Page 1 of 1

Snaakse lesings

Posted: Sat Nov 15, 2014 10:58 am
by Dries101
Hi julle,

N vraag wat dalk nie n antwoord het nie maar dalk. Ek en Dwb is besig on 450gr kading ontwikkeling te doen vir die 404 jeff.

Woodleigh 450 greiners het my op die laaste 3 toets skote n gemiddeld van 2146 vps gegee as ek n aanpassing maak vir die distansie vanaf chrony. Wat basies 15 vps weg is van ons voorspelde 2160 van quickload. Dit is met 77,6gr s365 - en ek is baie gelukkig daarmee sal dalk vir pret 78 grein laai en dit net daar los.

Die probleem kom in by die dzombos eerste toets ladings was op 72 grein s365 wat my n gemiddeld van 2092vps gegee het. Ons het toe n lading van 74,3 gemaak vir 2140. My lesings was toe n gemiddeld van 2075 met die hoer lading. Wat kan dit veroorsaak. Ek moet byvoe hulle is net na die woodleighs getoets- so niks het verander so ver chrony setup, weert etc nie.

Dist bygese gaan ek nou terug na 72 grein toe en kyk wat 72, 73 , 74 grein doen en hoop die spoed le daar of laAi ek nou verder bo my 74,3 grein- ek begin nou uit spasie uithardloop- reken ek mag dalk 76 grein inkry maksimum.