Page 1 of 1

mauser aksie

Posted: Sat Nov 08, 2014 3:00 pm
by Speelmansjagter
Weet iemand dalk. 'n mauser aksie met die merke ''byf 41'' .
Is dit 'n aksie wat uit die oberndorf fabriek kom of is hy elders gemaak en waar?
Enige inligting sal waardeer word.
Dankie

Re: mauser aksie

Posted: Sat Nov 08, 2014 3:45 pm
by Pappabeer
Hy behoort aan die kant "Mauserwerke AG Oberndorf a/N" of "Waffenfabrik Mauser, Oberndorf a/N" te hê as dit n komersieële Mauser aksie was.

byf is wel n proefstempel uit die Oberndorf fabriek

Re: mauser aksie

Posted: Sat Nov 08, 2014 4:44 pm
by Frikkie Coetzee
Byf was Mauser se kode tydens WW2. 41 dui aan was in 1941 gemaak. Straight militere aksie.

Re: mauser aksie

Posted: Sat Nov 08, 2014 6:03 pm
by Speelmansjagter
Dankie. Hy het nie daai merke op die kant soos jy aandui nie Pappabeer.
Wat is dan die verskil tussen 'n straight militere aksie soos Gromit aandui en 'n kommersiele aksie?

Re: mauser aksie

Posted: Sat Nov 08, 2014 6:53 pm
by Pappabeer
Kwaliteits beheer, en afwerking

Re: mauser aksie

Posted: Sat Nov 08, 2014 11:58 pm
by Frikkie Coetzee
Speelmansjagter

Dis n Oberndorf aksie maar is nie iets meer werd agv daarvan nie. Dit is n militere aksie enis in die middel van die oorlog gemaak. Bou n jaggeweer op hom hy is fine daarvoor.

Ek het n Mauser Borsigwalde aksie van 1939. Een van die minder bekende Mauser fabrieke. Min mense weet dat Mauser meer as een fabriek gehad het. Die aksie se kode is 243. Dink sal lekker aksie wees vir my volgende 243.....

Ek het een al gesien op n Isrealise Mauser wat ek ingekoop het vir n projek. N Oberndorf aksie van 1944. Was so swak gemaak dat ek hom moes laat vernietig. Die sluitnokke het in die aksie ingedruk agv swak verharding van die aksie.
Die aksies raak skaarser. As jy goeie een kry hou hom.

Re: mauser aksie

Posted: Sun Nov 09, 2014 7:34 am
by Speelmansjagter
Dankie Gromit.
Ek is van plan om 'n 93 met hom te laat bou, of al half besig om die waarheid te se.

Re: mauser aksie

Posted: Sun Nov 09, 2014 2:44 pm
by Frikkie Coetzee
Sal lekker werk daarvoor. Laat geweersmitt net nagaan veral die recess vir die lugs. As daar nie probleme is nie gaan voort