Wanneer moet my hond kos kry?

Post Reply
Bielie
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 82
Joined: Mon Oct 20, 2014 2:49 pm

Wanneer moet my hond kos kry?

Post by Bielie »

Manne ek het groot geword dat hond een maal per dag kos kry? Maar het my siening verander dat honne wat werk spoorsny ens. twee keer per dag oggend bietjie kos en aand sy groot ete? Water is natuurlik altyd beskibaar vir die brakke al gaan ons veld toe vat ek water saam vir hulle.Wat se julle? :o
User avatar
243Songdaug
Hero Member
Hero Member
Posts: 1713
Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm

Re: Wanneer moet my hond kos kry?

Post by 243Songdaug »

Bielie, ek stem saam dat 'n hond eerder 2 keer per dag moet kos kry - ek gee egter saans 'n klein porsie en soggens 'n groot porsie. My twee Rotties is baie lewendiger snags as hul pense nie vol gevreet is nie. My honde se hooftaak is die oppas van my en my gesin saans as ons tuis is - bedags kan hulle slaap.
FCLoretz
Hero Member
Hero Member
Posts: 3043
Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am

Re: Wanneer moet my hond kos kry?

Post by FCLoretz »

Ek gee oggend en aand kos
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
User avatar
Skywalker
Full Member
Full Member
Posts: 130
Joined: Thu Jul 31, 2014 11:43 am

Re: Wanneer moet my hond kos kry?

Post by Skywalker »

Bielie ek het n opregte German Shepherd. Ek en sy het baie aktief "polisie" training gedoen van rondhardloop tot aanval en byt en al dai lekker dinge en as sy hard gewerk het en baie energie verbrand het ek haar tot 3 blikkies husky n dag gegee, maar op haar af dae dan is sy fine met 2 (oggend en aand) en soos jy se ook water vir ons vier been vriende kan daar nooit genoeg van wees nie.
Long Range
.308 Howa 24" Bull Barrel
Boyds Pepper Laminated Stock
Vortex Viper HS LR 4-16x50
Vanguard EQ 1 Bipod
Silent Hunter Reflex Silencer

Self Defence
Beretta 90-Two 9mm

Train Smart, Shoot Better - Jerry Miculek
User avatar
.223 JAGTER
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 81
Joined: Wed Sep 24, 2014 8:17 pm

Re: Wanneer moet my hond kos kry?

Post by .223 JAGTER »

Bielie ek het 4 skaaphonde my 25Kg sak pille staan oop vir hulle en hulle kan eet soos hulle wil sak hou so maand
Deur 'n begin te maak, maak jy soveel gouer klaar
Johan Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2173
Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm

Re: Wanneer moet my hond kos kry?

Post by Johan Nel »

Myne werk ook soos .223 hierbo. Ad lib voeding.
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
Bielie
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 82
Joined: Mon Oct 20, 2014 2:49 pm

Re: Wanneer moet my hond kos kry?

Post by Bielie »

Ek wonder nou of die "self feeder" vir alle brakke sal werk of gaan daar nie een wees wat vraat van homself gaan maak nie?Veral as die kos baie lekker is. Of raak hulle later gewoond daaraan?
johans
Hero Member
Hero Member
Posts: 1446
Joined: Fri Mar 30, 2012 6:52 pm

Re: Wanneer moet my hond kos kry?

Post by johans »

Bielie wrote:Ek wonder nou of die "self feeder" vir alle brakke sal werk of gaan daar nie een wees wat vraat van homself gaan maak nie?Veral as die kos baie lekker is. Of raak hulle later gewoond daaraan?
ekt n self feeder wat altyd vol pille staan en ekt al verskeie honde gehad.nog geen probleme gehad nie.
User avatar
Dries101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1422
Joined: Mon Aug 12, 2013 12:11 pm

Re: Wanneer moet my hond kos kry?

Post by Dries101 »

Twee keer n dag, klein porsies maar die kwaliteit van die kos is belangrik. Orijen en Acana is omtrent die beste wat ons in SA kry. Hills, eukanuba , royal canin ens is ook goed. Die res is maar wat dit is. Hulle eet gewoonlik baie van die goedkoper kos aangesien die voedingswaarde min is.
.243 Win
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5133
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Wanneer moet my hond kos kry?

Post by Pvdw »

Hond se metabolisme werk so dat hy eerder 2x per dag moet eet en nie heeldag kos beskikbaar het nie.

