Page 1 of 1
HOE NOU
Posted: Fri Nov 07, 2014 9:37 am
by Jakkie 321
Die eerste keer wat ek op die boer se grond roep antwoord die jakkelse my baie mooi seker so op 600m. Toe ek weer sien ry die boer na die area toe om te gaan kyk waar die jakkalse roep, hy was bekommerd want die jakke roep te naby aan sy skape. Gisteraand gaan roep ek weer daar en jakkels kom mooi in lekker op n draf stap. Tot my verbasing sien ek hoe n persson in die pad afloop in die rigting van die jakkals, die het natuurlik sy wind gekry en haas se pad gevat.
Nou ja lyk my daai plaas is "gecurse" of ek.
Groette
Re: HOE NOU
Posted: Fri Nov 07, 2014 9:42 am
by Finfan
3rd time lucky, miskien is die 3de probeerslag suksesvol!! Sterkte
Re: HOE NOU
Posted: Fri Nov 07, 2014 9:56 am
by BLOK
Ek sou nie eers die tweede keer terug gegaan het nie. Betaal die boer jou om daar te skiet?
Re: HOE NOU
Posted: Fri Nov 07, 2014 10:16 am
by Jakkie 321
Blok
Ja gelukkig word ek betaal anders het ek nie terug gegaan nie $$$$
Groette
Re: HOE NOU
Posted: Fri Nov 07, 2014 11:10 pm
by rikus
jakkie
stuur die boer op n kursus
Re: HOE NOU
Posted: Sat Nov 08, 2014 9:01 am
by prohunt
Hi Jakkie,
Ek sit nou net en wonder hoe kry daai boer dit reg om met daai bakkie van jou wat so met sak toegegooi is weg te ry???

Re: HOE NOU
Posted: Sat Nov 08, 2014 10:24 am
by tafjak
Ag ou maat - coach die klient. Dit kan nie moeilik wees nie. As hy dan nie wil luister nie en jou pricing reg is het jy mos heelweek heeljaar werk.
Voorspoed