Page 1 of 1
Beste wapensmit om rem700 aksie te true/blueprint? (Weskaap)
Posted: Fri Dec 12, 2014 12:10 pm
by JGZ
Dag almal,
Ek is besig om al die parte vir n nuwe bou bymekaar te skraap.
Op die oomblik het ek al die volgende:
-rem700 kort aksie nuut
-Timney 510 sneller (wonder of ek liewers n Jewel moes kry)
-Badger tac boltknob
-Nightforce 20MOA scope rail
Ek wil die besigheidskant van die geweer nou eerste klaar maak siende ek nog besluit oor kaliber.
Dus wie is n goeie wapensmit in die Wes-Kaap as dit kom by trueing/blueprinting?
Re: Beste wapensmit om rem700 aksie te true/blueprint? (Wesk
Posted: Fri Dec 12, 2014 12:50 pm
by marco
Johan Morkel.... S@O daai man toor met n roer... baie netjiese werk en hulle skiet akuraat.
Re: Beste wapensmit om rem700 aksie te true/blueprint? (Wesk
Posted: Fri Dec 12, 2014 12:53 pm
by Geno
Terry Harrison.
Re: Beste wapensmit om rem700 aksie te true/blueprint? (Wesk
Posted: Fri Dec 12, 2014 1:01 pm
by JGZ
Baie dankie manne. Morkel en Crouse doen ongelukkig nie blueprinting nie. Ek sal vir Terry n lui gee.
Re: Beste wapensmit om rem700 aksie te true/blueprint? (Wesk
Posted: Fri Dec 12, 2014 1:07 pm
by LRLaubscher
Geoffrey Barrabal by Wildman Cape Gate.
Van die beste wat daar is. Sy pryse ook goed.
Re: Beste wapensmit om rem700 aksie te true/blueprint? (Wesk
Posted: Fri Dec 12, 2014 1:14 pm
by Geno
LRLaubscher wrote:Geoffrey Barrabal by Wildman Cape Gate.
Van die beste wat daar is. Sy pryse ook goed.
Ek weet nie. Hy het 'n forumlid se kamer so gesny dat sy doppe boeppense maak op die skouer.
Dop.jpg
Re: Beste wapensmit om rem700 aksie te true/blueprint? (Wesk
Posted: Fri Dec 12, 2014 1:18 pm
by LRLaubscher
Geno wrote:LRLaubscher wrote:Geoffrey Barrabal by Wildman Cape Gate.
Van die beste wat daar is. Sy pryse ook goed.
Ek weet nie. Hy het 'n forumlid se kamer so gesny dat sy doppe boeppense maak op die skouer.
Dop.jpg
Geno ja dis sleg, maar gee vir ons al die informasie. 'n Storie het altyd drie kante. joune, myne en die regte kant soos hulle sĂȘ.
Wie se reamer was dit? Is dit 'n nuwe reamer en nog skerp?
Ek kan nie glo dat Geoff 'n kamer wat so lyk sal uitgaan as reg nie.
Re: Beste wapensmit om rem700 aksie te true/blueprint? (Wesk
Posted: Fri Dec 12, 2014 1:20 pm
by Geno
Re: Beste wapensmit om rem700 aksie te true/blueprint? (Wesk
Posted: Fri Dec 12, 2014 4:36 pm
by Leon Crous
Hello manne,
Ek sal ook defnitief vir Terry Harrison aanbeveel!
Geofrey (Wildman) het my .243 en .270 se lope gesny vir KD's. Was baie duur en die "thread caps" is patteties!
Cheers.
Re: Beste wapensmit om rem700 aksie te true/blueprint? (Wesk
Posted: Fri Dec 12, 2014 4:56 pm
by Boesman10
So twee strikes teen Geofrey van Wildman.... Wonder of daar nog is???
Re: Beste wapensmit om rem700 aksie te true/blueprint? (Wesk
Posted: Fri Dec 12, 2014 5:07 pm
by PWV
Die een hou van Paulus en die ander van Apollus!
So het elke wapensmid ook sy aanhangers en teenhangers.
Ek het my geweer by Geoffrey laat "blueprint" en is baie tevrede.
Groetnis
Re: Beste wapensmit om rem700 aksie te true/blueprint? (Wesk
Posted: Fri Dec 12, 2014 6:00 pm
by Gawie(13mm)
Boesman10 wrote:So twee strikes teen Geofrey van Wildman.... Wonder of daar nog is???
Wil jy regtig weet of stir jy nou net?
Elke man het maar sy geraamtes in die kas en alles loop nie altyd soos 'n Toyota nie. (Selfs nie 'n Toyota nie).
Oom PW se Tombi skiet 'n puisie van 'n vlieg se boud af.
Ek sal maar stadig met die wonder en versigtig wees vir my eie naam met 'n plank slaan.
Groetnis.
Re: Beste wapensmit om rem700 aksie te true/blueprint? (Wesk
Posted: Fri Dec 12, 2014 8:48 pm
by alecjohnson
Net 'n pluspunt vir Geoff. Hy het my gehelp om .22 weer te laat leef na my .22 se "sear" gebreek het. En dit was nie duur nie.
Ek wonder nou ook net wat is die doel van bluprinting?