Page 1 of 1

handwapen op vakansie

Posted: Sat Dec 20, 2014 6:04 pm
by johans
ek wonder sommer,hoe maak julle manne wat altyd n handwapen dra as jy see toe gaan.met die langpad is dit oraait,maar ekt gevind as jy nou moet strand toe gaan kan dit nogal neuk met die sand.alhoewel ek nie graag op die sand gaan speel nie.dis net moeiliker omdat jy meer gemaklike klere ook dra as normaalweg.het iemand van die klein kuisies wat jy in die voertuig monteer?ek hou maar myne by my en vermy plekke wat nie vuurwapen vriendelik is nie

Re: handwapen op vakansie

Posted: Sun Dec 21, 2014 6:11 am
by Finfan
Dit bly maar n moeilike een Johan. Beste oplossing is seker maar om hom in vroulief se handsak of strandsak te sit en dit soos goud onder oog bewaar.

Re: handwapen op vakansie

Posted: Sun Dec 21, 2014 6:36 am
by win270
Sluit dit liewer toe in die kluis waar jy tuisgaan en geniet dit op die strand sonder om die heeltyd bekommerd te wees oor jou wapen. Dra dit verder by jou soos gewoonlik as jy nie strand toe gaan nie.

Re: handwapen op vakansie

Posted: Sun Dec 21, 2014 11:32 am
by Viking
Ek dra myne in 'n "moon bag" met sy ingeboude holster. Het jare gelede die sakkie in my hand gedra....is by veiligheidswag verby die bank in sonder dat hy eers geweet het daars 'n 9mmP in.

Re: handwapen op vakansie

Posted: Sun Dec 21, 2014 5:31 pm
by Capt. Yoda
Viking wrote:Ek dra myne in 'n "moon bag" met sy ingeboude holster. Het jare gelede die sakkie in my hand gedra....is by veiligheidswag verby die bank in sonder dat hy eers geweet het daars 'n 9mmP in.

Meeste oues doeh hom so.Moenie dit in die kluis in die kamer los nie, is die eerste plek wat elke peanut sal kyk.Ons het die week ook so kluis in die kas gehad en elke dag was daar iemand wat die kamer skoon maak.Ek kon elke dag sien die kluis was oop gemaak

Re: handwapen op vakansie

Posted: Mon Dec 22, 2014 4:08 pm
by 1lum1nat1
Ek het my G19 vir 2 maande gedra toe was ons see toe gewees in Nov. Ek het self geworstel moet ek dit saam vat of nie. Op die einde van die dag was hy nie saam nie en dit was die kaalste wat ek nog ooit gevoel het.

Ek het reeds vir my 'n Ka-bar TDI courier pack (klein rug sak) wat 'n pasgemaakte holster benodig vir jou spesifieke vuurwapen. Ek wag vir Daniels Holsters om vir my een te maak, wat in die toekoms hopelik my oplossing sal wees.

Re: handwapen op vakansie

Posted: Fri Dec 26, 2014 8:28 am
by henka
More mane n maklike oplossing is kry n Glock dan vkan hy saam swem

Re: handwapen op vakansie

Posted: Sun Jan 18, 2015 3:42 pm
by Dweetster
Dit bly maar altyd n moeilike een. Ek neem my Glock saam waar ek kan. As ek soos strand toe gaan haal ek hom uitmekaar en neem die loop saam strand toe.
Die res van die pistool sluit ek in my voet kluis in die voertuig weg.