Page 1 of 2

Self vleis werk vs Ingee by slaghuis

Posted: Tue Mar 29, 2011 8:43 pm
by Stefan764
Manne kom ons bespreek gou bietjie hierdie onderwerp.

Hoeveel vleis moet jy per jaar werk voor jy begin goedkoper wegkom?

Vleissaag = R3000. Mincer = R3000 Worsstopper = R2000. Lekker stainless tafel, snyplanke, mes of twee = R2000. Totaal = R10 000. Nou kan jy die basics doen. Biltong en wors.

Jou derms, spice, skaapvet/brisket en tyd is steeds nie verniet na hierdie masjienerie se aankope nie. Praat net van basics, niks kaaswors, salami ens nie.

So my vraag is: Hoeveel spaar jy per kilogram versus die aanvanklike uitgawe van R10k (en jy sal die rente maar ook hier moet bywerk) vir die gemiddelde ou wat een groot bok en 10 medium/klein bokke, kom ons se 400kg vleis per seisoen moet werk/laat werk??

Slaghuise vra nou hier in die stad tussen R11 en R15 vir die basics. Dis nou bewerking plus bykomende vleis/vet en derms. Jy droog self jou vleis.

Hier is n riglyn van my slagter hier om die hoek van my:

Bewerking: R5.80 per kilo. Dit sluit in: Alle arbeid vir die ontbening, die sny en sout van biltong en die maak van wors en die opsny van die bene.

Addisionele kostes:
Derms
Biltongspice
Skaapstert vet
Varkvleis vir wors
Sagte beesvet
Vakuum verpakking
droog van biltong

N rowwe gemiddeld vir die slagter werk uit op R12/kg dan droog jy jou eie vleis en kry dit in "bulk" verpakking.

Dus kos dit die gewone jagter 400kg x R12/kg = R 4 800 vir die jaar se bitong, droewors en braaiwors. Net die basics.

Nou, self werk.....

R10 000 insetkoste (kom ons se jou gereedskap hou alles 20 jaar. Ek weet dis dalk bietjie kort as jy jou goed mooi oppas, maar komons hou so vir maklike somme en se een van jou masjiene breek in die eerste 10jaar wat dan die raaiskoot so bietjie regverdig.

Dus, R500 per jaar gaan net aan jou masjiene, rente nie binne berekening nie.

Derms by my slagter is R220 per 50kg wors
Skaapstert = R46/kilo (20% bygevoeg)
Vark vir wors = R40/kilo (30% bygevoeg
Sagte beesvet = R20/kg (20% bygevoeg)    ----    onthou dis of skaap of bees.

Dus op 100kg wild voeg jy 20kg Skaap ( = R920) en 30kg Vark ( = R 1200) en R440 vir derms vir jou wors by. Die res se ons jy maak biltong van, die orige 300kg nat wildsvleis, wat jou net spices kos teen 3kg spice op 100kg vleis teen R64per kilo. Dus 9kg spice x R64 = R576 vir R300kg nat biltong.

DUS (skies manne, my somme raak nou bietjie lank  ;D ) is R 500 vir masjiene, R 2560 vir wors maak, R 576 vir biltong maak. Jou eie tyd word buite rekening gelaat oor jy dit op n naweek doen en jy is lief vir vleiswerk. Totaal is dus R 3636 as jy self werk.

      Uiteinde :

R4800 - R3636 = R1164 word per jaar bespaar, n allemintige R2,91 per kilo. My slagter vra my dus R12 per kilo en as ek dit self doen kos dit my rofweg R9 per kilo.....

Sal graag julle sienige wil hoor en ook waar julle dink ek berekeningfoute maak.

Stefaans

Re: Self vleis werk vs Ingee by slaghuis

Posted: Tue Mar 29, 2011 8:49 pm
by Gerhard
Dis vir my vinniger en geriefliker om die karkas by my slagter af te laai.

Ek het nie die uitrusting of fasiliteite om vleis te verwerk soos wat hy die kan doen nie.

Meeste van my wilds vleis word verwerk soos skaap of bees vir eet vleis. Dan is daar nie so baie ekstra kostes soos derms en speserye nie...

Re: Self vleis werk vs Ingee by slaghuis

Posted: Tue Mar 29, 2011 9:06 pm
by Jagtersdok
Stef As ek net vat wat ek bewerk het in 2008 vir die jaar het ek die toerusting 3 keer betaal.

As ons jag dan is ons gewoonlik paar man met tenminste 3 karkaste elk. 5 trips per jaar.

