Page 1 of 2
Erdvarke
Posted: Fri Apr 01, 2011 9:02 am
by Coenie (Swift)
Hi Manne,
Het gewonder of daar getalle is of manne wat erdvarke sien. In 26 jaar nog nie een gesien nie, maar gate is volop en met die jaar se goeie re?n al in 'n paar gate vasgesit agv van ho? grasse.
Re: Erdvarke
Posted: Fri Apr 01, 2011 10:48 am
by Stefan764
Hallo Swift
Ons het so jaar trug een gesien tydens n roepsessie van ons. Het nie geweet hulle word so blerrie groot nie! Dis naby Amalia. Sowat 40km van Vryburg af in Schweizer se rigting.
Maar mens sien die outjies nie gereeld nie. Wonder wat die rede is?
Stef
Re: Erdvarke
Posted: Fri Apr 01, 2011 11:15 am
by Shindzela (Pierre)
Daai varke loop baie laat in die nag. Het al heelwat in die laeveld gesien.
Re: Erdvarke
Posted: Fri Apr 01, 2011 11:41 am
by Danie01
Britstown area, sien ek dam teminste een tot twee varke n jaar as ek jag ini aand. Ek jag nie so baie nie, so ek dink hulle is nogal redelik volop daar.
In Griekwastad / Niekerkshoop area weet ek is erdvarke ook volop en die mense daar het baie moeilikheid met varke wat hul drade verniel daar.
Groete
Danie
Re: Erdvarke
Posted: Fri Apr 01, 2011 11:47 am
by Gerhard
Het hulle al in die Steenkamps Berge gekry, klomp tussen Ellisras en Steenbokpan area en dan ook by Soutpan in die Bloem omgewing...
Re: Erdvarke
Posted: Fri Apr 01, 2011 12:50 pm
by WOLF
Kry hulle gereeld hier by my veral langs die riviere en damme.Die boere is nie baie lief vir hulle nie aangesien hulle n groot dam of rivierwal na n reen laat lyk of daar nie een was nie.
WOLF
Re: Erdvarke
Posted: Fri Apr 01, 2011 1:21 pm
by Ponkie
Manne
By ons in die karoo kry ons hulle gereeld. Helder oor dag en gereeld in die nag. Dit word beskou as kroonwild, so pasop!!
Ek het 'n ou staaltjie wat ek kan vertel oor my Pa en Oupa wat een gevang het en agter die Hilux se seat gesit het oppad huistoe om vir Ouma te gaan wys wat hulle 2 kon regkry!
Groetnis
Ponkie
Re: Erdvarke
Posted: Fri Apr 01, 2011 1:29 pm
by Freddie101
By my in Tarkastad is heelwat. Mens sien hulle gereeld. Het nie oe wat weerkaats nie. So tel nie so maklik op nie. Partymaal as jy in die veld sit hoor jy net so girrrts, girrts en dan kan jy maar rondsoek hy is daar iewers besig om te grawe.
Freddie
Re: Erdvarke
Posted: Fri Apr 01, 2011 4:46 pm
by C.J.
Daai manne kan baie moedswillig wees in 'n tweespoor paadjie in die bos. Veral tydens so 'n agtermiddag "booze cruise" wanneer jy hulle leker kan vloek! By ons in die sanderige dele sien jy hulle so nou en dan. 'n Ertvark lyk lomp maar daai ding is vinnig, ons het een aand een probeer vang om hom bietjie van nader te aanskou, soos gese, hulle is vinnig.
Groete
C.J.
Re: Erdvarke
Posted: Mon Apr 18, 2011 6:53 pm
by Coenie (Swift)
Dankie, aan almal vir jul bydrae, ek gaan die week so 4 trail cams by krippe opsit dalk sal ek 'n paar op film kan vasvang en nog ander gediertes ook
Re: Erdvarke
Posted: Tue Apr 19, 2011 8:38 am
by Hugo
Hier is een in die Swartruggens area wat ek afgeneem het.
[img width=560 height=420]
http://i262.photobucket.com/albums/ii11 ... GC0514.jpg[/img]
Re: Erdvarke
Posted: Tue Apr 19, 2011 6:32 pm
by Coenie (Swift)
Hi Hugo, bly om te sien die tc werk. Is dit 'n voerplek/paal in die agtergrond of maar net kragpaal?
