Het gister so n paar volstruise afgehaal. Die voels se kondisie was goed en gewigte was so tussen 35 na 50kg. Het vir die dag darm 48 geskiet.Hier is n foto of 2.
Groete
Blackie
Gister n paar voels afgehaal.
- Blackie Swart
- Sr. Member

- Posts: 422
- Joined: Sat Apr 02, 2011 7:48 pm
Gister n paar voels afgehaal.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
- Marc
- Hero Member

- Posts: 5966
- Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm
Re: Gister n paar voels afgehaal.
Ek kan my net indink watse aroma het daar in die lug gehang, min wat kan ruik soos groot voel binne goete
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
- sako 30-06
- Hero Member

- Posts: 1987
- Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm
Re: Gister n paar voels afgehaal.
Goeie werk,dit wil gedoen word.
So word die voels plaaslik verkoop of uitgevoer?
So word die voels plaaslik verkoop of uitgevoer?
- Blackie Swart
- Sr. Member

- Posts: 422
- Joined: Sat Apr 02, 2011 7:48 pm
Re: Gister n paar voels afgehaal.
Die voels gaan op Transvaal toe. N ouerige oom het met n koeltrok die volstruise kom haal. Word glo by een of ander lodge vir buitelandse mense voorberei.
- win270
- Hero Member

- Posts: 2104
- Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am
Re: Gister n paar voels afgehaal.
Met watter kaliber en waar op die lyf skiet jy hulle? Stilstaande of is hulle aan die hardloop as jy skiet?
- Blackie Swart
- Sr. Member

- Posts: 422
- Joined: Sat Apr 02, 2011 7:48 pm
Re: Gister n paar voels afgehaal.
Win270 die meeste is met n haelgeweer geskiet op kort afstande( AAA rondtes). Daar is wel baie van die voels wat te wild was vir naby skote en is dan met my 243 geskiet op die nek of kop indie dit moonlik was. Ek gaan nie se op watter afstande ek hulle nekke af skiet nie want sal in elkgeval nie geglo word nie. Al wat ek kan se is dat daai Burris op my 243 is baas van die plaas.
-
HEINBMW
- Newbie

- Posts: 35
- Joined: Sat Feb 02, 2013 9:25 pm
Re: Gister n paar voels afgehaal.
Mooi geskiet!Blackie Swart wrote:Win270 die meeste is met n haelgeweer geskiet op kort afstande( AAA rondtes). Daar is wel baie van die voels wat te wild was vir naby skote en is dan met my 243 geskiet op die nek of kop indie dit moonlik was. Ek gaan nie se op watter afstande ek hulle nekke af skiet nie want sal in elkgeval nie geglo word nie. Al wat ek kan se is dat daai Burris op my 243 is baas van die plaas.
Vertel ons so bietjie van die Burris scope, asb
Hein
- Blackie Swart
- Sr. Member

- Posts: 422
- Joined: Sat Apr 02, 2011 7:48 pm
Re: Gister n paar voels afgehaal.
More HeinBMW. Die scope wat ek gebruik is die Burris eliminator ballistic 3 laser scope met die x96 reticle. Vergroting is 4x16-50. Baie lekker scope en gebruik dit vir dag sowel as nag jag. Die kolletjie wat op die kruishaar skyn se helderheid kan helder of dowwer gestel word. Ek vind ook dat die range finder en wind lesing wat dit deurgee is redelik akkuraat. Jy moet net self jou somme maak met die waardes wat dit jou gee. Die scope is ook baie maklik om op te stel en die verstelling is positief. Die kruishaar se dikte pla my nie op kort of op lang afstande nie. Al probleem wat ek tans het is dat die glase se helderheid kan nog so bietjie meer aandag kry. Verder kan ek nie kla nie. Het die scope by Safari en Outdoor in Stellenbosch gekoop. Dit is net in n neutedop oor die scope.
Groete
Blackie
Groete
Blackie
-
HEINBMW
- Newbie

- Posts: 35
- Joined: Sat Feb 02, 2013 9:25 pm
Re: Gister n paar voels afgehaal.
My droom scope. Ek het tans die Mk 2 op my .204 en kom baie goed reg.
Maar sal graag so mk 3 wil besit.
Dankie vir die info.
Hein
Maar sal graag so mk 3 wil besit.
Dankie vir die info.
Hein