Page 1 of 1

hallo almal

Posted: Sun Apr 03, 2011 6:58 pm
by douw
Hi. My naam is Douw en ek woon in Pretoria. Ek het al saam vriende gaan jag, maar wil nou graag vir myself 'n jag geweer koop om darm iets met my eie geweer plat te trek. Ek het tans 'n 410/.22 kombinasie geweer en 'n 9mm pistool. Watter kaliber geweer sal jul aanbeveel vir my? Ek wil meerendeels in die bosveld jag, blouwildebeeste,impala's vlakvarke ens. Wat dink jul van 'n BSA 303?

Ek hoor graag van die manne wat weet.

Groete
Douw

Re: hallo almal

Posted: Sun Apr 03, 2011 7:08 pm
by Stefan764
Hallo Douw en welkom op die Forum!

As jy so 4 kort wekies kan vasbyt dan kom loer jy in by ons nuwe winkel dan gesels ons bietjie oor jou opsies en "budget"

Groete
Stefan

Re: hallo almal

Posted: Sun Apr 03, 2011 8:25 pm
by Flip Fouche
Douw

n Lekker .308 vir die bosveld en wild wat jy noem.

Welkom by die forum!

Flip

Re: hallo almal

Posted: Sun Apr 03, 2011 9:50 pm
by Pvdw
Hi Douw.

Welkom hier.

Jong ek wil my verstout om vir jou te s? dat enige geweer wat 'n koe?l vanaf so 7mm to 8mm 'n goeie keuse is in die bos. Moet jou nie te veel steur as jy hoor dat 'n 308 beter of slegter keuse as 'n 30-06 of 7X57 of wat ook al  nie. As daai koe?l reguit uit daai loop vlieg en hy tref op die REGTE plek is dit 'n goeie geweer om mee te jag. Maak eerder seker die geweer pas jou en jy geniet dit om met hom te skiet. Dis tog waaroor dit gaan. ;)

Ek dink jy kan gerus by Stefan gaan draai as die nuwe winkel oop is maar probeer ook om by 'n skiet klub uit te kom waar daar vriendelikke manne is wat jou sal toelaat om na hulle gunne te kyk en sommer so paar slote te skiet. Dit sal baie help.

PM my as jy nie so klub ken nie, ek skiet by Montana en die manne daar is tog te eiwerig om hulle speelgoed te wys en te deel ;D ;D ;D

I.v.m. daai .303 waaroor jy vra, ek skiet met .303 en daar is sommer klompie manne op die forum wat hulle as werks esels gebruik. Ek sou dalk net aanbeveel om met iets meer modern te begin aangesien daai .303's soms baie meer aandag verg om mooi groeppe te skiet en dit kan 'n nuwe man se wiele dalk so bietjie pap maak ??? ???

Peet

Re: hallo almal

Posted: Sun Apr 03, 2011 9:59 pm
by erx
Welkom Douw

Hier sal jy baie raad kry mater, hoop jy geniet dit.
Nooit gedink ek sal dit se nie, maar wat van 'n 30-06?

Groete
erx

Re: hallo almal

Posted: Sun Apr 03, 2011 10:03 pm
by Christo
Ek het iewers gelees dat daar een of ander kaliber patroon afgevuur kan word uit 'n 410. Nie seker wat dit is nie maar miskien kan daai loop nog 'n koedoe plattrek, amper soos 'n swartkruit smoothbore geweer. Vind bietjie uit. Dan kan jy ten minste begin besig raak.

Welkom hier, raad sal nooit opdroog nie.

Re: hallo almal

Posted: Sun Apr 03, 2011 10:06 pm
by JPS
Welkom Douw,
Jong ek sal ook se .30-06 het self .30+06 en .303 wat baie mooi kan groepeer maar soos Peet se die .303 verg baie meer moete om mooi groepe te kry.
Met daai .30-06 kan jy enige punte van 110gr Tot 250gr skiet.....

Groete

JP
Groete

Re: hallo almal

Posted: Sun Apr 03, 2011 10:10 pm
by Francois Marais
Douw

Sal ver soek om n beter/lekkerder BOSVELD gun te kry as n 30-06 en n lekker sterk 180gr punt, maar daai driehonderdendrie wavan jy praat kan ook werk.

Mooi loop
Francois

Re: hallo almal

Posted: Sun Apr 03, 2011 10:12 pm
by erx
Hi JP

Dis hoekom ek ook maar die 30-06 voorstel vir Douw, mens het 'n lekker range van punt gewigte om mee te speel.

Groete
erx

Re: hallo almal

Posted: Mon Apr 04, 2011 1:03 pm
by JvB
Douw,


Van my kant af welkom. Nog 'n Pretorianer.


JvB

Re: hallo almal

Posted: Mon Apr 04, 2011 3:35 pm
by douw
Baie dankie aan al die raad en groet wense.

Die 303 waarna ek gekyk het is 'n BSA. wat klaar sporting gemaak is. Die geweer het 'n Leupold vxII 3-9 x 40 teleskoop op. Dit kom ook saam met die "dies" en doppe wat die verkoper oor het, asook 'n sak. Hy het vir my sy groeperings gewys op verskillende punte asook ladings. Kan darm 'n 25mm groepering op 100m kry. Hy soek R4500 vir die pakket.

Ek het amper van my lekkerste speelding vergeet. Ek het 'n .54 lymann deerstalker swartkruid.

Groete
Douw

Re: hallo almal

Posted: Mon Apr 04, 2011 8:34 pm
by JPS
Douw,
Saam met daai leupold is dit nie slegste prys nie, sou self wel nuwe howa bv. By Camdix vir R4900 ook oorweek het.
Soos van die manne se net my 2c.

Re: hallo almal

Posted: Tue Apr 05, 2011 5:29 pm
by Pvdw
Douw as die eienaar jou kan vat en wys hoe daai .303 25mm groep oor 100m skiet en jou sy lading en geheime vertel sal ek regtig erg in die versoekking wees om hom te koop as ek jy is ;D

Dis nie 'n moderne geweer nie maar kaliber gewys is hy perfek om in die bos mee te skiet.

Peet

Re: hallo almal

Posted: Tue Apr 05, 2011 5:34 pm
by Stefan764
Pvdw wrote: Douw as die eienaar jou kan vat en wys hoe daai .303 25mm groep oor 100m skiet en jou sy lading en geheime vertel sal ek regtig erg in die versoekking wees om hom te koop as ek jy is ;D

Dis nie 'n moderne geweer nie maar kaliber gewys is hy perfek om in die bos mee te skiet.

Peet
Ek moet hier saam met Peet stem. n Geweer wat nog reg skiet met n VXII op sy rug?? Ek dink dis R4500 werd. Net die scope as hy nog REG is is amper R2500 werd.

Mar ai.....die onderdrukker se kaliber .......weet nie of ek hom in my kluis sal toelaat nie.....

Re: hallo almal

Posted: Tue Apr 05, 2011 6:47 pm
by Monrique (SJ)
Douw

Baie welkom en geniet dit.  Jy weet nie dalk watse aksie is op daai BSA nie?  Dink nie dis n sleg prys nie en veral nie as hy n P14 aksie het nie. As jy kan gaan skiet self ook eers met die roer.

Groetnis

Re: hallo almal

Posted: Thu Apr 07, 2011 9:26 am
by theedge
Welkom Welkom

Re: hallo almal

Posted: Thu Apr 07, 2011 10:18 am
by James Wilson
welkom douw