Re: Erdvarke
Posted: Tue Apr 19, 2011 8:08 pm
by Hugo
Tc? Dis n self feeder in die agter gerond met droee mielies, die vark het ingekom op suur mielie voer vir bosvarke.
Re: Erdvarke
Posted: Wed Apr 20, 2011 12:19 pm
by foxripper
Ek weet nie wie dit al ondervind het nie maar ek het al n paar keer gaan jag in die nag waar ek hom geruik het, voor ek hom gesien het.
Die ding is, jy sien nie sy oog sommer blink nie oor sy kop heeltyd op die grond is. Gewoonlik lig jy oor hom sonder dat jy eers weet van hom.
Re: Erdvarke
Posted: Wed Apr 20, 2011 12:28 pm
by Gerhard
hugo wrote:
Tc? Dis n self feeder in die agter gerond met droee mielies, die vark het ingekom op suur mielie voer vir bosvarke.
Hugo,
tc = Trail Camera ...

Re: Erdvarke
Posted: Wed Apr 20, 2011 2:04 pm
by Hugo
My pa het laas jaar helder oor dag een raak gery in die Bothaville area teen die vaal rivier.
Re: Erdvarke
Posted: Fri May 13, 2011 8:27 pm
by tobie
sien gereeld hier by my.weet van so paar se plekke.moet by se ek het baie baie miershope
Re: Erdvarke
Posted: Fri May 13, 2011 8:36 pm
by Fanie Nel
Het al so paar hier by my ook gesien ek bly in Excelsior in die Vrystaat. 'n Kar so paar jaar gelede in die teerpad naby ons huis een dood gery, maak nogal skade aan 'n kar, erg
Re: Erdvarke
Posted: Fri Jun 17, 2011 7:57 pm
by Hugo
Ekt nog 'n ertvark afgeneem, ek sal 'n foto plaass binne kort!
Re: Erdvarke
Posted: Fri Jun 17, 2011 8:22 pm
by Christo
Hierdie ouens is hier by ons ook. Net baie skaars maar so tyd terug een raakgelig oppad na 'n staanplek toe. Hy was sommer naby, 400m, van die huis af. Ek het hom nog nie weer gesien nie.
Re: Erdvarke
Posted: Sun Jun 19, 2011 4:21 pm
by Monrique (SJ)
Ek het laasjaar 2 gesien in een aand. Ons het gejag tussen UPT en Kleinbegin, en het een aand n draai gaan ry en hulle gesien!!
Groetnis
Re: Erdvarke
Posted: Sun Jun 19, 2011 7:11 pm
by CHRIS
hier is ook nogal baie en met die TC het ek sekere plekke wat ek verseker 1 a nag afneem. is baie interrissant dat die 1 wat Hugo op TC het se o? blink dan, seker oogdruppels in want ek het ook fotos van voor en nog nooit het die o? so prominent geblink nie
iemand het 1 keer ges? dat die verskil is die sterte, wit en swart sterte vir geslagte
groete
Re: Erdvarke
Posted: Mon Jun 20, 2011 9:06 am
by Hugo
Hier is die fotos, en dan ook die stert wat jy genoem het, ek sien kleur afwyking nie,
[img width=560 height=420]
http://i262.photobucket.com/albums/ii11 ... 0289-1.jpg[/img]
[img width=560 height=420]
http://i262.photobucket.com/albums/ii11 ... CT0290.jpg[/img]
Re: Erdvarke
Posted: Mon Jun 20, 2011 9:48 am
by Francois Briedenhann
Hier by ons vrydag aand een gesien so half 7 se kant het my dood geskrik want was besig om op te slaan vir roep toe loop ek die ertman raak
Re: Erdvarke
Posted: Sun Jul 03, 2011 3:48 pm
by Kalahari
Dag almal
Hier is so twee foto's van 'n jong/klein erdvark wat ek in 'n hok gevang het nadat die hok vir 'n ratel gestel is.
Die varkie is later weer in dieselfde gat vrygelaat. Ek het egter geen idee hoe oud varkie kon wees nie.
Kyk net hoe gou in sy lewe is die gereedskap al 100% reg vir gebruik!
[img width=560 height=420]
http://i1185.photobucket.com/albums/z34 ... G_0329.jpg[/img]
[img width=560 height=315]
http://i1185.photobucket.com/albums/z34 ... G_0327.jpg[/img]
Groete
Kalahari