Page 1 of 1

Loop Inskiet

Posted: Thu Mar 31, 2011 10:18 am
by herley
More manne/ maninne

Kan iemand my sab die link gee waar ek kan oplees oor die inskiet van n nuwe geweer se loop asb :angel:

Bradley

Re: Loop Inskiet

Posted: Thu Mar 31, 2011 11:22 am
by Eras
More Bradley,

Daar is verskeie maniere - gaan lees maar op www.sahuntingrifle.co.za oor die onderwerp - word nogal breedvoerig bespreek (tik "loop in breek"/"barrel break in" in die soek spasie). Lees ook wat Jaco Brink te se het oor David Tubb se final finish.

Ek het voorheen 'n loop probeer inbreek op die gewone manier (maw skiet en maak skoon, skuur met JB's paste ens) - wel die loop het net nie goed skoon gemaak nie en ek het baie gesukkel op die loop mooi skoon te kry. Daarna het ek 'n pac-nor loop ingebreek met Final Finish en dit werk baie goed met baie, baie minder moeite. Nou maak die Pac-Nor loop binne 'n half uur silver skoon. Ek kan die Final Finish regtig aanbeveel. Let wel ek se nie die ander maniere is verkeerd of sleg nie - ek se maar net wat vir my gewerk het.

Kontak vir Jimmy by: info@grehunt.co.za

Ek hoop dit help jou.

Re: Loop Inskiet

Posted: Fri Apr 01, 2011 8:03 am
by Christoff Bosch
Dag Eras
Waar kan 'n man van die final finish produk in die hande kry?
Christoff

Re: Loop Inskiet

Posted: Fri Apr 01, 2011 10:39 am
by Eras
More Christoff,

Kontak Jimmy Farnham by info@grehunt.co.za

Re: Loop Inskiet

Posted: Fri Apr 01, 2011 2:36 pm
by Jagtersdok
Final finnish is dia manier om te gaan.

Re: Loop Inskiet

Posted: Fri Apr 01, 2011 7:01 pm
by JOHANNIC
Ek wil my 2c hier ingooi
Ek het nooit my 243 Ruger se loop ingeskiet nie en het al 2, 5skoot groep kompitiesies 10.6mm en n 8.11 5 skoot groep geskiet,en het al oor 2200 skote 55gr noslers deur die loop ;)
En terloops ek maak my loop ook bitter min skoon...ja ek weet ;D

Re: Loop Inskiet

Posted: Fri Apr 01, 2011 11:45 pm
by Francois Marais
Johan

Ons gaan seker pak kry maar ek wil jou back hier........Ek dink die hele loop inskiet ding is heel uit verband geruk, ek het nog nooit een van my lope "in geskiet nie", ek skiet my teleskope in. Wat wel waar is is dat jy n nuwe loop meer gereeld moet skoonmaak as n ou loop, en soos joune nou is moet jy nie roer aan daai koper nie.. ;D ;D

My 2c.......

Mooi loop
Francois

Re: Loop Inskiet

Posted: Sat Apr 02, 2011 8:51 am
by Nico Harris
FM,Johan! ek stem ook saam julle manne! ek het nog nooit n geweer se loop in geskiet nie! my 30-06 en my 243 skiet 10mm groepe waneer ek my kant bring!al wat ek doen is dat ek die loop skoon maak na elke drie skote! nie erg nie-net n lappie deur jaag! dit doen ek maar permannent as omstandigdhede dit toe laat. ek skiet so 500skote met elk van my gewere elke jaar en ek haal die koper so twee keur n jaar uit die loop uit. my 243win bly maaar min of meer dieselfde maar my 30-06 kan so veel as 20skote vat voor sy groepe weer lekker styf raak!

groete

nico

Re: Loop Inskiet

Posted: Wed Apr 20, 2011 10:53 pm
by Ralph
Kerels! Moes julle nou die pret kom spoil deur ouens wat nodig het om tyd met hul nuwe gewere te spandeer kort te knip. Ondersteun eerder die sport!