Nee wat as jy kwantities doen is dit absoluut moeite werd en jy weet wat jy kry

Re: Self vleis werk vs Ingee by slaghuis

Posted: Tue Mar 29, 2011 9:23 pm
by Monrique (SJ)
Manne ek benader die ding so.  As ek my vleis self verwerk dan weet ek presies watter vleis ek in my wors wat ek maak kry, ek is baie vol met kos en veral wors so ek like om self te sien wat daar in is en te besluit of dit vir my reg is!!  Vleisa werk is nie altyd lekker nie, maar ek verkoop ook so n bietjie biltong en wors aan my kollegas by die werk, want hulle karring my altyd so oor dit, so ek in darm weer n paar rand en my arbeid kos my niks. Ek moet dit dan mos myself doen, so dis vir my verniet.

My vleissaag het ek gekoop vir R1200 met n meul.  Laas jaar het ek 3x Gemsbokke bewerk wat saam so om en by 307kg geweeg het en ek het 125kg wors gemaak, dis vet ingesluit. My vet het my R540 gekos, vir skaap stert vet, my wors spice R260, derms R405, my biltong en chilli bite spice het my ongeveer R220 gekos.  So my 3x Gemsbokke het my altesaam R1425. 

Dieselfde vleis teen R12p/kg sou my R3684 kos.  So ek spaar dus R3684 - R1425 = R2259

Slegs my opinie.

Groetnis
SJ

Re: Self vleis werk vs Ingee by slaghuis

Posted: Tue Mar 29, 2011 9:36 pm
by fanie17
Ek en maats het ook veral as ons vir n week jag en baie skiet sef die vleis gewerk.Ek is nie meer lus om dit te doen nie.Verlede jaar het ek waar ons in Gobabis by Gerie gaan jag het die vleis daar by sy broer gelos om te werk.Hy het oorspronklik R8.00 per kg gekwoteer diw finale prys was R18.00 per kg.Ons het maar almal betaal want dit was n korperatiewe groep wat gegaan het en ons wou die Maatskapy nie sleg laat lyk nie.Sy prys vir Gemsboke was ook R1800.00 en ons het op die end R2200.00 betaal.Die duurste plek in Pretoria vra R10.00 per kg en ek kry wat ek wil he.Die R3000.00 of R10000.00 wat ek spaar om dit self te doen is nie die moeite werd nie.

Re: Self vleis werk vs Ingee by slaghuis

Posted: Wed Mar 30, 2011 7:17 am
by Beyers
Die vleiswerk tyd spandeer ek baie meer ekonomies deur houtwerk te doen. Ek betaal met liefde die slagter. Die vleis is egter klaar senings af en blokkies gesny.

Re: Self vleis werk vs Ingee by slaghuis

Posted: Wed Mar 30, 2011 7:27 am
by Shindzela (Pierre)
Daar is 2 slaghuise in Warmbad en Nylstroom wat R3/kg vra, maar dan hou hulle die bene en die derms en speserye is ekstra.
Sou ook graag my eie vleis wou bewerk maar weet nie so lekker waar en wat om te sny nie, kan wel biltonge sny en wors vlies! Dink dis elk geval die eenvoudigste.
Waar kan mens n handleiding of so iets kry vir vleis verwerking?

Groete

Pierre

Re: Self vleis werk vs Ingee by slaghuis

Posted: Wed Mar 30, 2011 8:28 am
by Geno
Pierre,
Doen jouself 'n guns en woon 'n vleisversnitting kursus by in Ellisras by die tegniese kollege, dis uit en uit die moeite werd!

My slagter vra my R3.50/kg spice,vet en derms uitgesluit, so hy doen my goed.
Hy is meer vol fiemies oor vleis as ek, so ek vertrou hom.

Groete,
Eugene

Re: Self vleis werk vs Ingee by slaghuis

Posted: Wed Mar 30, 2011 8:30 am
by Andy
Waar kan mens n handleiding of so iets kry vir vleis verwerking?
Pierre,

Daar was die naweek by die skou 'n slag demonstrasie gegee deur 'n slaghuis in Pta, miskien het iemand hulle kontak no vir jou, ek het baie tips gekry net oor hoe om vinniger en makliker die karkas skoon te sny. Dit was ook baie interesant.

Hulle kan dalk n handleiding he.

Andy

Re: Self vleis werk vs Ingee by slaghuis

Posted: Wed Mar 30, 2011 8:31 am
by Geno
Daai slaghuis se naam is Uitkyk Slaghuis.....

