Page 1 of 1

draad sny

Posted: Wed Dec 17, 2014 8:45 pm
by cassie_calvinia
manne, 'n vriend in kaap omgewing wil draad sny op loop. vir minder as R1000. volgend my is daai uitbyting. kan iemand help asb

Re: draad sny

Posted: Wed Dec 17, 2014 9:15 pm
by PWV
PM gestuur.

Re: draad sny

Posted: Wed Dec 17, 2014 9:24 pm
by wlm
PWV wrote:PM gestuur.
Stuur hom maar vir my ook. Ek sny my eie windpompstange se draad so geweerlope kan nie te moeilik wees nie. As die besigheid skeef is kan ek altyd die gat reguit skiet of net die loop korter saag en weer draad sny. ++>: ++>:

Re: draad sny

Posted: Wed Dec 17, 2014 9:30 pm
by PWV
wlm wrote:
PWV wrote:PM gestuur.
Stuur hom maar vir my ook. Ek sny my eie windpompstange se draad so geweerlope kan nie te moeilik wees nie. As die besigheid skeef is kan ek altyd die gat reguit skiet of net die loop korter saag en weer draad sny. ++>: ++>:
Ek dink nie Cassie se vriend sal gelukkig wees met 'n handwapen nie! :o

Re: draad sny

Posted: Wed Dec 17, 2014 10:08 pm
by wlm
As dit 'n rewolwer is eindig ons met 6 kort lope.

Re: draad sny

Posted: Wed Dec 17, 2014 10:21 pm
by NEGE3
Om draad op 'n loop te sny neem ongeveer 1 uur. Nou hang dit af van die organisasie se tarief per uur dan kan jy somme maak.

Re: draad sny

Posted: Thu Dec 18, 2014 11:22 am
by HennieC
Jammer vir die hijack. Prys lyk maar rof.
Ek het in die Vaal Driehoek laas Saterdag my 303 se loop laat korter maak en skroef draad sny. Dit het als gebeur terwyl ek staan en kyk en die prys was R500.

Re: draad sny

Posted: Thu Dec 18, 2014 11:33 am
by THOMAST
HennieC wrote: Dit het als gebeur terwyl ek staan en kyk en die prys was R500.
Sien die pryslys in 'n geweersmid se kantoor:
Arbeid: R300.00 per uur
R500.00 per uur as jy staan en kyk
R1000.00 per uur as jy help.
Nou wonder ek.. ::)

Re: draad sny

Posted: Thu Dec 18, 2014 12:00 pm
by Riaan Kriel
wlm wrote:
PWV wrote:PM gestuur.
Stuur hom maar vir my ook. Ek sny my eie windpompstange se draad so geweerlope kan nie te moeilik wees nie. As die besigheid skeef is kan ek altyd die gat reguit skiet of net die loop korter saag en weer draad sny. ++>: ++>:
Dit klink goed, amper so professioneel soos die ou wat nou die dag hier op die forum vertel het hy het 'n gebreekte skroefie op die teleskoopringe vervang met 'n spyker wat hy omgebuig het en die geweer skiet nou beter...... ++>:

Tussen Sannieshof en Biesiesvlei is oom Benedict van Wyk, ou bekende wapensmit in die omgewing. Het so paar weke terug my 303 laat skroefdraad sny terwyl ek toekyk. Paar ure later eers gery vanaf die oom na baie lekker kuier en gesels. Die totale rekening was R250-00. Dit het die maak van 'n "threadcap" en fit van die Silent Hunter KD ingesluit. ;)

Re: draad sny

Posted: Fri Dec 19, 2014 2:33 pm
by Alwin
Die skroefdraad sny is die maklike gedeelte. Wat tyd vat en behoorlik gedoen moet word, is om die loop presies op te senter in die draaibank. En dis hier waar jy nie kortpaaie wil vat nie.

Ek sien anderdag daai man van Red Jacket Gunshop, wat sommer 'n gidspen in die loop indruk en die skroefdraad met sy "stocks and dies" sny. G'n wonder hy's in die sop vir molestering nie...

