Page 1 of 1

Beste wapensmit om F klas geweer te bou (Wes Kaap)

Posted: Mon Dec 22, 2014 8:19 pm
by Hammansdans
Naand manne,

Ek het nou al die komponente bymekaar om 'n nuwe (my eerste) F klas geweer te laat bou. Ek sal graag wil hoor watter geweersmit in die Wes Kaap julle hiermee sou vertrou? Ook, waarop moet mens let/oppas? Ek het reeds twee persone in gedagte maar hierdie is 'n baie duur en lang proses so wil my huiswerk goed doen.

Ek hoor graag wat julle dink.

Chris

Re: Beste wapensmit om F klas geweer te bou (Wes Kaap)

Posted: Mon Dec 22, 2014 8:48 pm
by douw
Hallo Chris

Baie welkom op Jaracal. Ek glo hier gaan jy baie raad kry, en dit sommer baie geniet.

Sterkte met die soeke na die regte geweersmid.

Groete
Douw

Re: Beste wapensmit om F klas geweer te bou (Wes Kaap)

Posted: Tue Dec 23, 2014 6:20 am
by henning
Terry Harrison ( Harrison brothers)

Re: Beste wapensmit om F klas geweer te bou (Wes Kaap)

Posted: Tue Dec 23, 2014 7:43 am
by Heinz Petersen
Jy kan ook vir Oom Chris van Niekerk kontak. Hy verstaan F klas gewere.

Re: Beste wapensmit om F klas geweer te bou (Wes Kaap)

Posted: Tue Dec 23, 2014 7:45 am
by Witpietskiet
Hi Chris,

Watse klas gaan jy skiet, F-open of F/TR?

Hoekom begin jy nie gesels met oom Chris van Niekerk nie, hy is darem die man wat die 7mm Tombi ontwerp het vir vir die F-Open manne.

Hy sal jou op die regte pad kan sit, aangesien ek hoor hy nie meer self gewere bou nie. Ek het ongelukkig nie oom Chris se kontak besonderhede nie, iemand hier sal dit wel hĂȘ

Net n ander voorstel ook, gaan stel jou gerus voor hier op Jaracal. http://www.jaracal.com/viewforum.php?f=126

Mooi loop en geniet
Pieter

Re: Beste wapensmit om F klas geweer te bou (Wes Kaap)

Posted: Tue Dec 23, 2014 8:21 am
by Gawie(13mm)
Hammansdans wrote: Dagse almal,Ek's van Wellingon; skiet met 'n .270W en 'n .300WM. Jag graag, skiet graag en hoop om baie hier te leer.

Groete
Die man is darem nie 'n roofkyker nie.

Ek stem saam met die manne. Gesels met Oom Chris Van Niekerk. Ek is seker as Oom PWV hier kom loer sal hy jou kan help met Oom Chris se nommer.

Groetnis,
Gawie.

Re: Beste wapensmit om F klas geweer te bou (Wes Kaap)

Posted: Tue Dec 23, 2014 8:47 am
by DawieKotze
Oom Chris se nommers is.....

021 - 976 sewe 9 agt 1
082 twee 9 agt 52 sewe 2

Re: Beste wapensmit om F klas geweer te bou (Wes Kaap)

Posted: Tue Dec 23, 2014 9:02 am
by Boesman10
Welkom op die forum en voorspoed met daardie geweer bou.

Re: Beste wapensmit om F klas geweer te bou (Wes Kaap)

Posted: Tue Dec 23, 2014 10:43 am
by Hammansdans
Dankie vir die inligting en raad. Dis 'n F-ope geweer. Ek het besluit om te gaan vir 'n 6.5mm 284. Daar is maar voor en nadele; grootste nadeel is dalk die beperkte leeftyd van die loop. Klink of die 6.5mm en die 7mm albei groot aanhang het. So ook die 300wsm. So vir my was dit 50/50. Maar ek kon komponente kry vir die 6.5mm.