Eugene.

Re: Self vleis werk vs Ingee by slaghuis

Posted: Wed Mar 30, 2011 12:56 pm
by Robert
Wat is nou lekkerder as om jou eie vleis te verwerk na ' lekker jag. As ek slaghuis vleis wil koop hoef ek nie te jag nie.

Ek werk al my eie vleis en ek het net 'n ou Springbok saag\ mincser en tuis gemaakte stopper. Ek droog ook self. Dit is mos deel van die hele jag paket.

As ek en 'n vriend saam skiet en vleis werk , word dar lekker gesels en gekuier om die tafel en die geel brandewyntjie word versigtig bedien.

Wat is nou lekkerder as jy koplimente kry oor wors of biltong en jy weet jy het geskiet, geslag, verwerk en gedroog. :angel:

Net my ou beskeie meningtjie

Robert

Re: Self vleis werk vs Ingee by slaghuis

Posted: Wed Mar 30, 2011 2:55 pm
by Louis102
Robert wrote: ... Net my ou beskeie meningtjie ...
Robert

My meningtjie stem baie ooreen met joune.  Vleiswerk en kinders maak doen ek maar eerder self.  Beide vereis bietjie inspanning as jy dit reg wil doen, maar die satisfaksie as die resep reg uitwerk, klop TV-kyk by verre.  Die regte ingesteldheid, soos met die meerderheid van dinge in die lewe, is wat belangrik is.

Mooimaak
Louis

Re: Self vleis werk vs Ingee by slaghuis

Posted: Wed Mar 30, 2011 4:31 pm
by Robert
Louis
"Vleiswerk en kinders maak doen ek maar eerder self"

AMEN :angel:

Re: Self vleis werk vs Ingee by slaghuis

Posted: Wed Mar 30, 2011 4:39 pm
by Monrique (SJ)
Robert & Louis 102

Ek moet met julle saamstem, ek werk maar my eie wildsvleis en die vrou self!!  Hahaha

Groetnis

Re: Self vleis werk vs Ingee by slaghuis

Posted: Wed Mar 30, 2011 4:50 pm
by henslin
Middag Manne

Het net vanmore my bosvarkie ( 47 Kg uitgeslag ) by die slaghuis gaan afhaal.  Verwerkingskoste - R3.50 per Kg. Totale koste R835. ( Dit het 7 Kg beesvleis wat ek laat inmeng het ingesluit asook die speserye,derms,rokery van die ribbes en 'vacpack', ens. ens.  ) Het my uitgewerk R19.41/Kg reg vir die vrieskas. Het geen biltong of dro?wors gemaak nie - alles steaks, gerookte geskilde  ribbetjies, wors en maalvleis. Dus eetvleis. Glo nie daar is enige vleis wat teen die prys op jou bord kan land nie.
Het al die nodige om my vleisie self te verwerk en doen dit ook af en toe. Om dus daai R160 te spaar en self die 'slagkamer - kombuis' op te ruim is na die luigat se siening, nie die moeite werd nie.

Proe net gou aan 'n stukkie gerookte ribbetjie wat Ma vir 'n toetsie aangedra het - HEL hy's lekker !

Na my mening is 'n lekker ou stukkie vleis altyd die moeite werd.

Stef
Ek dink nie die slagters wat R10 - R15/Kg vir verwerking vra is lus om wildsvleis te bewerk nie. Noem dit sommer 'n 'rip-off' !!!!! Gaan jou beter uitwerk om dit hier te laat doen en dan 'n plan te maak om dit by die huis te kry.

Sit later fototjies op van hoe verwerkte Bosvark moet lyk  :P

Re: Self vleis werk vs Ingee by slaghuis

Posted: Wed Mar 30, 2011 4:59 pm
by henslin
So moet 'n vleisie mos lyk. Onthou dit is 500gram pakkies vir 2 persone

[img width=560 height=420]http://i1038.photobucket.com/albums/a46 ... G_0710.jpg[/img]

Re: Self vleis werk vs Ingee by slaghuis

Posted: Wed Mar 30, 2011 5:07 pm
by erx
Hi Stefan

Bewerk maar self aan my kant ou mater. Stem saammet SJ oor die wors, jy wil nie weet wat smyt hulle als daarin nie!
Verder wonder ek ook of 'n ou regtig jou eie vleis terug kry? As daai slagter se koelkamer vol wild hang en almal soek hulle goed al eergister terug is dit mos maklik om vir jou 20kg se wors en 60kg se biltong vleis terug te gee!

