Dagsê,
Ek is opsoek na 'n hoenderhok in Bloemfontein omgewing!
My seun se hoenderboerdery het in 'n onverwagse bevolkingsontploffing ontaard en my spasie vir al sy henne en + dag oue kuikens is nou heeltemal te min. Het nie nou tyd om hok te maak nie en tussen die katte, my steffie en ander ongediertes gaan my seun se skou-hoendertjies nie lank hou nie.
Indien iemand 'n duiwe/hoender/voël hok het wat hulle van ontslae wil raak, laat weet asb.
Dirk