Katte op die anderkant moet weer heeldag kos beskikbaar hê.

Al meer as 1 keer gehoor dat as jy honde kos gee en daar is steeds kos oor na 5 min moet dit weggevat word. Soos ek verstaan ert 'n hond en kry klaar. As daar oor is is dit teveel gewees, moet dit nir los vir die res van die dag nie.
Johan Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2173
Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm

Re: Wanneer moet my hond kos kry?

Post by Johan Nel »

Elke persoon het maar sy filosofie. Die verskynsel wat onder veral groot werkershonde voorkom is storsie, waar die dier se maag roteer in die buik en alles afsluit. Gaswerking in die maag en gepaardgaande vergiftiging maak die hond vinnig dood. Ek het my eerste werkershond (Dobermann) so verloor. Die veeartse het my toe aanbeveel om eerder adlib voeding te gee sodat die hond nie een of twee groot voedings per dag eet nie. Daar is 'n korrelasie tussen honde wat ge-eet het en dan storsie kry, veral as hulle aktief is na die voeding. My hond het bloot opgewonde in sy hok geraak na ete en baie rondgespring en gehardloop in sy hok en het storsie gekry.
Ek het 'n duitse herders teef gehad wat ek beskou het as 'n kompulsiewe vreter. Sy sou as 'n bak vol kos was, nie ophou vreet totdat al die kos klaar is nie. Toe ek die adlib voeding ingestel het by my ander honde, was ek bang dat sy nie sal ophou vreet nie. Dit was ook so dat sy aanvanklik daai voerder leeg gevreet vir 'n paar dae, maar daarna het sy genormaliseer en normaal volgens behoefte gevreet.
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
User avatar
Flip Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2485
Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm

Re: Wanneer moet my hond kos kry?

Post by Flip Nel »

Pvdw wrote:Hond se metabolisme werk so dat hy eerder 2x per dag moet eet en nie heeldag kos beskikbaar het nie.

Katte op die anderkant moet weer heeldag kos beskikbaar hê.

Al meer as 1 keer gehoor dat as jy honde kos gee en daar is steeds kos oor na 5 min moet dit weggevat word. Soos ek verstaan ert 'n hond en kry klaar. As daar oor is is dit teveel gewees, moet dit nir los vir die res van die dag nie.
Met Respect verskil ek daaroor, het hou bietjie op die internet gaan lees, studies wat gedoen is wys nie dat 'n hond net 1 of 2 maal kos moet kry nie, dit gaan oor dat hulle nie oorgewig moet word nie, en hulle kan picky eaters word, persoonlik het ek grootgeword met die honde het gewoonlik pap + vleis elke oggend en aand gekry, terwyl daar altyd 'n groot bak met honde korrels onder afdak was. Het Great danes, bull terriers, boerboelle, mastifs etc. aangehou. Ons het agter gekom dat hulle eintlikb baie min korrels eet oordat hulle weet daar is altyd, was altyd erg oor die vleis in die pap maar hulle het hulle nie ooreet nie. Ek glo in extra kos uitsit, meeste honde kan dit hanteer let net op party honde het ongelukkig nie selfbeheersing nie dan kan jy nie ekstra kos uitsit nie.

Ek het die selfde gesien met bees en lek, by een pos was daar nie mense nie, daar is elke 2de tot 3de dag lek uitgesit, beeste het dit bestorm en soos niks opgevreet nie, vandat ons selffeeders opgesit het met meer lek en daar altyd lek is storm die bees nie meer nie. eet op hulle tyd en hulle vreet nie meer lek as altyd nie, inteendeel dit het verminder.
User avatar
Turfjakkals
Newbie
Newbie
Posts: 20
Joined: Wed Aug 14, 2013 1:18 pm

Re: Wanneer moet my hond kos kry?

Post by Turfjakkals »

Weet nie van waghonde en huis honde nie maar hier is wat vir my werk . My klein hondjies gee ek drie maal per dag kos. As hulle bietjie groter is (+- twee maande) kry hulle twee keer per dag kos en my groot honde kry net een maal per dag kos. Ek is bewus daarvan dat sekere rasse bv. Coonhounds se derm kan draai en blokkasie veroorsaak (weet nie wat die geleerde naam daarvoor is nie). Ek gee my honde gewoonlik kos na hulle gejag het .Hulle is dan gewoonlik moeg en nie baie lus vir eet nie en dink ek dit is die rede waarom ek nog nie sulke probleme ondervind het nie . Hulle eet hoofsaaklik rou vleis (groot stukke wat hulle self van die bene moet af kou) en so nou en dan growwe geelmielie meel pap. As hulle n behoefte het aan groente eet hulle self gras. As dit n lang en hoe spoed jag is in die warm somer maande sorg ek gewoonlik dat ek hulle so gou moontlik by n water krip kry waarin hulle sommer gewoonlik inklim en gaan le en drink .Ek hou ook gewoonlik n kan met water en drinkbak agter op my voertuig om vir hulle water te gee as hulle n jakkals in n gat gejaag het en dit n lang gespook raak om hom uit te kry. NS (Die enigste rede vir n hond wat oorgewig is ,is te min oefening) My honde en jagbakkie kry nie geleentheid om oorgewig te raak nie. Kan ongelukkig nie dieselfde van myself se nie (Ek eet nie net een keer per dag na die jag nie)
User avatar
Baasvark
Hero Member
Hero Member
Posts: 883
Joined: Fri May 16, 2014 7:33 pm

Re: Wanneer moet my hond kos kry?

Post by Baasvark »

Bielie wrote:Ek wonder nou of die "self feeder" vir alle brakke sal werk of gaan daar nie een wees wat vraat van homself gaan maak nie?Veral as die kos baie lekker is. Of raak hulle later gewoond daaraan?
My honde is op 'n selffeeder.

Die eerste week vreet hulle jou bankrot!

Daarnaa plat dit af en hulle draai gereeld by die voerder maar eet net bietjie op 'n slag!

Ek hou nie van die idee dat 'n hond hom oorvreet juis omdat hy nou baie honger is nie. Veral as hy hard gewerk het en moeg is.

Al my honde behou goeie kondisie sonder om werklik vet te word !
375 CZ H&H
7X64 CZ
243 MUSGRAVE
223 Mini Ruger 14 Semi Auto
22-250 SAVAGE VLP
22 Remington
12 Ga Harrington & Richardson (ou Sanna) :laugh:
9mm CZ 75B
User avatar
Boerboel
Full Member
Full Member
Posts: 139
Joined: Mon Apr 20, 2015 7:51 pm

Re: Wanneer moet my hond kos kry?

Post by Boerboel »

Ek het jare terug 'n self feeder gehad,
My probleem met dit was, ek kon nie vinnig genoeg optel of een van my honde siek was nie, veral as daar 'n paar honde is.
As hond nie eet nie, dan is daar fout.

Ander rede was dat een van die honde die bak hulle sin sou maak en die ander honde kon nie naby die bak kom nie.

Ek voer twee keer per dag, maar na die draad meer voer in die oggend en minder in die aand.
IF GUNS WERE OUTLAWED ONLY OUTLAWS WILL HAVE GUNS
Mauser 22LR
Musgrave 7x57
Howa 6.5 PRC
Zastava 375HH
Jacques van der Merwe
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: Wanneer moet my hond kos kry?

Post by ruaanb »

As jou honde werk(jag,skou,etc) en baie oefening in kry verkieslik 2+ keer 'n dag maar hou gewig dop. Jou top reeks honde kosse het spesifieke kosse hiervoor. Indien dit net Vlekkie daar by die huis is 1 keer dag in die oggend maar kyk na 'n goeie kos nogsteeds. Sy maag moet hom wakker hou in die aand om as alarm vir jou te dien. Staan ook by en as hond weg stap van bak en daar is kos oor tel dit op en maak dan met volgende sessie minder.
henning
Hero Member
Hero Member
Posts: 1315
Joined: Tue Nov 12, 2013 9:15 am

Re: Wanneer moet my hond kos kry?

Post by henning »

Ek voer my hond net in die oggend. Het al twee keer n dag probeer maar hy het hopeloos te vet geraak.
Hy is ook mal oor kos en vreet enige iets wat soos kos lyk, groente ,vrugte, you name it hy vreet dit, tot n halwe sak hoender le pille gepolish, so ek moet maar oplet na wat hy gevoer word.
Elke hond is seker maar anders.

Groete
Henning
300 WSM Savage
303 Lee-Enfield
Dbl 12 g Belguim
Diesel Dog
Hero Member
Hero Member
Posts: 2331
Joined: Wed Jan 20, 2016 8:53 pm

Re: Wanneer moet my hond kos kry?

Post by Diesel Dog »

Definitief voor sy baas.
Post Reply