Re: draad sny

Posted: Mon Dec 29, 2014 5:06 pm
by Capt. Yoda
Duracell wrote:
wlm wrote:
PWV wrote:PM gestuur.
Stuur hom maar vir my ook. Ek sny my eie windpompstange se draad so geweerlope kan nie te moeilik wees nie. As die besigheid skeef is kan ek altyd die gat reguit skiet of net die loop korter saag en weer draad sny. ++>: ++>:
Dit klink goed, amper so professioneel soos die ou wat nou die dag hier op die forum vertel het hy het 'n gebreekte skroefie op die teleskoopringe vervang met 'n spyker wat hy omgebuig het en die geweer skiet nou beter...... ++>:

Tussen Sannieshof en Biesiesvlei is oom Benedict van Wyk, ou bekende wapensmit in die omgewing. Het so paar weke terug my 303 laat skroefdraad sny terwyl ek toekyk. Paar ure later eers gery vanaf die oom na baie lekker kuier en gesels. Die totale rekening was R250-00. Dit het die maak van 'n "threadcap" en fit van die Silent Hunter KD ingesluit. ;)

Ek soek ook n man om n loop of 2 te sny en het heel van hom vergeet die week toe ek nou daar was.Sal as ek weer da kom gou by hom gaan draai vir n thread en een sneller wat ek bq ligter wil he, ek ken hom goed en hy het taamlik werk vir my pa al gedoen.Geweer winkel hier in Randburg vra my R1300 om te thread en dit vat blykbaar 2 weke.As jy vir een of ander rede n cap wil he is dit nog 300 bokke.

Re: draad sny

Posted: Mon Dec 29, 2014 9:11 pm
by Dewitt
Ek het sommer net 'n vraag terwyl julle van draad sny praat. Hoekom sny party manne vir jou growwe draad en ander fyn draad?

Re: draad sny

Posted: Tue Dec 30, 2014 3:38 pm
by Alwin
Dewitt wrote:Ek het sommer net 'n vraag terwyl julle van draad sny praat. Hoekom sny party manne vir jou growwe draad en ander fyn draad?
Dis maar seker voorkeur. Gewoonlik sny jy die loop, om by die KD se draad te pas.

Meeste wapensmede en knaldempervervaardigers hou van 'n metriese draad met 1mm steek. Op 223's ens. is dit gewoonlik 13x1, selfde as op die R/LM 4/5/6. Groter kalibers of dikker lope gaan na 14x1 en groter. Ek sien heelwat gewere met dik lope (Sako, Tikka ens) gebruik 18x1.

Op .22 gewere gebruik ons gewoonlik die Britse standaard, nl. 1/2" 20TPI. Die Amerikaners gebruik 1/2" 28TPI, selfde as op meeste AR-15's. Vir 308/7,62 gebruik die Amerikaners gewoonlik 9/16" 24TPI.

Die kaliber en loopdiameter, beperk ook jou opsies.

Re: draad sny

Posted: Tue Dec 30, 2014 3:58 pm
by Dewitt
Dankie Alwin vir die inligting. Beide my 243 en 223 het die growwe draad, maar ek het nou 'n nuwe KD vir die 243 by 'n vriend gekry en die het fyn draad. Dit sal seker nie die ergste wees as ek die stukkie van die loop met die growwe draad laat afsny en fyn draad vir die nuwe KD laat sny nie?

Re: draad sny

Posted: Tue Dec 30, 2014 7:49 pm
by marco
Sny eerder die kd se gat grooter en draai dan n bus wat draad buite het vir die kd en binne vir jou loop so kan jy hom op albei jou gewere gebruik?

Re: draad sny

Posted: Tue Dec 30, 2014 8:36 pm
by tgg
marco is reg, tensy jou loop baie lank is, gaan jy ook jou piepieman laat korter sny.

Jou vrou gaan nie baie happy chappy wees nie

Re: draad sny

Posted: Wed Dec 31, 2014 12:15 am
by Hein M.
cassie_calvinia wrote:manne, 'n vriend in kaap omgewing wil draad sny op loop. vir minder as R1000. volgend my is daai uitbyting. kan iemand help asb
Wel, Cassie.

'n Man in jou omgewing het my plank gepak, gefloat, sneller-job gedoen, draad gesny en 'n silenser gemaak vir R2000. Beste in die weste.

My Plank loop soos stroop met alles wat ek hom voer. ;)

Re: draad sny

Posted: Wed Dec 31, 2014 9:28 am
by Hein M.
THOMAST wrote:
HennieC wrote: Dit het als gebeur terwyl ek staan en kyk en die prys was R500.
Sien die pryslys in 'n geweersmid se kantoor:
Arbeid: R300.00 per uur
R500.00 per uur as jy staan en kyk
R1000.00 per uur as jy help.
Nou wonder ek.. ::)
Briljant!

Die ouens is moerse gepla met toeskouers :laugh: