Page 1 of 1
Nuut op forum
Posted: Fri Apr 01, 2011 7:16 am
by Johan Ruger 375
Hallo almal,
Ek is Johan van Deventer van Pretoria. Jag van 1996 en herlaai van 2001. Skiet met Ruger 7x57 154gr Hornady Interbond S365 44.4gr en Ruger 375 200gr Impala/Frontier. Is nog besig met ladingontwikkeling vir Ruger 375.
Groete.
Re: Nuut op forum
Posted: Fri Apr 01, 2011 7:20 am
by Geno
Hallo Johan,
Baie welkom hier!
Wouter gaan baie van jou hou aangesien jy ook 'n Ruger man is!
Groete,
Eugene
Re: Nuut op forum
Posted: Fri Apr 01, 2011 7:25 am
by Johan Ruger 375
Hi Eugene,
Dankie. Het nou al 'n paar keer gelag vir jou video van Jamie Uys. Waar het jy dit gekry??
Re: Nuut op forum
Posted: Fri Apr 01, 2011 7:26 am
by Geno
Johan,
Ek't dit op 'n ander forum gesien, en daarvanaf gegaps....
Re: Nuut op forum
Posted: Mon Apr 04, 2011 10:01 pm
by Wouter Roets
Hallo Johan
Baie,baie welkom hier en ek hoop jy gaan dit geniet. Babaleeu(Geno) is reg ek hou klaar van jou! Dit smaak my jou kop is reg opgeskroef! Is jou 7x57 n RSI International? Is jou 375 n H&H of 375 Ruger? Skree maar met altwee dalk kan ek help. Soos jy seker kan aflei hou ek baie van Ruger!
Groetnis
Wouter
Re: Nuut op forum
Posted: Mon Apr 04, 2011 10:06 pm
by Jagtersdok
Welkom Johan
Geniet elke oomblik
Re: Nuut op forum
Posted: Mon Apr 04, 2011 10:34 pm
by Monrique (SJ)
Johan baie welkom en geniet.
Re: Nuut op forum
Posted: Mon Apr 04, 2011 10:39 pm
by JPS
Johan, soos die manne gese het, baie welkom.
Groete
JP
Re: Nuut op forum
Posted: Mon Apr 04, 2011 11:19 pm
by Francois Marais
Hi Johan
Hoop jy laaik.........
Mooi loop
Francois
Re: Nuut op forum
Posted: Tue Apr 05, 2011 6:41 am
by Pvdw
Welkom JR.
As dit so aangaan stig Pretoria sy eie Jaracal sytak (met toestemming natuurlik)
Peet
Re: Nuut op forum
Posted: Tue Apr 05, 2011 6:58 am
by Geno
Peet, wat gaan julle dan skiet ipv jakkies? Dalk bulle???
Re: Nuut op forum
Posted: Tue Apr 05, 2011 7:59 am
by BLOK
Welkom en geniethom.
Blok.
Re: Nuut op forum
Posted: Tue Apr 05, 2011 5:31 pm
by Pvdw
Geno, Geno; nou krap jy waar dit nie .........
Hou maar aan, ons kan dit vat.
Peet
Re: Nuut op forum
Posted: Tue Apr 05, 2011 5:42 pm
by Geno
Peet, dan noem julle dit sommer die Jaracal Slagpale!
Re: Nuut op forum
Posted: Tue Apr 05, 2011 6:23 pm
by Stefan764
Re: Nuut op forum
Posted: Tue Apr 05, 2011 6:31 pm
by Geno
Dis doodeenvoudig. Jy sit daar naby loftus en roep hulle met 'n Steve Hofmeyr cd. As jy 'n slagyster stel gebruik jy Richeleu ipv Canicall, en jy kan selfs 'n blou g-string aan 'n gifskieter vas sit........
Stefaans, hoe klink daai vir 'n plan?
Re: Nuut op forum
Posted: Tue Apr 05, 2011 6:33 pm
by Jagtersdok
Baba Leeu
Jy behoort te weet my klappe brand jong man. En hulle val vinniger as wat die ogies knip n?. Speel nou mooi met my maatjies. Jy weet die blou is my hart se punt

Re: Nuut op forum
Posted: Tue Apr 05, 2011 6:38 pm
by Wouter Roets
Peet
Ek het Geno/Babaleeu mooi die naweek met die Bullsgame dopgehou. Ons sit hier met die klasieke closetbullondersteuner! Hy is nog in die denialfase maar soos ons almal weet n mens trek uiteindelik daardeur!

Hy erken dat hy gereeld op die hoofstad van rugby gaan kyk sonder dat sy span eers speel! Se dit nie alles nie!
Babaleeu jou ogies sal nog oop!
O-ja hy moes natuurlik sy skoentjies uitrek deur die game, n mens kan mos nie toelaat dat n Fillestyn met skoene op huilige grond rondloop nie!
Bloubloedgroete
Wout
Re: Nuut op forum
Posted: Tue Apr 05, 2011 6:43 pm
by Geno
Baas Wout, dis net omdat ek so naby aan Loftus bly

Re: Nuut op forum
Posted: Wed Apr 06, 2011 6:22 am
by Stefan764
Re: Nuut op forum
Posted: Wed Apr 06, 2011 7:01 am
by Flip Fouche
Wat nou Geno ?
Flip
Re: Nuut op forum
Posted: Wed Apr 06, 2011 7:28 am
by Geno
Oom Flip,
Ek spot sommer so bietjie met die Noord-Transvalers

Re: Nuut op forum
Posted: Wed Apr 06, 2011 7:36 am
by Freek
Geno...
Jy behoort te weet my klappe brand jong man. En hulle val vinniger as wat die ogies knip n?. Speel nou mooi met my maatjies...
Wat het jou besiel jongman, jy behoort mos te weet mens krap nie met 'n dun grassie in 'n groot bul se g@t nie. Nou nie hieroor of daaroor nie maar jy het oop o? in die een in gestap.
