripodmvr. Het daar gelees en baie inligting gebruik om QL te kalibreer en OBT vir my te kry. Baie leersaam. Ek het nou op QL 'n lading vir 180gr Perwgrine sowel as 165gr wat spot on is met die nodes. Moet nou net gaan toets en hoop tw skud stel nie teleur [SMILING FACE WITH OPEN MOUTH AND TIGHTLY-CLOSED EYES]

Re: Hi almal

Posted: Sun Dec 28, 2014 9:16 am
by Boesman10
Welkom khakibos. Sommer lekker maar duur punte waarme jy begin. Geniet dit op die forum

Re: Hi almal

Posted: Sun Dec 28, 2014 10:02 am
by khakibos
Ja Boeman10 dis al wat nou redelik beskikbaar is. Wou Ballistic tjps en Accubonds mee begin het maar niemand het voorraad. Kom blykbaar eers in Feb 2015

Re: Hi almal

Posted: Sun Dec 28, 2014 10:15 am
by Jacquesb
Baie welkom
Geniet dit hier op die forum.

Groete
Jacques

Re: Hi almal

Posted: Sun Dec 28, 2014 10:58 am
by Donsie
Baie Welkom