Page 1 of 1
Quick Load hulp asseblief vir 300 WSM
Posted: Sun Nov 16, 2014 12:22 pm
by henning
Ek wil Barnes in my geweer probeer, so hier volg die besonderhede.
Kaliber 300 WSM
Loop lengte 610 mm
Doppe - Sako H2O - 80.8 gr
Koeel - Barnes TTSX 150 gr
Dryfmiddel - S365 Lot 74
Slagdop - Sellior & Bellot LRM
TPL maximum 74.80 maar ammunisie was gelaai en getoets teen TPL 74.21 ( pas in mag )
Spoed getoets:
63 gr - 3086 - 3093 - 3093 - 3086 met gemiddeld van 3089
64 gr - 3152 - 3144 - 3159 - 3174 met gemiddeld van 3157
65 gr - 3212 - 3228 - 3228 - 3205 met gemiddeld van 3218
By voorbaat dankie
Groete
Henning
Re: Quick Load hulp asseblief vir 300 WSM
Posted: Sun Nov 16, 2014 2:59 pm
by alecjohnson
node 4 op omtrend 3167fps ql voorspel 64.1gr
node 5 op omtrend 2960fps met ql lading van 59.1gr
Re: Quick Load hulp asseblief vir 300 WSM
Posted: Sun Nov 16, 2014 3:51 pm
by henning
alecjohnson wrote:node 4 op omtrend 3167fps ql voorspel 64.1gr
node 5 op omtrend 2960fps met ql lading van 59.1gr
Baie dankie, ek gaan hom probeer. Dit groepering by 65 gr het baie belowend gelyk, maar ons sal sien.
Groete
Henning
Re: Quick Load hulp asseblief vir 300 WSM
Posted: Thu Nov 20, 2014 9:26 pm
by henning
Ek het die TPL waarteen my toets ammunisie gelaai was verkeerd deur gegee.
Ek het die TPL as 74.21mm gegee maar dit moet wees 73.80mm
Kan iemand my help om te sien wat is die verskil met hierdie nuwe gegewens?
Dankie
Henning
Re: Quick Load hulp asseblief vir 300 WSM
Posted: Thu Nov 20, 2014 9:31 pm
by tripodmvr
Dit gaan baie min verskil. Gebruik die syfers wat Alec jou gegee het en dan kan hy dit gebruik met die verfyning van jou lading na jou 2de skietsessie.
Re: Quick Load hulp asseblief vir 300 WSM
Posted: Thu Nov 20, 2014 9:49 pm
by henning
Baie dankie, maak hom so.
groete
Henning
Re: Quick Load hulp asseblief vir 300 WSM
Posted: Fri Nov 21, 2014 7:52 pm
by henning
Ek het regtig baie vertroue in Quik load maar hier het ek nou gevind dat quick load nie altyd die regte informasie gee nie.
Ek dink wat hier belangrik is dat ons moet weet dat quick load meeste van die tyd vir jou die regte lading gaan gee maar daar is die uitsondering wanneer dit gaan verskil.
Ek het met my eerste toets gevind dat 65 grn n goeie groepering wys maar quick load het voorgestel dat 64.1gr die idiaale lading gaan wees.
Na my tweede toets het ek bevestig dat 65.1 vir my die beste groepering van 18mm gegee het op 100 meter.
Ek het nou al n paar keer gehoor dat Impala gee baie goeie akkuraatheid en het nou dieselfde gevind tussen Impala en Barnes.
Ek weet dat elke geweer verkies sy eie dieet van watter koeels hy van hou maar dit wil voorkom of my geweer baie gelukkig is met Impala's.
Die beste nuus vir my is dat die Barnes 150 gr en Impala 130gr se POI is net n driekwart MOA van mekaar op 100m.
My doel is om die Impala te gebruik op nader skote om vleis te spaar en Barnes op langer skote vir die beter BC.
Groete
Henning
Re: Quick Load hulp asseblief vir 300 WSM
Posted: Fri Nov 21, 2014 9:43 pm
by tripodmvr
Het nou gaan kyk met jou jongste inligting. Met spoed van 3218vps is jy slegs 1000psi onder die maksimumdruk. Gebruik ek die 64gr lading dui dit op 'n spoed van 3177vps vir 64,5gr en waar die node is. Die node strek kan dus tot by 3218vps wees en kan beteken dat jy in die winter nog op die node sal wees as die temperatuur daal.
Re: Quick Load hulp asseblief vir 300 WSM
Posted: Sat Nov 22, 2014 5:17 am
by henning
Baie dankie Marius.
groete
henning