Dalk is ek maar net te vol as dit by vleis kom.

Groete
erx

Re: Self vleis werk vs Ingee by slaghuis

Posted: Wed Mar 30, 2011 5:09 pm
by erx
Nee man oom, haal daai foto van daai gerookte rib af, 'n man kan mos nie so lus raak nie!

Groete
erx

Re: Self vleis werk vs Ingee by slaghuis

Posted: Wed Mar 30, 2011 5:17 pm
by BOKRAM
Henslin...........na daai foto braai ek sommer vanaand !!!  :P

Ek bestel nou die dag skaapstertvet by n slagter.........hy's nie baie lus om aan my te verkoop nie se hy, hy gaan glo BAIE meer geld maak, as die jagseisoen binnekort beginne
Petrol, elektrisiteit en dan nog die vet ook !!!

Re: Self vleis werk vs Ingee by slaghuis

Posted: Wed Mar 30, 2011 5:29 pm
by henslin
erx

Nuwe manier vir varkrib. i.p.v. ontbeen wat jou steeds met die taai vliesse laat, het ek die outjie gevra om die ribbetjies te 'skil'. Mens fillet die bene van die rib af en sien daar. Skoon bacon ! :P

Kan mens nie op die forum van die slagters plaas wat mens bedonner met jou 'duur' wildsvleis nie. Jammer vir die woord - maar dis wat ek dit noem !

Gee bosvark in en kry vlakvark terug
Vleis wat na pensmis ruik terwyl jy 'n kopskoot geskiet het.
Biltong wat gedroog was met muf op.
Boud te kort met afhaal en kry dan sommer 'n ander jagter se boud.
Kry verwerkte vleis terug wat vrot gevacpak is.

Een verskoning op die ander ! Ek dink dit sal heel vanpas wees om goeie slagters aan die lede bekend te stel. Glo my hulle is regtig skaars !!

Re: Self vleis werk vs Ingee by slaghuis

Posted: Thu Mar 31, 2011 11:56 am
by erx
Oom henslin

Ek stem 1000% saam, en na die tyd trek hul net hul skouertjies op!
Op 'n ander noot, is oom se naam Hein? Ek het jare terug 'n sending predikant en sy gesin geken wat Hein Enslin was?

Groete
erx

Re: Self vleis werk vs Ingee by slaghuis

Posted: Sat Apr 09, 2011 8:29 am
by KLASIE
Ja nee kyk die jag is lekker en die vleis werk nog lekkerder so ek doen dit maar self , party keer as ek lui is sal ek die slagter vra om die sny werk te doen en dan maak ek die eindproduk self wanneer ek die tyd het ;D ;D ;D

Re: Self vleis werk vs Ingee by slaghuis

Posted: Sat Apr 09, 2011 9:28 am
by Monrique (SJ)
Dalk is ek maar net te vol as dit by vleis kom.

Groete
erx
Dis maar hoe ek ook voel mater.

Noudie dag gaan vra ek die plaaslike slaghuis by ons op die dorp om vir my 8kg se skoon wors vleis wat ek nog gehad het om vir my vet by te sit, te maal en te stop.Het self die asyn en spice gegee. ( Was nie lus om als vuil te maak vir so bietjie vleis nie).  Gaan haal die vleis die namiddag en sien daars niks vet by, vra toe waar is die vet. :o  Hy se my toe ek het nie vir vet gevra, ek vra hom van wanneer sit jy nie vet by wilds vleis nie en of hy dit so sal doen en in sy slaghuis sal verkoop!  Hy doen toe als oor en sit vet by.

Hy sien my nie gou weer.

Groetnis

Re: Self vleis werk vs Ingee by slaghuis

Posted: Sat Apr 09, 2011 1:39 pm
by Christo Els
Maak dit net 'n kuier geleentheid dan gaan die werk vinnig verby en jy sit met 'n produk wat jy wil eet.

Re: Self vleis werk vs Ingee by slaghuis

Posted: Sat Apr 09, 2011 8:39 pm
by erx
Hi Christo

Nou praat jy, die dag wanneer dir werk begin word, hou liewer op.
In dieselfde asem gaan ek Met SJ saamstem, 8kg se vleis vir al die moeite om die goed skoon te maak, nee dankie!
Onthou, ek was self my vleiswerk toerusting, is ma ok bietjie lui so nou en dan! ;D ;D