Ek het gehoor van die 7mm Tombi en toe met oom Chris gesels. Hy is baie trots op die kaliber en met reg.

Groete

Chris

Re: Beste wapensmit om F klas geweer te bou (Wes Kaap)

Posted: Thu Dec 25, 2014 9:59 pm
by Supacow
Daai 6.5 hoort baie dieselfde as jou 270 te skiet. Ek dink dit maak n lekker jag en baan combo

Re: Beste wapensmit om F klas geweer te bou (Wes Kaap)

Posted: Thu Dec 25, 2014 10:04 pm
by swc-tr
Hammansdans wrote:Dankie vir die inligting en raad. Dis 'n F-ope geweer. Ek het besluit om te gaan vir 'n 6.5mm 284. Daar is maar voor en nadele; grootste nadeel is dalk die beperkte leeftyd van die loop. Klink of die 6.5mm en die 7mm albei groot aanhang het. So ook die 300wsm. So vir my was dit 50/50. Maar ek kon komponente kry vir die 6.5mm.

Ek het gehoor van die 7mm Tombi en toe met oom Chris gesels. Hy is baie trots op die kaliber en met reg.

Groete

Chris
Chris
Indien jy dit nie reeds al gedoen het nie, gaan ontmoet/skiet saam die F-klas manne op Atlantis en kry hulle insette oor Wes Kaapse wapensmede wat F-klas gewere bou. ;)

Re: Beste wapensmit om F klas geweer te bou (Wes Kaap)

Posted: Thu Dec 25, 2014 10:49 pm
by Hein M.
henning wrote:Terry Harrison ( Harrison brothers)
Beslis!

Terry is ook, behalwe die feit dat hy 'n bobaas wapensmid en skut is, 'n baie nice mens. Die tipe waamee 'n mens 'n pad kan stap. Net my evaring as jy kyk na die Kaapse top wapensmids...

Re: Beste wapensmit om F klas geweer te bou (Wes Kaap)

Posted: Fri Dec 26, 2014 7:05 pm
by Hammansdans
Middag manne,

Ballisties is die gewere naby mekaar. Ek beplan, om 140gr VLD's in die 6.5mm te skiet terwyl ek 140gr Nosler Ballistic Tip punte in die 270 skiet. Die 270 groepeer baie goed - onder half duim oor 100m maar hy het een groot beperking en dit is dat hy 'n kort loop het. Lekker vir dra in die veld, maar en kan nie spoed kry om hom rerig tot sy reg te laat kom nie.

Ek het 'n kort aksie gekry vir die 6.5mm. Sal moet sien of hy gemaklik 'n gelaaide rondte uit die kamer sal kan trek. So dalk nie idiaal vir jag nie, maar my gedagte is dat ek lekker ver sal kan bykom.

Ek het so ruk terug saam met die F klas manne gaan skiet. Dis toe die gogga finaal byt. Met my beperkte kennis lyk dit of die manne hoofsaaklik saam stem oor kalibers, of ten minste oor die sterk en swak punte van die verskillende kalibers. Maar as dit kom by die geweersmit is daar maar verskillende stories. Een ou is baie tevrede, die volged ou is baie kwaad.

Ek gaan definitief met Terry Harrison gesels soos Henning en Hein voorgestel het. Ek sal ook iemand moet kry om die kolf 'n maak (ek het 'n gelamineerde blank). Het gedink ek moet dalk net eers die geweersmit uitsorteer. Maar dalk is ek verkeerd?

In tussen sal daar maar proefnemings gedoen word met die 270 en die 300!

Groete

Chris

Re: Beste wapensmit om F klas geweer te bou (Wes Kaap)

Posted: Sat Dec 27, 2014 8:21 am
by WillemS
Chris

Vir n kolf kan jy met JC van Niekerk gesels, hy bou baie kolwe vir Terry ook. Hy bly naby Panorama hospitaal.